Johnjack en Megan se stylvolle dak troue op die sestiende vloer van ʼn moderne gebou in die hartjie van Menlyn Maine het ons harte gesteel – ons is absoluut versot op elke liewe element van hierdie pragtige troudag!
Megan het asemrowend gelyk in haar A-lyn trourok, wat ʼn elegante, maar steeds moderne en eenvoudige styl weerspieël het. Ons is dol oor die eenvoud van haar rok, want dit het perfek by haar voorkoms én die algehele gevoel van die dag ingepas. Johnjack se liggrys troupak, gekombineer met ʼn wit knoop hemp en sonder ʼn das, het ʼn ontspanne, maar steeds formele voorkoms geskep – perfek vir ʼn stedelike troue.
Wow! Ons is absoluut verlief op Megan se unieke trouring, spesiaal ontwerp en gemaak deur die talentvolle Stella Moissanite. Dit het ʼn tydlose elegansie en die ontwerp is eenvoudig te mooi om in woorde te beskryf. Die marquise-moissaniet pas perfek by die bruid se styl.
Hulle het ʼn prentjiemooi buitelug seremonie op die dek van hul venue op die sestiende vloer gehad, met uitsigte wat so ver as die oog kan sien. Die mooiste wit blommerangskikkings het die paartjie perfek omraam en alle aandag op hulle gevestig.
Megan en Johnjack se onthaal was modern en stylvol, met dekor soos ʼn swart tafelloper en pragtige wit rose op die tafels wat ʼn treffende kontras geskep het. Elke detail van die dag was eenvoudig pragtig. Hulle het ook ‘n elegante, twee laag, minimalistiese troukoek gehad, versier met fyn wit blommetjies.
Rol af om meer te lees en die pragtige foto’s te geniet wat deur The Harvest Times geneem is!
Meer oor Stella Moissanite:
Stella Moissanite is Suid-Afrika se leier in moissaniet fyn juweliersware – van verloofringe tot oorbelle en alles tussenin. Paartjies kan kies uit die reeks ontwerpe beskikbaar in die aanlynwinkel of saam met die span werk aan spesiaal gemaakte ringe volgens hulle eie ontwerpe. Besoek Stella Moissanite vir al julle juweliersware behoeftes.
Trourok:
Ek het my MoriLee ontwerpers trourok gekoop by Tres Jolie Bridal and Evening Wear in Pretoria. Ek het ʼn prentjie in my kop gehad en dit was presies soos wat ek dit wou gehad het. Dit was elegant maar tog modern. Die rok was eenvoudig sonder kant ens. Dit was A-lyn ballgown. Boonste deel was van sy gemaak met lae net (tulle) onder met horse hair aan die onderkant van die lae. Dit het dun bandjies gehad met ʼn ronde hals. Styf om die middel en bors en dan uit lopend. Daar was klein knopies by die rug af.
Verloof- en Trouringe:
Megan: My verloof ring is ʼn 0.9ct ronde diamant in witgoud met ʼn pavé diamant bandjie (klein diamante in om die band). My troupant is witgoud met marquise steentjies reg rondom.
Johnjack: Sy troupant is ʼn donker gun metal en geborselde grys afwerking tungsten band.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons verlowing was ’n groot verrassing en totaal spontaan! Johnjack het vir ’n paar maande afbetaal aan die verloofring. Toe hy die tweede laaste paaiement gaan betaal, sien hy nie meer die ring in die venster nie. Daar is toe groot paniek! Gelukkig was die ring net agter in die kluis gebêre. Hy maak toe dadelik die volle betaling en kry die ring. Hy was só opgewonde dat hy glad nie kon wag nie. Deur al dié was ek by my woonstel gewees in Pretoria. Johnjack daag toe by my huis op met ’n GROOT bos blomme en vra my net daar om te trou in my woonstel se gang. Totaal spontaan en in die oomblik, net ek en hy.
Trou Dekor en Styl:
Ons roof top stads troue was Johnjack se idee. Johnjack is ʼn boer in Limpopo (gewasse en wild). Kort na ons verlowing het ek (Megan – onderwyseres) plaas toe getrek. Ons het begin troue beplan, en ek het na al die pragtige bos-venues gekyk maar Johnjack wou niks weet nie. Sy woorde was “Hoekom wil ons in die bos trou as ons in die bos bly en elke dag die bos sien?”. Ek het toe alternatiewe venues begin soek. Hy kom toe met die idee om by 16th by Koi restaurant te trou. Ons het van tevore in die Capital Trilogy hotel gebly, so was bekend met die restaurant en die pragtige uitsig. En so het die idee van ons pragtige troue ontstaan!
Ons kleurskema was swart en wit. Daar was baie kerse op die tafels. Vir die blomme het ons wit rose en wit orgideë gebruik. Dit was ʼn formele troue en die kleurskema vir die gaste se uitrustings was ook swart.
Trou Begroting en Beplanning:
Daar was 60 gaste by ons troue, met ʼn begroting van R110 000. Ons het ongeveer ʼn jaar lank aan die troue beplan en het elke detail self gereël om dit ʼn persoonlike en spesiale dag te maak.
- Fotograaf: The Harvest Times | Kontak
- Venue: 16th by Koi restaurant | Kontak
- Blomme: The Love Knot | Kontak
- Bruidegom-pak: Khaliques | Kontak
- Dekor: The Love Knot| Kontak
- Gaste Geskenke: Wedgewood| Kontak
- Grimering: Miss Jay Dee Kay| Kontak
- Hare: La Pompadour Hair & Beauty| Kontak
- Huwelik kontrak: Rulich Pretorius Attorneys
- Huweliksbevestiger: Sam Shapiro| Kontak
- Koördineerder (Op die dag): Blossom Events and Decor| Kontak
- Platejoggie: Sean Tucker
- Paartjie se verblyf: The Capital Trilogy Hotel – Menlyn Maine| Kontak
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: Paper Rings Creative Studio| Kontak
- Spyseniering: 16th by Koi| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Bride & Co| Kontak
- Trourok: Tres Jolie Bridal and Evening wear| Kontak
- Bruid se Trouring: Stella Moissanite| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Arthur Kaplan Jewellers| Kontak
- Troukoek: La Moraine Cakes| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Thailand – Koh Lak, Phi Phi eiland en Phuket
- Wittebrood Plek: Seaview Hotel