Jonathan & Katja se Strand Verlowing Fotosessie in Namibië

Jonathan en Katja se strand verlowing fotosessie in Namibië is ’n prentjiemooi voorbeeld van hoe besonders en betowerend ’n verlowingsessie kan wees. Die paartjie het hul verlowing gevier by dieselfde restaurant waar hul liefdesverhaal oorspronklik begin het en hoe spesiaal is dit nie!

Hierdie fotosessie is beslis een van daardie inspirasie verlowings wat bo-aan enige paartjie se idee-lys hoort. ’n Pragtige tafel vir twee is in die vlak water van die lieflike Langstrand opgestel is eenvoudig asemrowend! Jonathan en Katja het soveel aandag en moeite in elke detail gesit, wat die sessie nog meer betekenisvol maak.

Die atmosfeer was ongelooflik romanties en stylvol, iets heeltemal anders as die gewone en ons is absoluut mal daaroor! Katja het beeldskoon gelyk in haar wit rok met ’n delikate blompatroon. Jonathan het vars en elegant vertoon het in ’n wit knopieshemp en ligte khakibroek. En natuurlik kaalvoet op die strand!

Die versierde tafel was ’n fees vir die oog met pragtige blomontwerpe, ’n oulike koek met hul troudatum (Januarie 2026) en ’n bottel vonkelwyn wat perfek by die sprankelende seelug en sagte branders gepas het. Elke element het saam ’n romantiese, tydlose gevoel geskep.

’n Verlowing fotosessie is die perfekte manier om kosbare herinneringe vir die toekoms vas te vang. Julle kan hierdie foto’s later gebruik vir Save the Date kaartjies, trou uitnodigings of selfs jul trou webtuiste.

Waarvoor wag julle nog? Begin beplan aan julle eie droom-verlowingsessie! Met Mooi Troues se aanlyn trougids kan julle al die nodige kontakte op een plek vind om dit ’n werklikheid te maak.

Rol af om meer te lees oor Jonathan en Katja se pragtige verlowing fotosessie.

 

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek was werksloos toe n vriend vir my ʼn onderhoud gereël het met ʼn Restaurantbestuurder (Krisjans Bistro). Ons het van mekaar geweet en geken maar nog nooit rerig baie tyd saam spandeer nie. Hy stel my toe aan en ons spandeer toe baie tyd saam by die werk. Let wel ek is sy werker en hy is my bestuurder. Almal om ons, kon sien hoe ons oë nie van mekaar verlaat het nie, my oë het hom tot in die kombuis gevolg en syne het my ook nie verlaat nie. Vinniger as wat ons gedink het, was ons smoor verlief. ʼn Bietjie meer as ʼn jaar later het hy my gevra om te trou, in dieselfde plek waar ons verlief geraak het, in Krisjans Bistro (sy restaurant).

Die groot vraag:


Jonathan het besluit dit sou spesiaal wees om my te vra om te trou in die selle plek waar ons verlief geraak het. Ek was nie bewus nie, dit was sulke verassing. Hy het op ʼn aand wat die restaurant toe was, ʼn tafel mooi gedek met fairy lights, rooi rose en n champagne, met my gunsteling musiek in die agtergrond. Hy tel my toe op vir ʼn date night en stop toe by Krisjans waar hy my bederf het met ʼn glasie en toe op een knie afgaan en vra om sy vrou te wees. Daar was geen familie of vriende by nie. Net ʼn leë restaurant met ʼn mooi tafel opgemaak vir ons twee. Sy familie wag toe vir ons by n ander restaurant vir ʼn gereelde aandete waar ons toe die goeie nuus gedeel het.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Jonathan het my onkant gevang met sy liefdevolle manier en sy groot hart vir die mense om hom. Hy het van die begin af so mooi gekyk na sy werkers, van daai wat huisloos was waar hy hulle ondersteun het om hulle eie huis te bou, tot daai wat finansieel nie kos kon bekostig langs die pad, hy bly kyk so mooi uit na almal om hom en dit het my aandag getrek. Vir hom, was dit my groot glimlag en liefdevolle manier met mense, en met kliënte by die restaurant. Hy verkyk homself aan my vriendelike manier met mense om my, hy hou van hoe lief ek is vir mense en om almal gelukkig te hou. Ons albei is passievol om mense te ondersteun en geluk te bring.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons albei het gekies om te trou op die dag wat ons begin uitgaan het. Dis vir ons ʼn spesiale en mooi datum. Gelukkig vir ons albei, is dit amper ʼn jaar uit mekaar uit so dit gee genoeg tyd om die troue mooi te beplan, en seker te maak als verloop goed. Dis nie gejaag nie en dit skep opgewondenheid op vir die mooiste dag van ons lewe.

Die verloofring:


Ons het onmiddellik geweet ons wou trou, soos hulle sê wanneer die regte persoon op jou pad gesit word, val alles in plek. So Jonathan het van die begin af vir my gevra watse ring sou ek wou hê wanneer die dag kom. Ek het ʼn foto vir inspirasie gesien en dit vir hom gestuur om te hou. Die mooiste ring is deur Lurozzia Jewellers gemaak.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ek wou nog altyd ʼn fotosessie gedoen het, dis vir my belangrik om sulke oomblikke vas te vang, en ek was toe verras toe Gussy uitreik na my om te vra of sy ons verlowings fotos kon neem. Ek het nog altyd gehoop om eendag ʼn shoot saam haar te doen en sy was uitstekend. Sy het so veel moeite in dit gesit en die dag so gemaklik vir ons albei gemaak. Nou het ons die mooiste fotos vir ons troudag uitnoodigings.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons albei is lief vir die see. Dis ʼn plek van kalmte en rustigheid en waar ons baie tyd saam spandeer en ons liefde versterk. Oorspronklik wou ek ons fotos in die groenste tyd, iewers in die bos na die reën geneem het. Maar toe val al ons planne een naweek net in plek toe ons by die see was. Gussy het gehelp om alles binne 2 dae te reël dat ons met sonsak op die strand ons verlowing foto’s kon neem. Alles het verskriklik goed uitgewerk, met die wind wat op ons kant was.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: