Jaco & Michelle se Minder is Meer Troue

Jaco en Michelle se minder is meer troue bied tonne inspirasie vir paartjies wat in Stellenbosch se natuurskone Devon Vallei wil trou. Die paartjie se troue is besonders smaakvol en wys jou net hoe mooi ล‰ meer simplistiese styl vir ล‰ troue kan wees!

Ons is totaal en al gek oor elke element van die paartjie se troue.  Van die bruid se pragtige trourok en haar wit roos- en orgideรซhandruiker, tot Jaco se swart formele troupak.

Hulle het in ล‰ tradisioneel-moderne  kapel getrou.  Jaco het in geheim gereรซl om Michelle met ล‰ solo-vioolspeler van Classic Music Events te verras.  Maya, die violis, het ล‰ unieke weergawe van Married Life van Up gespeel terwyl Michelle in die paadjie afgestap het.

Flying Swan Media het die paartjie se troue in die mooiste troufotoโ€™s en -film vasgevang. Fotoโ€™s en ล‰ troufilm wat die paartjie vir altyd sal by bly en herinneringe koester om hul troudag van voor af te herleef.

Wow, ons is totaal en al verlief op die paartjie se troudekor. Die wit tema met al die kerse is sรณ stylvol en woorde kan dit nie mooi genoeg vertaal nie. Dit is eenvoudig, klassiek, tydloos en elegant. Kristal kandelare, meer as โ€™n honderd glas kershouers en verskillende grootte kerse op die tafels, skep ล‰ deftige en baie romantiese atmosfeer.

Daar was, met opset, minimale blomme in die onthaallokaal, tog het die tafels nog steeds so stylvol gelyk, โ€œMinder is altans mรณs meerโ€.  ล‰ Vonkelwyn-toring in die middel van die onthaal lokaal, was meer as genoeg om al die gaste se aandag vir die hele dag op die paartjie te vestig.

Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis en minder is meer troue.

 

Paartjie se Liefdesreis:


Het jy al ooit die storie gehoor van Noag wat ล‰ duifie uitgestuur het met die hoop dat ล‰ stukkie land op die horison sal verskyn? Wel, ons storie klink baie dieselfde!

Koer, die Afrikaanse aanlyn maatsoek-app, hierdie keer, wรฉl ล‰ kinkel, maar sรณnder ล‰ koes.

Min het ons geweet dat ons 1,096 km van mekaar af bly. Kaapstad en Bloemfontein, ล‰ heeltemal ander atmosfeer.

Nietemin, ล‰ paar weke later, ล‰ foto van my wat soos ล‰ boom aangetrek en volle bors Cascada op ล‰ video- oproep gesing het, ล‰ avontuurlustige besluit om ล‰ vliegtuigkaartjie te bespreek, was ons eerste ontmoeting ล‰ gegewe!

Ek onthou dit nog soos gister.  Ons eerste kuier en uiteindelike koffie by Klein Roosboom. Dit was hemels! Ek het vir Michelle ล‰ โ€œlucky packetโ€ gekoop en op ล‰ briefie geskryf; โ€œAs daar ล‰ speelgoed ring hier binne-in is, is dit ล‰ teken dat ons gaan trou.โ€ Daar was nie een nie, maar ek het alreeds die gedagte in Michelle sรช hart geplant.

Vier maande later was ons wรฉรฉr by Klein Roosboom. Nรณรบ met ล‰ tuisgemaakte โ€œlucky packet,โ€ die regte ring en ล‰ gekamoefleerde fotograaf. Natรบรบrlik ook ล‰ glasie goeie rooiwyn vir die senuwees en haar antwoord; JA JA JA!

Trourok:


Met ure spandeer om deur talle bruids tydskrifte te blaai en bekende Google-weet-dit-alles-webwerf soektogte, het ek gedink die keuse van die perfekte trourok sou help om in ล‰ japtrap te vind wat ek wou hรช!

Inteendeel, ek het 36 trourokke probeer, 36! Afspraak na afspraak, teleurstelling na teleurstelling.

Maar, na baie oorweging het ek besluit dat ek met al die tyd en moeite die fisiese soektog sal gee.  Gaan nog een keer van die een bruid salon/boetiek na die ander in twee verskillende provinsies, of anders gaan ek eerder na ล‰ naaldwerkster.

My geduld, geloof en harde werk egter uiteindelik vrugte afgewerp. Nommer 37 was absoluut alles waarna ek al die tyd gesoek het!  Ek het nie die trourok gekies nie, die trourok het my gekies!

Ek voel steeds soos die gevoel van verwondering as ek aan my trourok dink. Dit het ล‰ tikkie van die tradisionele en vintage gekombineer,  Met ล‰ moderne en minimalistiese voorkoms. Volmaak versterk die betowerende tema van ons troue in die Wes-Kaapse wynlande! Die A-lyn het my beste kenmerke beklemtoon en my figuur aangevul.

My naak-wit rok was uiteindelik ล‰ weerspieรซling van my persoonlikheid en het my destyds nog, bruidegom se trou drag gekomplimenteer!

Verloof- en Trouringe:


Lank-lank gelede, toe dit nog algemeen was om hoenders in jou agterplaas aan te hou, het Oumagroot oudergewoonte as die sonsak, die hoenders gevoer.  Maar toe sy weer kyk, was die diamant skoonveld!

Sy het vir dae aaneen gehuil. Op haar knieรซ deur die erf gekruip om die diamant te soek. Onophoudelik gebid, maar sonder enige geluk, het sy maar die die soektog afgeblaas.

Ses maande later, op ล‰ salige Sondagmiddag, terwyl Oumagroot besig was om ล‰ heerlike hoender gereg voor te berei, het sy per ongeluk die krop van die hoender oopgesny! Net voordat sy ล‰ paar kru woorde kon uiter, het sy tussen die krop se inhoud ล‰ blink voorwerp gesien, hรกรกr diamant.

Die middelste diamant in Michelle se ring het aan my Oumagroot, en natuurlik diรฉ einste hoender, behoort. In Michelle se ring staan skuins gegraveer; My hart & horison.

Al twรฉรฉ ons Pappas is ongelukkig onlangs oorlede. Ek het probeer om ons Paโ€™s se nagedagtenis lewend te hou deur hulle vingerafdrukke in Jaco se goue ring te graveer. In Jaco se ring staan skuins gegraveer; My (t)rots.

Meer oor Flying Swan Media:


Flying Swan Media is trou videograwe, asook fotograwe, wat bestaan uit Andrรฉ en Susara, gebaseer in Robertson, maar die hele Wes-Kaap provinsie diens.

Hulle styl is natuurlik, romanties, tydloos, pret en spontaan, sodat paartjies se eie unieke styl deur kom in hul fotoโ€™s en videoโ€™s, vir troue herinneringe om te koester vir ewig en altyd.

Meer oor Classic Music Events:


By Classic Music Events harmoniseer hulle oomblikke en verander hul gewone gebeure na buitengewone ervarings.

Hulle is trots op hulself om jul betroubare vennoot in die wรชreld van musiek en vermaak te wees, en dat hulle jul keuse is om professionele musikante van regoor Suid-Afrika te kan bekom.  Om geleenthede, troues en filmopnames met die magiese hulp van regstreekse musiek te kan bevorder.

Troues: Hulle talentvolle musikante sal vir julle mees spesiale dag van jul lewe, die klankbaan van liefde speel deur musiek. Wat die musikale herinneringe deur tyd sal saam vleg.

Geleenthede: Of dit nou ล‰ korporatiewe funksie, ล‰ privaat geleentheid of ล‰ kulturele samekoms is, Classic Music Events is julle musikale argitekte wat die musikale reis skep wat by jou gehoor sal pas.

Filmopnames: Ligte, kamera, musiek! Ons bekwame musikante sal die storie vertelling in film- en televisieproduksies verbeter waar hulle diepte en emosies in elke raam sal plaas.

Platejoggies en orkeste: Van die nuutste tot tydlose klassieke musiek, hul platejoggies en orkeste sal die toon stel vir ล‰ onvergeetlike danspartytjie.

Kies uit ล‰ verskeidenheid van musikale samestellings, insluitende:  Stryktrioโ€™s en strykkwartette, Jazz orkeste, Swing orkeste, Marimba orkeste, en Platejoggies.

Solo instrumentaliste sluit in: Violiste, tjelliste, pianiste, kitaarspelers, trekklavierspelers en saksofonis instrumentaliste en vele ander.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Waar begin ล‰ mens?

  • Wassery= geen baadjie vir my pak.
  • Trourok= skeur vyf minute voor die seremonie begin
  • Toespraak= vlymskerp mes
  • Kers en wind= vuur
  • Volgende oggend= ongenooide โ€œgasโ€ verskyn in sy handdoek voor ons deur!

Ek, Jaco, is ล‰ storieverteller. Om oomblikke vas te vang en herinneringe te maak en koester, is van kardinale belang. Natuurlik hol ล‰ mens se verbeelding met jou weg en jy verwag ล‰ sprokies troue waar niks skeef mag loop nie.

Ja, van die mees spesiale oomblikke het natuurlik gebeur; ek wat snot en trane huil toe ek my bruid vir die eerste keer gewaar! Op die ritme van die mooiste musiek saam met my twee Maโ€™s te dans. My oortreflike toespraak, as ekself so mag sรช, en om ons gaste te bederf met onverwagte, heerlike middernagtelike verrassings en versnaperinge. Tรณg, gaan dit vir ons oor meer as dit. Dit gaan oor die skaterlag nรก die tyd, die ou-herinneringe oproep voor die braaivleisvuur, die fotoโ€™s bewonder in ons โ€œChristmas bedโ€ en die besef dat ons, nes Jesus, lief is vir onvolmaaktheid.

Mevrou Engelbrecht, hoe lyk dit met ล‰ glasie wyn op ons stoep om nรณg onvervelige oomblikke te skep?

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Jianni Steenkamp โ€ฆ

Sy is die toonbeeld van grasie, elegansie, professionaliteit en vriendelikheid, met ล‰ werksetiek wat vir stuit vir niks!

Sy wรฉรฉt wat sy wil doen en hoe, maar die voornemende bruidspaar word altyd gekonsidereer!

Gerespekteer deur haar personeel, spoel haar gees van uitnemendheid en inspirasie ook deur na die hele span wat saam met haar werk.  Haar blote teenwoordigheid en die manier waarop sy haarself dra, stel ล‰ voornemende bruidspaar gerus. Hul word op hoogte van alles gehou; vanaf die eerste amptelike ontmoeting tot uiteindelike bevestiging van die kontrak en dan die seremonie, onthaal en uiteindelike nagsรช van die laaste gaste.

Met haar fenomenale werksetiek, kreatiwiteit en ล‰ โ€œons sรกl dit laat werk, kom wat wil,โ€ en ล‰ โ€œuit-die-boks-uit dink houding.โ€ Kan ons net sรช; Jianni boesem vrede en vertroue in, selfs te midde van erge spanning en stres.

Met Jianni het ons nooit teruggekyk nie en is oneindig dankbaar dat ons hierdie spesiale pad kon deel, saam met hierdie beeldskone, onstuitbare blonde bom en kosbare edelgesteente, wat haar alles vir iemand anders sal gee.

Met Jianni was ons troue en alles daarmee gepaardgaande ELEGANT, KLASSIEK, SPROKIESMOOI en ล‰ REUSE sukses โ€ฆ iets waarvan ons kindskinders nog deel sal wees!

Trou Venue:


Vir my, Michelle, 1,096 km van Kaapstad af, was die soektog na my perfekte troulokaal iets gevisualiseer vanuit ล‰ prinses feรซverhaal, maar ek moes vrede daarmee maak, dat ek Jaco se Excel-sigblad, sou moes vertrou met hierdie GROOT soektog.

Gelukkig het my aanstaande bruidegom, met sy analitiese brein en na vele soektogte, my goed genoeg geken om te wรฉรฉt dat een van drie top trou lokale my hart โ€œmaanskyn-en-roseโ€ sou laat klop.

โ€œBrenaissanceโ€œ, ล‰ kombinasie van die eienaars se van: Breytenbach en โ€œNuwe Beginโ€ het ล‰ belofte ingehou van sรณveel meer as waarvan ons kon droom.

