Albertus & Johané se Bosveld troue

Ons by Mooi Troues is opgewonde om die troue van Albertus (25) & Johané (24) se troudag, 17 Junie 2017, in die Bosveld met ons lesers te deel.

‘n Emosie wat die fotograaf perfek vasgevang het is toe Albertus vir Johané in die trougang sien afloop waar sy beeldskoon gelyk het in ‘n rok van Bridal Manor met haar moeder aan haar sy.

Albertus en Johané vertel dat die venue perfek ingepas het by hul sagtheid en skoonheid vir die styl van hul troue en hul het met gemak 130 gaste onthaal.  Die hele troue het die paartjie sowat R85 000 gekos so die paartjie het baie goed gewerk met hul begroting.

Geniet die fotograaf se fotos onder en as jy ‘n bruid is opsoek na ‘n rok kontak gerus Bridal Manor.

Trou Rok

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het mekaar op die eerste skooldag in 2008 (toe graad 10) ontmoet toe ek na `n nuwe skool toe gegaan het.  Ek het hierdie krulkop seun gesien en gedink sjoe maar hy is darem maar `n ordentlike outjie wat met my kom gesels en aanbied om my die skool te wys.

Albertus se goeie sin vir humor was definitief baie aantreklik.

Johané se “GROOT” kuite was definitief baie aantreklik vir my.

bruidegom uitrusting strooijonkers

Wat was die styl van jul troue?


Die styl van ons troue was sagtheid en skoonheid.  Ons inspirasie was die bosveld en die natuurskoon wat Suid-Afrika so uniek maak.  Die venue het so perfek oor ons pad gekom, want ons gaste kon oorslaap en hulle het ‘n Witleeu teling-projek wat hulle hardloop, wat perfek by ons tema ingepas het.

trou ringe bruidegom ring

Was julle met wittebrood?


Ons was bevoorreg genoeg om op wittebrood te kon gaan en was na Ballito toe en het in die La Montane gebly en die hele omgewing verken. Die eerste vakansie waar dit net die twee van ons was, was definitief kosbaar.

emosionele bruidegom hier kom die bruid Moeder van die bruid

Wat sou julle verander het as jul kon?


Daar is nie iets aan ons dag wat ons sou wou verander nie, alles was perfek!

bridal selfie Bosveld troue Bosveld troue Bosveld troue Bosveld troue

Het julle `n videograaf gehad?


Nee ons het nie ‘n videograaf gehad nie, ons het wel ‘n videokamera geleen en net in die Kerk opgestel om oorhoofs af te neem.

Bosveld troue Bosveld troue

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: