Met opgewondenheid deel ons met julle Frans en Carike se elegante troue met julle. Die paartjie het by ล pragtige trou venue in Pretoria getrou. Hierdie paartjie se troue is definitief een wat jy nie moet mis nie.
Carike het twee trourokke aangehad โ een vir die troue self en dan ล ander vir die onthaal. Frans het net so deftig gelyk in sy donkerblou troupak. Hul troue het ล tydlose elegante gevoel.
Die talentvolle trou bloemis en blom ontwerper, Love Beloved het die paartjie se droom troue laat realiseer. Met die mooiste dekor elemente in skakerings van roosgoud, pienke, tikseltjies groenigheid en swart is hierdie enige paartjie se droom trou dekor. Dit skep ล moderne sprokies trou onthaal waaroor die trou gaste nog jare gaan gesels. Die pragtige blom ontwerpe is lekker hoog bo die tafels gelig wat gaste in staat stel om nogsteeds lekker met mekaar te gesels en lyk ook baie stylvol. Dit trek onmiddellik jou oog as jy by die trou venue instap en werk perfek saam met die venue se rou baksteen mure en die beton vloer.
Jy kon sien dat die paartjie en hul gaste hul troudag vreeslik geniet het en dit ล gesellige kuier was. Beplan jou troue met fantastiese diensverskaffers wat jy in ons trougids kan vind en jy kan net so ล prentjie mooi troudag hรช.
Frans en Carike het ล lieflike wittebrood gehad in die Tuinroete, die perfekte plaaslike wittebrood bestemming. Opsoek na inspirasie vir jou eie troue? Rol af om meer te sien van Frans en Carike se elegante troue en ook meer te lees oor hul liefdesreis.
Paartjie se Liefdesreis:
โWe swiped right!โ Ons het op Tinder ontmoet. Na jare se soek en hoop het ons mekaar uiteindelik gevind. Hy het met my begin gesels na ล dag of twee, ek kon myself nie kry om eerste met hom te praat nie. Hy was te aantreklik vir my, dit was amper intimiderend. Ons het dadelik aanklank gevind en twee weke later het ons ontmoet vir ล glas wyn. Soos in die romans verhale het my wรชreld gaan stop toe ek hom sien vir die eerste keer.
Ons was in die Kaap op vakansie en het op Bloubergstrand gebly vir twee aande. Die middag het ons ล drankie gaan drink in ล restaurant wat uit kyk op die strand. Ons het gaan loop op klippies op te tel. Frans sรช terwyl ek gehurk staan na soek na klippies โKyk die mooi klippieโ en toe ek omkyk hou hy my droom verloofring in sy hand. Ek was so omkant gevang ek het net gevra โVra jy my om te trouโ. Ek het natuurlik ja gesรช.
Die Verlowing Tydperk:
Ons het Desember 2019 verloof geraak en sou 21 November 2020 trou, ons het toe later ons troue uitgestel na 16 April 2021 as gevolg van Kovid. Ons het die troue self beplan.
Trou Begroting:
Ons het begroot vir R150,000 vir die troue. Op die einde het ons R20,000 oor die begroting gegaan, maar ons het wel ekstra geld voor begroot indien dit nodig was. Ons was aanvanklik 110 gaste, en na Kovid het ons verminder na 80. Baie van ons vriende bly oorsee wat ongelukkig dit nie kon bywoon nie.
Al die groot bedrae geld wat ons spandeer het was op goed wat rerig belangrik was vir ons. Frans wou net hรช ek moet gelukkig wees. So hy het heeltyd gesรช โAs jy dit rerig wil hรช my skat, doen ons dit!โ
Trou Begroting advies:
Ons advies sal wees om jou gaste min te hou, die aand gaan sรณ vinnig verby. Jy kom nie by almal uit nie. ล Troue is ook verskriklik duur per kop, so dink mooi oor dit.
Dink wat gaan verewig wees?
Vir my is die hare en grimmering, rok en fotograaf die belangrikste- want jy hou verewig die fotoโs.
Ek is gelukkig om my eie rokke te kon maak en ontwerp, en het nie terug gehou met die gehalte lap nie.
Dan was ek ook verskriklik erg oor die blomme. Ek wou ล mooi troue hรช. Gelukkig ken ek Correen van Love Beloved en het dadelik met die beplanning op haar knoppie gedruk. Dit was verskriklik lekker om vir haar my groot prentjie te verduidelik en sy het haarself oortref. Dit was vir my uit en uit die moeite werd om geld te spandeer op die blomme en dekor.
Ek het ook gedink aan die gaste se geskenkies, soms spandeer mens soveel op iets wat meeste mense op die tafel vergeet. Daarom het ons ล foto hoekie gehad op die troue. En ons gaste was gaande daaroor en dis iets wat hulle verewig kan hou.
Elke bruid het iets wat belangrik is vir hulle. Gaan dink oor wat dit is vir jou en spandeer geld op dit.
Merkwaardigste Oomblikke:
Ons albei is mense wat nie daarvan hou om saam groot groepe mense te kuier nie. Ons hou van intieme oomblikke. Elke oomblik wat ek en hy mekaar kon inneem was sรณ spesiaal. By die kerk inloop en oog kontak maak. Die dominee wat so mooi praat oor ons en ons huwelik. Die oomblik wat ons ouers by ons staan en Marinus (die huweliks bevestiger) ล gebed oor ons uitspreek.
Toe ek en my man die huweliks bevestiging teken. Ek en hy wat fotoโs saam neem en my sussie wat elke nou en dan my rooi lippe weer inkleur. Ek en hy wat langs mekaar kan sit en na die toesprake luister was sรณ spesiaal. Sy sussie en boetie se toesprake wat hom so aangeraak het. My ouma wat net skuins voor ons sit en my pa wat oor haar iets kon sรช. Almal het ons verskriklik geseรซn met hul woorde.
Die fotoโs wat ons kon neem saam die gaste in die foto hoekie en natuurlik die eerste dans. Al die klein intieme oomblikke was vir ons die mooistes.
Vir my was een van die merkwaardigste oomblikke om my pa en ma te sien vir die eerste keer. Een van my grootste drome vandat ek ล kind was die oomblik wat my pa langs my kon staan, met my droomrok en die kleurvolle ruiker en my by die kerk inloop. Ek onthou daardie oomblik soos gister wat hy my sien en vir my ma vra โIs dit Kriekie?โ. Agter elke oomblik is daar ล groter storie. Die was vir my belangrik omdat ons my pa al paar keer amper moes afstaan aan die dood. Diรฉ oomblik was ล groot voorreg vir my.
Die Besluitnemingsproses:
Ek het meeste van die finale besluite geneem. Nie omdat Frans nie betrokke was, of wou wees nie. Hy wou hรช ek moet gelukkig wees. Die belangrikste ding vir hom was om met my te trou. Anders as dit was hy nie veel gepla nie, ek is ook goed met beplanning en as ek ล visie het is ek baie goed met die ideรซ bymekaar sit en die regte mense aanboord kry om dit te maak gebeur. Ek is ook gelukkig om vriende te hรช in die trou industrie wat ons verskriklik goed kon ondersteun en lei.
Ons is al ouer en het die troue self betaal. Beide ons families is nie mense wat van natuur inmeng nie. Ons het mense betrek wat professionele advies kon gee. Een van my assistente het my gehelp om my rokke te pas, ek het haar raad en advies vertrou, sowel as een van my bruidsmeisies. Sy was my lektor by die mode-ontwerp skool en my mentor. Ek het haar insette waardeer. My sussie sou ons help met die trou uitnodigings. My ma met admin voor die troue. Correen met die blomme en dekor. Ons het ล goeie span gehad wat ons kon dra en ondersteun.
Paartjie se styl:
Ek is verskriklik geรฏnspireer deur Prinses Diana. As kind het ek myself verkyk aan haar dramatiese, tydlose en elegante rok. Die lang sluier en slee van die Prinsesse se rokke is ek mal oor! Daar is vir my niks mooier nie. Ons styl is definitief tydloos en elegant, maar dramaties.
Ek het twee trou rokke gehad, my eerste rok was die tipiese prinses rok. Baie eenvoudig maar met detail. Ek het โsilk organzaโ gedrapeer oor die skouers om die โMarilyn Monroeโ tipe af-skouer effek te kry. My hare en grimmering was ook geรฏnspireer deur haar kenmerkende rooi lippe en die 1950โs haarstyl. Die rok het ล verskriklike lang sleep gehad met knopies tot onder. Die sleep kon af klip. My sluier was nog langer wat geรฏnspireer was deur prinses Diana. Later die aand het ek ล boheemse rok aangehad met vere, vol kant, groot moue en ek het krale werk oral op die bo-kant van die rok gedoen. Die was my partytjie rok.