Volgens ons, sou die ongekunstelde skoonheid van die natuur, met die Bolandse berge in die agtergrond, groen wingerde en ล‰ pragtige Boranstoet vreedsaam aan wei op die golwende grasvelde vir ons en ons gaste daardie โ€œamper tasbareโ€ gevoel gee van genoegdoening, vreugde en die wete van ons Vader se goedkeurende hand in ons voorgenome huwelik. Die kapelletjie; ล‰ toonbeeld van eenvoud, vrede, lig โ€ฆ en amper asof ons, ons op heilige grond bevind, was perfek vir ons ewige verbintenis.

Klassiek en elegant met ล‰ kleurespel tussen die glas, blommegeure, goud, lig en sagte agtergrondmusiek. Asemrowend mooi, sonder oordaad, maar tydlose grasie, lig uit die kristal kandelare en omring deur kers en glans.

Wat ons gevisualiseer het, het gerealiseer.  Minder is meer.  Brenaissance was die plek waar kleindogtertjie- en klein seuntjie drome wรฉl waar word!

Trou Dekor en Styl:


Minder is mos meer!

Dit het begin met ons ewige gelofte aan mekaar in Brenaissance se lieflike kapel. Pragtig, eenvoudig, dรณg absoluut stylvol en amper asof ons heilige grond betree het met die vrede wat daar geheers het. Twee lieflike ruikers met spierwit rose, โ€œgipโ€ en sagte olyfgroen blaartjies op pilare het die soliede kruis en kansel in die middel aan weerskante omarm.

Onder viool begeleiding het ons uitgeloop en spierwit duif veertjies wat ons geesdriftige gaste op ons en my bruidsruiker van spierwit orgideรซ laat neerdaal het, was verruklik!

Dekor was sprekend van eenvoud, klassieke tydloosheid en elegansie.

Die onthaalsaal, meestal wit. Spierwit tafeldoeke, met tafels vol glas en wit kerse in verskillende groottes was asembenewend mooi. Kristal kandelare en vollengte spieรซls, geplaas op onopsigtelike, maar strategiese plekke het die skoonheid en reinheid van die wit, vrede, vreugde, warmte en lig op ons trou tafel gereflekteer. Die eenvoud van die kerse in lieflike glashouers aan die voetenent van ons bruidstafel, maar sonder enige tierlantyntjies, het die atmosfeer van die onthaalsaal tot iets amper magies verhef!

Ons blomme ruikers op en aan weerskante van ons tafel, saam met die verskeidenheid klere en kleure van ons gaste, het vir die nodige kleur gesorg!

In ons geval was โ€œminder is mos meerโ€ en ons kry nog steeds komplimente vanuit verskeie oorde, ook mense wat nie eers ons troue bygewoon het nie!

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reรซlings:


Dis eintlik heel eenvoudig:

  • Bid saam
  • Bad saam, na die troue!
  • Baklei mooi
  • Vry lelik

Kom ons hou dit kort en kragtig.

Moet nie die 2011 fliek Bridesmaids kyk ล‰ maand voor jou troue nie, net- nou kry jy รณรณk diarree!

Moenie trou-obsessief raak nie, jou pasmaat bly altyd jou eerste prioriteit.

Partykeer โ€œbelowe mense meerโ€ en โ€œlewer hulle minderโ€, dit is oukei, mens mag vir hulp vra.

Moenie op ล‰ โ€œnet eierโ€ diรซet gaan vir twee weke voor jou troue nie, in die proses verloor ล‰ mens jou smaak en jouself!

Vermy vergelyking, ek weet dis moeilik.

As iemand van ver af ry of vlieg om jou troue by te woon, moenie hulle keer nie.

Jy hoef nie jou ma-se-tannie-se-ouma-se-broer te nooi nie.

Hou eerder by een Urbanol op jou troudag.

Vermy tรฉ veel sjampanje of hardehout.

Moenie ล‰ Bruid Zilla of ล‰ Botsbeenbruidegom wees nie, jy wil nog vriende hรช.

Haal asem, jy oordink ALLES!

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het 80 trou gaste onthaal met ล‰ begroting van min of meer R 3,375 per persoon.  Hulle het die troue oor ล‰ jaar tydperk gereรซl met behulp van ล‰ trou koรถrdineerder.

Eerste Dans:


If You Love Her โ€“ Forest Blakk

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: