’n Vraag wat dikwels opduik en met goeie rede is: “Wat moet op ’n trou uitnodiging wees?” Die uitnodiging is die eerste voorsmakie van julle troudag. Dit is nie bloot ’n stukkie papier of ’n e-pos nie, maar die eerste blik op die styl, atmosfeer en opgewondenheid wat gaste kan verwag.
Wat jy insluit, hang grootliks af van die tipe troue: Is dit ’n formele swart das geleentheid of ’n ontspanne plaastroue? Is dit naby die huis of ’n bestemmings troue op ’n prentjiemooi strand? Verkies julle ’n klassieke gedrukte uitnodiging of ’n moderne, digitale weergawe?
Die basiese inligting bly dieselfde: wie trou, die datum en tyd, die plek, en RSVP-besonderhede. By ’n bestemmings troue kan ekstra inligting soos verblyf opsies en reis wenke handig wees, terwyl ’n plaastroue dalk net eenvoudige aanwysings benodig.
Onthou dat minder is dikwels meer. ’n Trou uitnodiging moet genoeg verklap om gaste opgewonde te maak, maar steeds bondig en stylvol bly. Dit is die begin van julle storie en dit moet julle liefde, persoonlikheid en unieke styl weerspieël.

Gedrukte Uitnodigings:
Daar is pragtige gedrukte uitnodigings beskikbaar in Suid-Afrika. Maak egter seker dat alle besonderhede finaal is voordat dit gedruk word, aangesien dit moeilik (en duur) is om later veranderinge aan te bring. Kontroleer spelling sorgvuldig, en beplan betyds vir ontwerp, drukwerk en pos. Gee ook genoeg tyd vir gaste om te RSVP.
Wat om in te sluit op ’n gedrukte uitnodiging:
- Paartjie se name
- Trou datum en -tyd
- Tipe geleentheid (skemerkelkie, formeel, aandete, middag troue ens.)
- Adres van die seremonie
- Adres van die onthaal (indien anders)
- Aanwysings of padkaart
- Kleredrag (formeel, informeel, tema, kleur ens.)
- RSVP-sperdatum en metode
- Kontakbesonderhede vir navrae

Elektroniese Uitnodigings:
Met digitale trou uitnodigings en -webwerwe is dit makliker om ekstra inligting by te voeg sonder die koste van drukwerk.
Wat om in te sluit op ’n elektroniese uitnodiging:
- Paartjie se name
- Troudatum en -tyd
- Tipe geleentheid
- Adres van seremonie en onthaal
- Aanwysings of kaartskakel
- Kleredrag
- RSVP-sperdatum en metode
- Kontakbesonderhede
- (Opsioneel) Verblyf-opsies naby die venue
- (Opsioneel) Reis- en koste besonderhede (indien ’n bestemming troue)
- (Opsioneel) ’n Kort verlowing verhaal of video

In Kort:
Of julle nou gedrukte of digitale trou uitnodigings kies, die basiese inligting bly dieselfde. Digitale uitnodigings bied egter meer ruimte vir bykomende besonderhede en is gewoonlik meet koste doeltreffend.
Klik hier om ons Trougids te besoek en kreatiewe trou skryfbehoefte ontwerpers in die bedryf te ontdek.

Artikel Krediet:
- Artikel geskryf deur Mooi Troues
- Foto’s: Pexels

