Tharan & Jessica se Klassieke Paartjie Fotosessie op ’n Wynlandgoed

Tharan en Jessica se klassieke paartjie fotosessie op ’n wynlandgoed is absoluut pragtig! Julle sal hierdie beeldskone paartjie dalk herken van Mooi Troues – ons het reeds hul verlowing fotosessie én hul prentjiemooi troudag op ons platform gedeel. Hierdie keer het ons die voorreg om een van hul stylvolle paartjie fotosessies met julle te deel. Die twee geniet dit om gereeld foto’s te laat neem om hul spesiale herinneringe vas te vang.

Lucille Scheepers het elke oomblik van dié klassieke paartjie fotosessie perfek vasgevang – elke foto is ʼn meesterstuk. As julle op soek is na ʼn talentvolle en professionele fotograaf vir julle troudag, bekyk beslis Lucille se werk. Haar natuurlike styl van fotografie skep ʼn dromerige en romantiese atmosfeer wat elke paartjie se liefde mooi uitbeeld.

ʼn Paartjie-fotosessie kan heerlik wees – dis die ideale geleentheid om saam pret te hê en jul liefdesverhaal in spesiale foto herinneringe vas te lê. Dis altyd ʼn goeie idee om ʼn visie of tema vir die sessie te hê. Dit help nie net om die proses meer ontspanne te maak nie, maar gee ook daardie ekstra bietjie flair aan die foto’s.

Jessica en Tharan se sessie het plaasgevind in die tuin van ʼn pragtige wynlandgoed. Hulle het besluit op swart-en-wit uitrustings wat perfek by hul ou-skool tema gepas het en die klassieke voorkoms perfek afgerond het. Rol af om meer te lees oor hul liefdesreis en die betekenis agter hierdie klassieke paartjie fotosessie.

Meer oor Lucille Scheepers:


Lucille Scheepers is ʼn leefstyl en trou fotograaf wat gebaseer is in die Wes-Kaap.  Sy het ʼn passie vir foto’s en ʼn hart vir mense &  is ʼn “hopelose romantikus” wat glo in sprokies verhale. Haar styl van haar foto’s  beskryf sy  as romanties en dromerig.  Lucille se foto’s vertel ʼn storie en sien uit daarna om julle storie vas te vang!  Sy hou van alles wat mooi en opreg is.

Lucille se werk was al ʼn paar keer op Mooi Troues gepubliseer en ook ʼn top finalis in van Suid Afrika se trou toekennings.  As julle opsoek is na ʼn trou fotograaf wat julle spesiale dag sal vasvang in die mooiste foto’s, dan moet julle Lucille op jul kortlys hê.

Die eerste ontmoeting:


Ek en Jessica is al 7 jaar in n verhouding, waaruit 3 van hierdie getroud is.

Ons eerste ontmoeting was in 2018 via Instagram! Baie se dat sosiale media nie goed is nie, maar ek verskil want ek het my sielsgenoot deur sosiale media ontmoet. Ek het daardie tyd in die Kaap gewoon, omdat ek daar gewerk het.

Jessica, wie oorspronklik van die Kaap is het my hierdie spesifieke weeksaand na werk na Panarotti’s geneem. Daar gekom was ek so skaam om enigiets groot te bestel en het toe net gegaan met ʼn slaai en ʼn glas water, terwyl Jessica ʼn heerlike bord steak gehad het. Ek was rasend!! Maar ek neem ook altyd daardie gedagte saam my van “first impressions last” haha!! Dit was een van my kosbaarste oomblikke nóg!

Gunsteling eienskappe van mekaar:


My gunsteling eienskap van Jessica is beslis haar goedhartigheid. Sy skroom nooit om haar behoeftes op sy te skuif om diegene wie na aan haar is uit te help of gemaklik te laat voel nie. En moet nie vergeet van haar avontuurlustige gees nie! Sy help my baie om uit my gemaksone te kom. Al beteken dit dat ek my knieë nerf af moet val met ʼn Segway rit!

My gunsteling eienskap van Tharan is beslis haar opregtheid. Sy is ook ʼn ekstrovert en mense-mens wat dinge altyd meer opwindend maak. Al beteken dit dat sy my 1uur die nag sal wakker maak, want sy onthou skielik van ʼn snaakse oomblik wat ʼn tydjie gelede gebeur het.

Drome as paartjie:


Ons drome sluit beslis in om meer te reis. Tharan was nog nooit op ʼn vliegtuig nie, omdat sy ʼn groot vrees het vir hoogtes. So ons sal altyd net plaaslik rondreis. Maar in die toekoms sal ons graag internasionaal wil gaan wanneer sy gereed is.

Dan van ons langtermyn drome sal dan beslis wees om ʼn gesin te begin. Myself en Jessica is absoluut mal oor kinders, so ons wil graag eendag ons eie baar.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Almal wie ons ken sal weet hoe voel ons oor ʼn goeie wynplaas! Ek en Jessica besoek graag nuwe wynplase in ons vrye tyd. Ons is ook lief vir buitelig flieks en piekniek hou.

Rede vir die fotosessie:


Ek en Jessica doen elke jaar een of twee fotosessies wat gaan in ons geheue-boek. Ons is absoluut mal oor fotos en het besluit om ʼn geheue-boek te begin sodat ons eendag kan terug sit en sien hoe ons gegroei het as ʼn paartjie. Ons gebruik ook sommige fotos vir die huis.

Inspirasie agter die fotosessie:


Jessica het hierdie jaar se tema gekies en besluit op ʼn “ou skool” tema.

Toe ons die fotos kry het ek sommer dadelik gedink aan ʼn caption vir my Instagram en TikTok blad “You gave me an old school type of love in this modern world!” dit was vir my so so lief!!

Ons lief ʼn klassieke fotosessie so swart en wit was glad nie ʼn twyfel nie.

Ons fotograaf het Vergelegen wynplaas in Somerset-=Wes voorgestel omdat ons by die wit en swart graag ʼn groen gras agtergrond wou hê. Dit was beslis ʼn groot WOW oomblik toe alles so mooi bymekaar kom.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Ons lief ʼn intieme restaurant waar ons tyd kan spandeer oor ʼn goeie glas wyn, goeie kos en mekaar se geselskap. Agterna sal ons gaan vir ʼn drive om ʼn vinnige koffie te kry voor ons huis toe sal gaan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: