Oh, ons is baie opgewonde om Martin en Deomari se prettige verlowing fotosessie in Franschhoek met Mooi Troues se lesers te deel. Hierdie pragtige paartjie se fotosessie bied soveel inspirasie vir paartjies opsoek na idees vir hulle eie verlowing fotoโs. Nie net het hulle moeite gedoen met hul verlowing fotosessie nie, maar ook die perfekte ligging gekies.
Die Franschhoek-Vallei is vir ons die perfekte romantiese bestemming. Mooi Troues het self al by ล hele paar oulike wegbreek bestemmings gaan kuier in Franschhoek. Van die wittebrood bestemmings waar ons al gebly het sluit in La Residence, en Leeu Collection. Dit is so ล pragtige dorpie, perfek vir ล pret verlowing fotosessie soos die van Deomari en Martin.
Deomari en Martin se fotosessie is sรณ stylvol gedoen en jy kan sien hulle het tonne pret gehad. ล Oranje Vespa was ล fantastiese byvoeging tot die paartjie se verlowing fotoโs. Ons hou ook daarvan dat die paartjie formele uitrustings aan het en die wit en swart tema van hul uitrustings. Dit is iets anders vir ล verlowing fotosessie en trek definitief mens se aandag. Die handruiker wat Deomari gehad het, het ook ล baie oulike gevoel aan die fotoโs gegee.
ล Verlowing fotosessie moet pret wees en so stresvry moontlik. Dit is die perfekte tyd om julle trou fotograaf beter te leer ken voor julle troudag. Maak gebruik van jul verlowing fotosessie om enige poseer vrae en advies te vra vir jul fotograaf tydens die fotosessie. Doen bietjie moeite met die verlowing fotosessie, want is eintlik sรณ ล spesiale tydperk in ล paartjie se liefdesreis saam. Gebruik die verlowing fotoโs vir jul trou uitnodigings of trou webtuiste en deel die geluk met jul familie en vriende.
Rol af om meer te lees oor Martin en Deomari se verlowing fotosessie en hul verlowings storie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Martin het van skool af ล ogie op my (Deomari) gehad, maar 10 jaar later tydens die grendeltydperk (Covid) het ons mekaar weer gesien. Albei enkel lopend. Toe het Martin besluit dit is nou of nooit en sy kans gevat en die res is soos hulle sรช, Geskiedenis. Ek kan werklik sรช ek trou met my beste vriend. Want die grendeltydperk het ons die geleentheid gegee om mekaar werklik te leer ken! Ons was 2 jaar saam voor ons verloof geraak het.
Die groot vraag:
Martin het my omtrent verras! Hy het alles self beplan, van die ring, die fotograaf wat wegkruip tot ons vriende en familie wat later vir ons by ล eetplek gewag het. Martin het dit alles in ล kwessie van 2 dae gereรซl. My ouers die Vrydag gevra, vir almal laat weet waar en hoe, laat en Sondag my gevra. Hy sรช hy moes dit sรณ vinnig doen, want ek tel baie vinnig iets op! Martin het my by die proe lokaal van die wynplaas (de Toren) waar hy werk gevra. Hy het my die oggend saam geneem om vinnig iets op te tel by die kelder. Min wetend hy gaan my vra om te trou! Alles was haarfyn beplan en het my wildste drome oortref!
Hoekom ons mekaar liefhet:
Deomari:
My gunsteling eienskap van Martin is sy rustigheid. Hy herinner my gereeld om net te stop en die lewe te waardeer en geniet vir wat dit is. En om nie altyd alles so ernstig op te neem nie.
Martin:
My gunsteling eienskap van Deomari is haar organiserings vermoรซ en haar vermoรซ om so goed na haarself te kyk.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons gaan ล jaar en 2 maande verloof wees voor ons trou.
Die verloofring:
My verloofring is alles wat ek wou hรช en meer. Ek het net vir Martin gewys die tipe steen wat ek van hou en die res het hy alles self gedoen. Ek was aangenaam verras!
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons hoof rede vir ล verlowing fotosessie was sodat ons gemaklik kon raak met ons fotograaf asook fotoโs vir ons trou uitnodiging.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Vir my was dit belangrik om 2 voorkomste te hรช: Een wat my persoonlikheid uitbeeld, die eerste voorkoms, en een wat meer Martin se persoonlikheid is. Ons albei is baie lief vir Franschhoek, dus was dit sonder twyfel die perfekte ligging vir ons fotosessie.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Martin se vrese is nul! Hy is die rustigheid self.
My vrese is dat die prentjie wat ek in my kop het, nie op ons troudag so uitspeel nie. Maar, gelukkig herinner Martin my gereeld dat die dag maak nie saak wat spesiaal gaan wees nie, omdat ons man en vrou gaan raak. Hy weet ook net wat om te sรช om my beter te laat voel.
- Fotograaf: Marelize Bosman
- Fotosessie Venue: Franschhoek
- Verloofring: Ring Artisan Stellenbosch
- Grimering: Helen-Anne Roux