Sprokie in die bos gestileerde fotosessie

Paartjies wat daaraan dink om ʼn opelug trou in ʼn bos te hou, sal sommer baie inspirasie vind in dié bos gestileerde fotosessie hier onder.  ʼn Groep dames wat in die trou industrie werk het alle pogings saam gespan om ʼn ongelooflike inspirerende fotosessie te beplan.  Lize vertel ons dat dit ook ongelooflik warm was op die dag van die fotosessie en al die elemente wat kon verkeerd loop het hul ʼn groot sukses daarvan gemaak.

Die groepie dames deel ook hul kennis met Mooi Troues se lesers om te sorg dat as jul die inspirasie volg dat dit net so ʼn reuse sukses sal uitdraai.  Rol af en geniet die inspirasie.

Wie het die fotosessie gereël?


Karooboksie Succulent Flowers (Lize Beukes) | Mia’s Make-up (Mia Esterhuizen) | Towergoed Decor & Flowers (Marquerite Schutte)

Inspirasie vir die fotosessie?


Die fotosessie het op Knorhoek plaasgevind by Towerbosch Aardskombuis.  ʼn Plaas baie na aan ons harte.  Dit het net reg gevoel om die sessie daar te beplan.  Die bos area net langs Towerbosch lyk so mooi die tyd van die jaar en ons het nog altyd die idee gehad om ʼn betowerende fotosessie te beplan.  Ons wou graag die bos gevoel skep met donker palm blare, sukkulente en dekor elemente wat daarby sou pas.  Die weer het so mooi saamgespeel en ons kon toe die ongelooflikste oomblikke vasvang tydens sonsondergang.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons het natuurlik besluit om diensverskaffers deel te maak wie se werk ons ken, maar behalwe dit – moderne, passievolle en onafhanklike vroulike entrepreneurs!  Almal wat deel was van die sessie het hul eie besighede in die trou-industrie.  Dit is ongelooflik om te sien wat gebore word uit ‘n kombinasie van vroue wat saam glo in wat hul doen.  Dames wat hul roeping uitleef en met ander kan deel.  Saam het ons toe besluit om ons kreatiewe idees en liefde vir als wat mooi en ispirerend is vas te vang met hierdie fotosessie.

Agter die skerms inligting van die fotosessie


Die rokke wat ons gekry het vir die fotosessie moes 100% skoon teruggaan na die verskaffer.  Omdat die fotosessie in die bos was, moes ons seker maak dat daar geen takkies of grassies vas sit in die rokke nie.  Muggies en muskiete het dit ietwat moeilik gemaak, dit was 35 grade daardie dag!  Dit het omtrent baie konsentrasie geverg tydens die fotos om seker te maak dat niks met die rokke gebeur nie.  Verder kon ons die tyd ook gebruik om weer lekker te gesels en op te vang met nie net trou industrie praatjies nie, maar ook daar te wees vir mekaar as vriendinne.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Net om te sien hoe als bymekaar kom.  Om ‘n fotosessie te beplan verg baie tyd en moeite uit almal se kosbare skedules, veral dié tyd van die jaar.  Dit was so mooi om te sien hoe almal dadelik deel geraak het van die sessie en hul beste gegee het.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Dit is nie nodig om ten duurste groenigheid aan te koop nie.  Daar skuil soveel mooi groen in jou tuin wat kan gepluk word.  Spuit gewone wit kerse groen of swart om die donker gevoel te skep.  Kombineer dit dan saam met goue kershouers om die kleur uit te bring.

In plaas van plein wit servette, gebruik ‘n donkergroen lap servet of iets met ‘n patroon wat mooi sal uitstaan op die tafel.  Die inspirasie werk goed op rou hout tafels sonder tafeldoeke.  Gebruik dalk ‘n loper om die tafel mooi af te rond.  Tule lopers gee daardie sagte betowerende gevoel wat dan die hele konsep mooi bymekaar sal bring.

Gebruik ook die bos tema op die trou-skryfbehoeftes, voeg blaartjies en groenigheid op die tafel-plasings, naam kaartjies en spyskaarte.  Vuilpienk gaan ook baie mooi saam met die konsep om ‘n meer sagter en romantiese gevoel te gee.  Indien daar besluit word op ‘n bos troue, maak seker dat die regte venue gekies word.

Dink aan ‘n 2de opsie indien die weer nie gaan saamspeel nie.  Kry ‘n Bedouin tent om die onthaal te dek, dit sal help met beskutting asook bydrae tot die atmosfeer.  Kombineer die gevoel met baie kerse en beligting om jou sprokies bostroue te skep.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: