In hierdie artikel kan Mooi Troues se lesers sien hoe verskillende trou temas kan werk in een trou venue spasie en hoe verskillend ล onthaal lokaal kan lyk as verskillende dekor style geรฏmplementeer word. Dit is altyd moeilik om te sien hoe ล venue spasie anders kan lyk al gebruik mens dieselfde trou diensverskaffers, want gewoonlik is die voorbeelde wat trou venues wys, van verskillende troues met verskillende trou diensverskaffers.
Etienne Botha, ล trou fotograaf gebaseer in Villiersdorp waar die fotosessie plaasgevind het, het met plaaslike trou diensverskaffers van die gebied saamgewerk om drie verskillende trou temas in een spasie bymekaar te sit. Villiersdorp is ล oulike trou bestemming met die mooiste natuurskoon en is redelik sentraal geleรซ. Dit is ล maklike rit weg vanaf die Kaapse Wynlande en so ook vanaf die Overberg en Karoo distrik.
Die Blou en Wit Delft-tema het ล unieke skoonheid wat elke oomblik laat skitter. Die integrasie van die tradisionele โiets oud, iets nuut, en iets blouโ bring ล diepte van betekenis tot die geleentheid. Dit is die mees unieke tema uit die verskillende trou temas in een spasie.
Die sagte romantiese tafel met room en sagte pienk kleure is soos ล romantiese liefdesverhaal wat in die lug hang. Met roomkleure en sagte pienk blomme, het dit ล betowerende effek wat die venue met ล gevoel van liefde en passie vervul.
Die Boheems tema met sy oranje en groen palet bring ล titseltjie van die buitelug se prag na die winterse troue. Elke element in hierdie tema is ล weerspieรซling van natuurlike skoonheid en rustieke styl. Die oranje en groen kleure skep ล visuele vreugde, en die natuurlike tekstuur van die dekor en blomme het ล onweerstaanbare aantreklikheid.
Rol af om meer te lees oor verskillende trou temas in een spasie inspirasie.
Wie het die fotosessie gereรซl?
Dit was ล gesamentlike inisiatief van verskaffers in Villiersdorp. Ons wou gesamentlik wys wat plaaslik beskikbaar is.
Inspirasie agter die fotosessie:
Nadat ล paar verskaffers saam gewerk het vir ล hele paar keer het ons besluit om ล gestileerde fotosessie te reรซl. Elkeen wat betrokke was het sy eie styl en inspirasie na die sessie gebring om die fotosessie sรณ uniek as moontlik te maak.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Almal is verskaffers van die Villiersdorp area, behalwe die rokke het vanaf Somerset-Wes gekom. Hierdie verskaffers is gekies vanweรซ hul uitstaande diens in die area.
Agter die skerms van die fotosessie:
Die goeie nuus is dat omdat hierdie verskaffers al dikwels saamgewerk het, was daar gelukkig geen noemenswaardige probleme nie. Alles het vlot verloop, en daar is selfs gesels oor toekomstige โall inclusiveโ trou verskaffers dienste.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Elke tema het ล unieke skouspel geskep, maar die algehele gemak van die samewerking tussen die verskaffers was die merkwaardigste.
Dekor:
Tema 1:
Blou en wit Delft tema vir vars oggend troue met heelwat something old, something new and something blue. Ons het dit saam met die Acadia rok gepaar het wat deel is van die Elysee reeks wat Jenelize gedra het.
Tema 2:
Sagte romantiese tafel met room en sagte pienk kleure. Ons het dit saam met die Neci rok gepaar het wat deel is van die Blue by Enzoani 2021 reeks wat Megan gedra het.
Tema 3:
Boheems met warm winter kleure soos oranje en groen vir ล winter troue. Ons het dit saam met die Marla rok gepaar het wat deel is van die Blue by Enzoani 2021 reeks wat Lalie gedra het.
Trourok:
Die keuse van die rokke is gebaseer op hul unieke ontwerp en styl, wat naadloos ingepas het by die gekose temas. Ons het ook elke model self laat kies waarmee hulle die gemaklikste in voel. Die wonderlike span by Whimsical Bridal het seker gemaak dat ons die regte rokke kry vir die gestileerde fotosessie.
Venue en Ligging:
Die venue is gekies vanweรซ sy besondere styl en atmosfeer wat dit die perfekte agtergrond gemaak het vir die verskeidenheid temas en rokke. Maricia van Rooyen wat die bestuurder is by Dennehof doen ook blomme en dekor en dus het dit ons besluit maklik gemaak.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Vir paartjies wat hierdie trou inspirasie wil volg, sal ek sรช, wees gewaagd en wees kreatief. Kommunikeer goed met jou verskaffers en verseker dat almal op dieselfde bladsy is. En onthou, ล vreugdevolle samevloeiing van idees kan ล onvergeetlike ervaring skep.
- Fotograaf: Etienne Botha Wedding Photo and Video
- Blomme + Dekor: Dennehof Plaas
- Grimering: Simone Marais MUA
- Hare: Hair by M
- Naels: Nails By Elizma
- Trourok: Whimsical Bridal Somerset West:
- Venue: Dennehof Plaas