Jaco en Denise se Toskaanse styl troue in Hartbeespoort is propvol pragtige inspirasie vir paartjies wat self ook dié styl oorweeg vir hul groot dag. Dit is belangrik dat jul dekor styl mooi saamvloei met die keuse van jul trou venue, iets wat hierdie paartjie perfek reggekry het deur hul trou styl by die venue aan te pas.
Die algehele gevoel van die troue was minimalisties en stylvol. Die kleurskema van olyfgroen, vuilpienk en wit is geïnspireer deur die majestueuse Koning Protea. Bliss Floral Creations het Jaco en Denise se visie pragtig tot lewe gebring met weelderige tafellopers van vars blare en asemrowende blommerangskikkings. Lang houttafels is gekomplementeer met swart metaalstoele, eenvoudige wit servette en goue eetgerei. Deursigtige glasvase met drywende kerse het ‘n romantiese atmosfeer geskep.
Denise het beeldskoon gelyk in haar A-lyn trourok van ivoorkleurige satyn. Die groot boog aan die agterkant het vir daardie ekstra detail gesorg wat haar klassieke rok besonders gemaak het. Haar drie meter lange sluier, versier met glinster, het die prentjie voltooi. Jaco het uiters stylvol gelyk in sy olyfgroen troupak met ‘n blompatroon das. Die strooimeisies het pragtig gelyk in olyfgroen rokke met geplooide moue, terwyl die strooijonkers in beige chinos, wit hemde en olyfgroen strikdasse perfek by die trou styl ingepas het.
Jaco en Denise se gaste is vermaak deur die talentvolle platejoggies van V & A Entertainment. Hierdie onderneming het takke in beide Gauteng en die Wes-Kaap, wat dit maklik maak om nasionale musiekdienste aan te bied.
Rol af en laat jouself wegvoer deur die betowerende foto’s van Jaco en Denise se Toskaanse-styl troue in Hartbeespoort.

Meer oor Bliss Floral Creations:
Bliss Floral Creations is ’n boetiek blom ontwerp- en dekor verhurings maatskappy, in Johannesburg en toegewyd aan stylvolle troudekor. Dié kreatiewe span leef hul passie uit deur asemrowende blom ontwerpe te skep wat perfek by elke paartjie se unieke styl en visie pas.
Hulle verstaan dat jou troudag een van die belangrikste oomblikke in jou lewe is en dit is presies waar Bliss inspring. Met persoonlike diens, kreatiewe idees en ’n fyn oog vir detail, help hulle jou om ’n onvergeetlike ervaring te skep wat jou verwagtinge oortref, sonder om jou begroting te oorskry.
Laat Bliss Floral Creations saam met jou droom, beplan en ontwerp vir ’n troudag wat eg, elegant en volkome joune is.

Trourok:
Die trourok was ‘n stylvolle, satyn materiaal rok met ‘n ivoor kleur en’n A-lyn silhoeëtte gekoop by Coco Belle. Daar was ‘n lae halslyn met soortgelyke uitknipsels aan die kante van die rok afgerond met ‘n strik aan die agterkant gestileer met knopies van die middel tot by die sleep van die rok. Die rok het ook sakke gehad.
Die inspirasie vir die rok was klassieke, satyn styl. Coco Belle het aansienlik gehelp in hierdie aspek aangesien die bo- en onderkant van die rok geïnspireer was deur twee afsonderlike rokke wat hulle dan gekombineer het in een rok.
Die rok was afgerond met ‘n 3m lange glinster sluier ook gehuur by Coco Belle.

Paartjie se Verlowing:
In September 2023 het ons albei na die Wes-Kaap gereis vir ’n bietjie wegbreek gedurende die langnaweek. Ons het by ‘n familielid van my man gekuier waartydens sy Tannie hom stil-stil gehelp het aan die verlowing beplan vir maande lank.
Ons het ons pad gemaak na Franschhoek se wynlande om die ‘Wine Tram’ toer te doen. Hy was verskriklik stil die oggend en ek was vas oortuig dat hy was ‘n bietjie kwaad vir my oordat ek die wynproe hanteer het soos ‘n goeie kuiersessie. Die tweede stop wat ons gemaak het was by Le Pommier wynplaas waartydens ons ‘n ander rigting in beweeg het as ander lede. Ek was bietjie verdag, maar my man het laat weet ons moet net iets by die restuarant bestudeer.
‘n Aangename meisie het ons nader gekruip waartydens sy laat weet het dat sy besig is met ‘n fotosessie vir die wynplaas en of ons sal wil deelneem. Ek was bietjie skepties, maar het in gegee. Sy het ons gelei na ‘n private piekniekarea waartydens hy nie ‘n oomblik langer kon wag om af te gaan op een knieg nie. Hy het die alom belangrike ja-woord vraag gevra en ek kon nie wag om ja te sê nie. Die fotograaf was toe eintlik vooraf beplan waar sy ons hele verhaal vasgevang het. Daarna het ons die wyntoer verder benut waar mense opreg die begin van ons liefdesverhaal saam ons gevier het.

Meer oor V & E Cape Town:
As ’n bekroonde platejoggie- en MC-span, is ons trots daarop om die energie, ritme en WOW-faktor na elke troue te bring. Met vier agtereenvolgende Suid-Afrikaanse Prestige-toekennings, ’n Afrika-uitnemendheidstoekenning 2023 én die Vermaakspesialis-toekenning 2024, is dit duidelik, ons weet hoe om ’n fees aan die gang te kry!
Ons professionele span lewer topklas klank, beligting en vermaak wat jou gaste op die dansvloer hou en jou troudag onvergeetlik maak. Van romantiese seremonie klanke tot die laataand partytjie lees ons die skare, bou die stemming en laat elke oomblik tel.
Op soek na iets anders, iets uniek… iets wat jou gaste nog lank gaan onthou? V & E Cape Town is jou trou vermaak oplossing.

Verloof- en Trouringe:
Die verloofring was pasgemaak deur Naturally Diamonds in Sandton, Gauteng. Die verloofring is ‘n platinum damesring, met ‘n 1.012kt ronde ‘lab grown’ diamant van 16 x 1.3mm met ‘n versteekte halo aan die onderkant van die diamant. Daar was geen troupand nie aangesien ek dit so verkies het.

Trou Dekor en Styl:
Die algehele styl van die troue het die trou venue weerspieël. Die troue was gehou by Green Leaves Country Lodge & Venue in Hartbeespoort in Noordwes in die ‘Tuscan’ onthaalsaal en ons het dus probeer aanpas by die algehele gevoel hiervan.
Ons was baie gefokus op ‘n minimalistiese gevoel, maar wat stylvol gedoen word en nie afgeskeep voel nie. Die algehele kleurskema waarvoor ons gegaan het was olyfgroen, ‘dusty’ pienk en wit om te pas by ‘n Koningsprotea-blom. Ons het baie gefokus op die groen kleur (byvoorbeeld, eukaliptus rangskikkings op die tafel, koeverte met spesiale boodskappe vir die gaste, ontvangsbord, bruidegom se pak, strooimeisierokke, ens.).

Trou Begroting en Beplanning:
Hulle het hul droomtroue beplan oor ‘n tydperk van een jaar, met ’n trou begroting van R200,000. Die intieme geleentheid is gedeel met 80 gaste, wat die dag spesiaal en persoonlik gemaak het.

- Fotograaf: The Woods Photography and Film | Kontak
- Venue: Green Leaves Country Lodge & Venue | Kontak
- Blomme: Bliss Floral Creations | Kontak
- Bruidegom-pak: Angelino | Kontak
- Dekor: Bliss Floral Creations| Kontak
- Fotohokkie: Funky Photo Booth| Kontak
- Gaste Geskenke: Art by Sunel| Kontak
- Grimering: Blink Bridal & Beauty | Kontak
- Hare: Blink Bridal & Beauty | Kontak
- Huwelik kontrak: Zandberg Attorneys| Kontak
- Huweliksbevestiger: Schalk van Heerden| Kontak
- Juweliersware: Lovisa Jewellery
- Koördineerder: Green Leaves Country Lodge & Venue| Kontak
- Kroegdiens: Green Leaves Country Lodge & Venue| Kontak
- Musiek: V&E Entertainment| Kontak
- Platejoggie: V&E Entertainment| Kontak
- Paartjie se verblyf: Green Leaves Country Lodge & Venue| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: His Apparal| Kontak
- Skoene: Kingsmead Shoes
- Skryfbehoeftes: Forget Me Not Crafts| Kontak
- Spyseniering: Green Leaves Country Lodge & Venue| Kontak
- Trourok: Coco Belle Bridal & Evening Wear| Kontak
- Bruid se Trouring: Naturally Diamonds| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Armo Accessories| Kontak
- Troukoek: A’s Cafe | Kontak
- Videograaf: The Woods Photography and Film| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius – Grand Gaube
- Wittebrood Plek: Veranda Paul Et Virginie Hotel & Spa| Kontak


