12 Stap Trou Beplanning Advies Reeks se Artikel 1

Mooi Troues bied aan ons lesers ’n praktiese 12-stap trou beplanning advies reeks wat maandeliks op ons webwerf verskyn. Elke maand deel ons ’n toeganklike lys take wat jy rustig kan aandurf. Ons het die groot taak van troubeplanning in kleiner stukkies opgebreek, sodat dit nie oorweldigend voel nie.

Onthou asseblief dat hierdie ’n riglyn is, en jy kan dit vinniger deurwerk as jy minder tyd het. Trou beplanning hoef nie stresvol te wees nie, veral nie met Mooi Troues aan jou sy nie!

Besluit op ’n Begroting


Die belangrikste beginpunt is eerlikheid oor geldsake. Julle gaan binnekort julle lewens saam deel, so praat nou reeds oor:

  • Julle inkomstes en uitgawes wanneer dit kom by die trou begroting.
  • Wie watter deel van die troue gaan betaal indien familie help met die kostes.
  • Hoeveel spaargeld beskikbaar is vir deposito’s en finale betalings

’n Duidelike begroting voorkom teleurstelling en help om reg te besluit oor venue, diensverskaffers, dekor en meer. Onthou dat ’n pragtige troue hoef nie ’n groot begroting te hê nie, dit gaan oor kreatiwiteit en wat vir julle as paartjie belangrik is.

Kies ’n Streek


Die ligging van julle troue bepaal baie van die ervaring. Dink aan die weer, seisoene en natuurlike omgewing van die streek waar julle wil trou.

Wil julle ’n somer buitelug troue hê? Droom julle van ’n winter troue met ’n knus atmosfeer?

Doen navorsing oor die klimaat en die atmosfeer van die streek sodat dit by julle visie vir die dag pas.

Besluit op ’n Trou Datum


Nou dat jul besluit het op die streek, kies ’n paar moontlike datums. Hou in gedagte die volgende:

  • Stel 2–3 opsies voor, want venues en diensverskaffers kan reeds bespreek wees.
  • Kies ’n datum wat vir julle as paartjie gemaklik is, nie net vir die gaste nie.
  • Stuur vroegtydig “Save the Date”-kaartjies uit, sodat gaste betyds kan reĂ«l.

Die besluit oor ’n Trou Koördineerder te gebruik of nie


As julle tyd beperk is of maklik oorweldig raak, oorweeg dit om ’n professionele troukoördineerder te gebruik. Hulle het waardevolle kontakte in die trou industrie en maak die trou beplanning proses stresvry. ʼn Trou koördineerder sal julle help om jul droomdag werklikheid te maak.

Grootte en Formaliteit van jul Troue


Dink saam oor die tipe troue wat julle wil hê. Intiem of groot viering? Formeel of informeel? Hierdie besluit beïnvloed beide die begroting en die venue wat jy kan oorweeg.

Maak Kortlys van Venues


Venues is dikwels baie lank vooruit bespreek, so begin vroeg. Maak ’n kortlys van plekke wat julle graag jul troudag wil vier. Skryf neer wat elkeen besonders maak. Kontak hulle met jul moontlike datums en gaste getal.

Maak ʼn kortlys van Bekende Diensverskaffers


Top diensverskaffers soos gewilde fotograwe, videograwe, dekorstiliste en spyseniering word vinnig vol bespreek. Besluit vroeg wie julle eerste wil kontak, en werk van daar af afwaarts op julle kortlys.

Fotografie en Videografie


Hierdie is een van die belangrikste beleggings vir jul troudag. Kies ʼn fotograaf en videograaf wie se styl julle liefhet en bevestig hul beskikbaarheid so gou moontlik.

Gastelys


Begin jul gastelys met die naaste familie en vriende, en bou daarvandaan. Onthou dat julle kan nie almal gelukkig hou nie. Fokus op die mense wat werklik belangrik is om daar te hĂŞ.

Verlowing Aankondiging


Stuur ’n verlowing aankondiging aan familie en vriende. Dit kan formeel wees met ’n kaartjie, of sommer ’n WhatsApp of sosiale media pos. Maak dit persoonlik en uniek aan julle.

Gaste van Oorsee


Gee genoeg tyd vir internasionale gaste om reëlings te tref (vlugte, verblyf, verlof). ’n Vroeë trou uitnodiging is ’n groot geskenk vir hulle.

Visiebord en Inspirasie


Begin ’n aanlyn visiebord (Pinterest, Google Drive of selfs ’n gedeelde album). Stoor idees van dekor, rokke, blomme, ens. Hou kontakbesonderhede van diensverskaffers wat julle oorweeg.

Artikel Krediet:

  • Advies geskryf deur: Mooi Troues
  • Foto’s: Pexels