Etienne en Leehyn se elegante troue is die toonbeeld van tydlose styl en verfynde elegansie. Die perfekte balans tussen klassieke formaliteit en ʼn moderne aanslag gee aan hul troudag ʼn unieke, maar steeds tydlose gevoel.
Die bruidegom, sowel as albei ma’s, het pragtige donkergroen uitrustings aangehad wat pragtig uitgestaan het teen die swart kleredrag van die gaste. Ons is eenvoudig verlief op die bruid se rok met die fyn kant detail op die bolyf en moue is asemrowend mooi. Die rok val sag en elegant, en pas haar soos ʼn droom. Sy het ʼn stylvolle wit handruiker met ʼn verskeidenheid wit blomme gedra wat haar voorkoms perfek afgerond het.
Wat die paartjie se troue so besonders maak, is die harmonie tussen formaliteit, minimalisme en die stylvolle gebruik van swart-en-wit elemente wat saam ʼn tydlose atmosfeer skep. Die buitelug seremonie is in ʼn dig beboste area gehou waar wit blomme in swart potjies oral gesien kon word.
Die natuurlike tonele van die omgewing het die ideale agtergrond gevorm vir hul fotosessie, met sagte lig van die sonsak wat pragtig teen die groen landskap weerkaats het.
By die onthaal was alles stylvol uitgelê met lang tafels bedek met wit tafeldoeke, dit het weer daardie gevoel van formaliteit versterk. Deurskynende Tiffany-stoele het ʼn moderne, deftige element bygevoeg. Die tafeldekor, met klein blompotjies en lang wit kerse in swart kersstaanders, het die subtiele swart aksente pragtig deurgetrek.
Beplan julle om binnekort te trou? Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir professionele diensverskaffers wat julle droomtroue ʼn werklikheid kan maak. Rol af om meer te lees oor Etienne en Leehyn se elegante troue en hul pragtige liefdesreis.

Trourok:
My trourok is ‘n elegante, stylvolle rok met fyn krale wat van bo tot onder glinster, wat dit ongelooflik luuks laat voorkom het.
Die rok het ‘n diep V-halslyn wat stylvol maar steeds klassiek is.
Die ontwerp is baie veelsydig, my moue was afneembaar wat dit moontlik gemaak het om my voorkoms gedurende die dag te verander. Gedurende die seremonie het ek die lang, deurskynende moue met dieselfde kraal detail as my rok aangehad, wat dit baie romanties laat lyk. Later, sonder die moue, het die rok ‘n meer moderne en feestelike gevoel gehad, perfek vir die onthaal.
Gedurende die seremonie het ek ook ʼn afneembare tule-oorrok aangehad, wat die rok ʼn heeltemal ander voorkoms gegee het. Wanneer jy dit verwyder, wys dit die silhoeët van die krale-rok onder.
My rok is ‘n tydlose en unieke rok wat my persoonlikheid en styl perfek weerspieël! Die rok het ook perfek ingepas by die “formele, elegante gevoel” wat ons wou skep.

Paartjie se Verlowing:
Ons is verloof op 2 Desember 2024.
Etienne het my gevra by Wolwespruit in Pretoria. Hy het ʼn hele “set-up” gehad met sjampanje, liggies en ʼn fotograaf om die groot oomblik vas te vang.
Ons verlowing, was soos ons troue ook so in die “bos” tussen al die bome gewees. Ek was absoluut stomgeslaan en het dit glad nie verwag nie. Hy het die ja-woord gevra en na die tyd het ons die spesiale dag saam met ons vriende en familie gedeel.
Die verlowing was perfek deurgedink, beplan met n paar elemente van spontaan. (Die tipe goed waarna mens terug kan kyk en lekker kan lag)

Verloof- en Trouringe:
Verloof ring: 1.57kt. lab grown ovaal diamant geset in 18kt geelgoud met 16 0.08kt natuurlike diamante in ʼn hidden halo. Die ring was self ontwerp deur die bruidegom en geset deur Keeva Jewelry.
Trou pant:
Dit is ‘n erfstuk wat vanaf die bruidegom se ouma kom. Die oorspronklike ring is afgesmelt om die bruid se troupant te maak.

Trou Dekor en Styl:
Ons troue was die perfekte kombinasie van moderne styl en elegante eenvoud, met elke element fyn beplan om ’n gevoel van tydloosheid te skep. Die kleurskema van die dekor was klassiek wit, wat oral deurgetrek is van die blomme tot dekor, terwyl al ons gaste pik swart gedra het. (Die bruidegom en twee ma’s het emerald groen gedra om uit te staan)
Ons troue was streng formeel en die feit dat almal swart gedra het, het ’n dramatiese, stylvolle kontras geskep het en ook mooi aangepas by die “formele en elegante gevoel” waarvoor ons wou gaan.
Die visuele effekte (liggies ens) was ongelooflik minimalisties, maar tog warm en verwelkomend.
In die onthaalruimte het dit gevoel soos ’n modern sprokieswêreld, maar met ’n romantiese atmosfeer wat jou dadelik ingetrek het. Die beligting was sag en het die wit elemente van die dekor perfek beklemtoon. Die tafels was lank gedek met wit tafellinne, helder glasware en elegante wit blommerangskikking. Ons het vier lang tafels gehad wat dadelik ʼn gevoel van saamhorigheid geskep het.
Die hele dag was stylvol afgerond met unieke elemente van speletjies by die Canape’s, strik details op die koek en signage, self ontwerpte programme en naamkaartjie met klein swart strik detail-items wat die styl en tema van ons dag perfek voltooi het.

Trou Begroting en Beplanning:
Hulle het hul troue self beplan oor ‘n tydperk van ongeveer jaar-en-half, met ‘n trou begroting van R210 000 en ‘n gaste getal van 120 mense.

- Fotograaf: Farmers Photography and Film | Kontak
- Venue: Meulstroom Lodge | Kontak
- Blomme: Meulstroom Lodge | Kontak
- Bruidegom-pak: Coiquis Centurion | Kontak
- Dekor: Meulstroom Lodge| Kontak
- Beligting: LumenLazer | Kontak
- Grimering: Beauty by Rica| Kontak
- Hare: Beauty by Rica| Kontak
- Huwelik kontrak: Vezi & de Beer Inc
- Koördineerder: Meulstroom Lodge| Kontak
- Kroegdiens: Meulstroom Lodge| Kontak
- Musiek: V & E Entertainment| Kontak
- Platejoggie: DJ Lyle | Kontak
- Paartjie se verblyf: Meulstroom Lodge| Kontak
- Spyseniering: Meulstroom Lodge| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Lena Lisa| Kontak
- Trourok: Sila Bridal (Rok gekoop op Tweedehandse Bruidjie)
- Bruid se Trouring: Keeva Collection
- Bruidegom se Trouring: Orbit Rings| Kontak
- Videograaf: Farmers Photography and Film| Kontak
- Vermaak: Ring Away Audio Guestbooks | Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius
- Wittebrood Plek: Raddison Blu Azuri Resort and Spa, Mauritius