Frans se troupak was elegant met ล โflairโ. Hy het ล blou pak aangehad met ล wit hemp, leer belt, das en skoene, met โCaptain America cufflingsโ. Die blou lyk vars en pas perfek by sy groen oรซ en rooi hare.
Ons trouringe was tydloos en baie skoon ontwerpe. My verloofring is ล โradiant cutโ en my troupand is gemaak om om die verloofring te pas. Frans se ring is roosgoud met ล silwer randjie met ons troudatum in gegraveer en die woorde โLove you 3000โ.
Die โnie-so-perfekโ oomblikke:
Dit sou lekker wees as daar nie ล aandklokreรซl was nie, ons moes baie dinge indruk in ล kort tydperk. Dis al wat ons troue beinvloed het of dalk meer stresvol gemaak het, asook al die grendeltydperke.
Spesiale Tradisies:
Ons het amper al die normale tradisies gehad. Van die lang sluier tot die kousband. Niks anders of nuut nie. Ons het gehou by die ou resep en dit het gewerk. Ons het die toesprake gehad, eerste dans, pa en dogter dans en die kousband.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Aan die dames:
Begin vroegtydig met die beplanning om stres te voorkom. Gebruik verskaffers wat jy gemaklik mee voel en vertrou. Beplan alles so goed as moontlik, maar wees ook oop vir veranderlikes. Soos die weer kan jy nie beheer nie, berei eerder jouself voor dat dit kan gebeur dan is jy nie teleurgestel nie. Niemand gee om oor maer jy is, of hoe duur jou venue of blomme was nie. Doen alles vir jou en jou man en julle as ล paartjie. Moenie te veel mense se opinies vra nie. As jy hou van iets en iemand anders nie. Dis jou dag, kies wat jy wil hรช.
Aan die manne:
Beplan vroegtydig, kry jou troupak skoene en alles wat jy kan vroegtydig uitsorteer en beplan om die stresvlakke nader aan die tyd te verminder. Mans is soms bang vir die emosionele kant van dinge. Ek en Carike het gegaan vir voorhuwelikse voorbereiding een keer ล week vir 6 maande en dit het ons verskriklik goed gehelp met klein en groot goed wat wrywing kon veroorsaak in die huwelik. En om mekaar op ล ander vlak te verstaan wat ons nie self sou kon ontdek sonder die kursus nie.
Venue & Dekor:
Ek het lank na venues gesoek (my man werk voldag, ek kon deur die week gaan kyk het saam my sussie en ma).
Ons wou iets modern hรช met baie spasie en mooi tuin, glad nie โrusticโ nie.
Ons wou eintlik so vinnig as moontlik trou, so ons wou nie tyd mors deur nie vroeg genoeg ล venue te boek nie. Ek het na paar venues gaan kyk en kon glad nie kry waarna ons soek nie. Ek het vir Correen gebel, want sy ken al die venues, en my. Sy het genoem sy was nog nooit by De Harte nie, maar sy het al van hulle fotoโs gesien en sy dink dit pas verskriklik goed by my persoonlikheid. ล Dag of twee later het ek na De Harte gaan kyk saam my Ma. Ek het in die eerste 5 minute gesien die presies wat ons gesoek het. Ek het die deposito betaal nog voor Frans die venue gesien het. Hy was ook mal oor De Harte volgens die fotoโs en nog meer nadat hy dit gesien het.
Ek wou groot blomme rangskikkings hรช wat dramaties, kleurvol en stylvol is. Met pienk handruikers en baie pienk in die rangskikkings. Eendag het ek by Correen gaan kuier en sy het my in haar stoorkamer deur laat stap en ek kon al die dekor uithaal waarvan ek hou. Ek hou verskriklik van โmatt blackโ en โrose goldโ. So het ek ล paar items neergesit, en vir haar gesรช sy kan gebruik wat sy voel werk. Ek soek boos pienk en swart kerse, (die ideรซ het my herinner aan die sprokie โBeauty and the Beastโ waar hulle in die kasteel sit om die etenstafel). Sy het die โmock tableโ gedoen nader aan die troue en dit was perfek.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons heel gunsteling verskaffer was by ver Coreen en Deon van Love Beloved. Ons sou beslis nie ons droom troue kon hรช sonder hulle nie. Ek het nie een oomblik gestres oor die blomme, dekor of ruikers nie. Sy het vroeg opgestel en was op tyd. Sy het altyd geantwoord as ek bel, en as ek iets wou by sit of wegvat was haar antwoord โMens natuurlik, dis jou troue jy kan kry net wat jy wil!โ Niks was ooit te veel vir haar nie. Ek moet ook net noem sy het die dekor vir ons verniet gegee en die arbeid van die blomme was verniet. Sy het die nie gedoen vir die geld nie, so wou ons net seรซn met die verskriklike groot persent, want dit is wie hulle is. Sy en haar span is onvervangbaar.
Die kos op ons troue besonders lekker! En meeste van die gaste het gegaan vir ล tweede skeppie. Mynderd van Essen Eatery het ons troukoek gedoen as ล trou geskenk en dit so spesiaal gedoen deur die geure te gebruik in die verskillende lae waarvan ek en my man die meeste hou.
Ek moet die platejoggie ook uitwys- Steven van 4 Seasons Mobile Disco. Alles het vlot verloop en die foto hoekie was ล gaste gunsteling.
Lurika van die trouvenue was verskriklik hulpvaardig en genadig deur die Kovid proses. Ons is baie dankbaar vir hulle.
Marinus van Married by Marinus is ล absolute seรซn. Hy is regtig die โcoolsteโ dominee. Amper al die gaste het my na die tyd laat weet dit was een van die mooiste seremonies. Die huweliks sessies wat ons voor die tyd gedoen het was baie spesiaal.
Vermaak:
Ons het ล platejoggie gehad op ons troue met die foto hoekie. Met die vingerhappies was daar gegeurde gin saam die kos wat die gaste kon geniet.
Wittebrood:
Ons het beplan om Zanzibar toe te gaan maar as gevolg van Kovid het ons dit eerder in S.A. gehou. Ons was na Knysna toe na Pezula Resort Hotel. Dit het ons verwagtinge ver oortref met die kaggel in die kamer, die uitkyk op die hele Knysna. Die dek met die swembad en verskriklike lekker drankies. In die aande kon jy ook die verhitte swembad, stoomkamer en sauna bespreek vir net julle twee. Daar is pragtige stap roetes in die omgewing. Dit was perfek vir ล wittebrood om net te ontspan en af te sluit en tyd saam te spandeer na al die beplanning.
Later het ons in die Private Paradise boom huise gaan bly wat uitkyk oor Knysna se strandmeer. Dit was verskriklik mooi in die natuur en baie ontspannend. Ons het lekker vars vis geรซet en wyn gedrink.
Eerste Dans:
Ons het gedans op die trou weergawe van die sang-groep Safety Suit se Never Stop. Dit was die liedjie wat Frans vir my gestuur het vroeg in ons verhouding eendag oppad werk toe. En gesรช dis hoe hy oor my voel. E k onthou ek het begin huil en dit is nogsteeds baie spesiaal.
Ons sou ล bietjie meer waaghalsige dans wou aanpak. Ongelukkig het Frans ล week voor ons troue uitgevind hy het ล maagbreuk en hy moet eintlik opereer 2 dae voor ons troue. Hy het die operasie uitgestel tot na ons wittebrood. Maar ons moes ons dansie aanpas sodat hy my nie kan optel of โdropsโ doen wat ons oorspronklik beplan of geoefen het nie. Ons het nie gegaan vir lesse nie. Ek het ล paar jaar op skool โballroomโ danse gedoen, glad nie professioneel nie, maar ek het genoeg kennis gehad om ล dansie bymekaar te sit. Die โdancing on the cloudโ opsie van die platejoggie het ook gehelp om die voetfoute weg te steek as gevolg van die senuwees.
- Blomme + Dekor: Love Beloved
- Bruidegom-pak: Love Beloved
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ล diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: NDW Photography
- Venue: De Harte
- Fotohokkie + Gaste Geskenke: 4 Seasons Mobile Disco
- Grimering + Hare: Melissa Minne Bridal
- Huwelik kontrak: Easy ANC
- Huweliksbevestiger: Married by Marinus
- Juweliersware: Lovisa
- Koรถrdineerder: De Harte
- Platejoggie: 4 Seasons Mobile Disco
- Paartjie se verblyf: De Harte
- Strooijonkers bykomstighede: Carike Nel Designs (Strikdasse)
- Skoene: Truworths
- Strooimeisie-rokke: Carike Nel Designs
- Trourok: Carike Nel Designs
- Trouring: Ingalore
- Troukoek: Essen Eatery
- Wittebrood plek: Pezula Hotel + Paradise Private