André & Anri se Hartlike Selfdoen Troue langs die Gamtoosrivier

Paartjies wat daarvan hou om hul geliefdes deel te maak van hul troudag, sal André en Anri se hartlike selfdoen troue langs die Gamtoosrivier besonders geniet. Die Gamtoosrivier in die agtergrond skep ’n skilderagtige toneel vir hierdie spesiale dag vol natuurlike eenvoud en opregte warmte.

Hulle troue was persoonlik en dien as ’n ware getuienis van ’n arbeid van liefde, “Baie Hande, Bekende Hande.” Die handewerk van hul geliefdes is in elke hoek van die dag sigbaar. Elke klein detail en element is met sorg uitgesoek en self aangepas. Dekor elemente is tweedehands gekoop, self gesny, vasgeplak en opgehang, wat alles ’n diep betekenis aan hul dag verleen het.

Die trou dekor was eenvoudig, sonder oorbodige elemente, wat die natuurlike skoonheid laat uitstaan het. Die kleurskema was vars en klassiek: wit en groen. Hope kerse het ’n romantiese en knus atmosfeer geskep. Verskillende glas bottels en vase op die tafels het ’n rustieke en eklektiese bekoring bygevoeg. Wit rose en madeliefies het die helder wit kleure beklemtoon, terwyl varings en bloekom blaar rangskikkings ’n organiese tikkie groen ingebring het. Geweefde plekmatjies het die dekor mooi afgerond met natuurlike tekstuur.

Anri het beeldskoon gelyk in haar trourok met ’n klassieke silhoeët. Die rok het ’n tikkie elegansie gehad met delikate blompatrone en afhaalbare moue vir veelsydige styl. Sy beskryf haar rok as gemaklik en presies waarvan sy altyd gedroom het. André se groen baadjie en beige broek het perfek by die tema van hul troue gepas. Sy hout boutonnière het ook daardie natuurlike element in sy uitrusting weerspieël.

Selfs al beplan julle self julle troue, sal julle steeds van diensverskaffers gebruik maak, besoek gerus Mooi Troues se aanlyn trougids vir professionele diensverskaffers.

Rol af en geniet die pragtige foto’s van André en Anri se troue wat werklik weerspieël wie hulle is.

Trourok:


Ek het vyf rokke aangepas en ook in van hulle probeer “pas”. Verbeel jou net die perfekte trourok, dis die een wat ek gedra het! Dit het daardie tydlose sjarme gehad, wat beide klassiek en gemaklik was. Dit was alles waaroor ek nog ooit gedroom het en meer, die oomblik toe ek hierdie spesifieke een aangepas het, het ek geweet dis my trourok.

Die materiaal het fyn blaar/blom patrone gehad, kant en sagte knope, die moue wat ek kon afhaal vir verskeie style, die detail was besonders en ek kon nie ‘n ander rok beskryf so perfek soos my trourok nie.

Met die absolute perfekte en klassieke pasvorm met ʼn tikkie moderne sjiek. Dit was ʼn ware weerspieëling en het ons mees romantiese en perfekte troudag en die algehele gevoel van ons troue ook gekomplimenteer.

Paartjie se Verlowing:


Dié geheime verlowing was gevul met baie agter-die-skerm beplanning. Wat ʼn koei wat moes kalf sou wees, het toe uitgedraai in ʼn romantiese verassing.

André het die ja woord gevra op een van ons gunsteling plekke op die plaas. Die droë dam was omring met bale, ‘n piekniek, “fairy lights”, kalf koeie en twee van ons hartsvriende. Met die groen agtergrond van die grasvelde en die sagte sonlig wat daarop skyn, was dit besonders mooi.

Nou, 743 dae na die verlowing is die dam die volste wat hy al was in 6 jaar. Ons weet sommer dat God ons huwelik ook só gaan seën.

Verloof- en Trouringe:


Anri is verlief op die snit, die roosgoud kleur en ovaal stemorgaan wat omring is met klein diamante, dit was vir haar heeltemal anders as die gewone. Die troupant komplementeer die verloofring en dis ʼn perfekte balans van harmonie, elegansie en sofistikasie saam met mekaar.
André se ring is ‘n Wolframkarbied geborselde swart ring met houtinleg en gepoleerde swart groewe bied ‘n bietjie natuur en klas, dit was vir hom belangrik gewees dat sy ring gemaklik moes dra.

Trou Dekor en Styl:


Vele hande, bekende hande, hande wat ons liefhet, het hierdie troue aan mekaar geweef. Ek weet waar elke klein element en detail van die troue vandaan kom. Ons het gethrift, geplak, gehang, gesource, geknip, en vasgemaak. Die hande wat ek en André liefhet was sigbaar in elke hoek van hierdie dag. Ek is getroud aan my beste vriend tussen ons mense in hulle beste klere. Hulle beste patrone, teksture en glimlagte. Ons is getroud met die mooi Gamtoos rivier wat ons van voor en agter beloer, gestrooi met confetti en gesprinkel met liefde.

Ons is buite mense wat saligheid in die natuur vind. So ons wou dus ‘n venue kies wat ‘n natuurlike atmosfeer het, maar wat ons ook sou toelaat om ‘n stukkie van ons daar te kan uitbeeld. Ons wou die dekor simplisties hou.
Ons kleurskema was groen en wit. Daar was baie kerse op die tafels, met verskillende glas bottels en blomme in en die geweefde plekmatjies het alles net mooi afgerond. Vir die blomme het ons wit rose, ferns, daisies, eucalyptus gebruik. Dit was ‘n pragtige troue.

Trou Begroting en Beplanning:


André en Anri het hul troue self beplan as ’n ware selfdoen-projek, en dit alles is in net 155 dae gereël. Met ’n trou begroting van R110 000 het hulle ’n stylvolle, persoonlike dag saamgestel wat gedeel is met 75 spesiale gaste.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: