ʼn Span diensverskaffers het bymekaar gekom om ʼn gestileerde fotosessie te reĂ«l en wat diĂ© gestileerde fotosessie sĂ³ spesiaal maak is dat die Vrystaat plaas venue nog splinternuut is. So splinternuut dat hul die oggend voor diĂ© fotosessie getwyfel het of die bouers gaan klaar wees en die venue gereed sal wees later die middag vir die fotosessie … Ons hoop ons sal nog baie van die splinternuwe venue op Mooi Troues sien. Ons beveel aan Mooi Troues se lesers gaan loer hier onder sommer na die spoggerige foto’s.  Paartjies wat beplan om in 2019 te trou, ons by Mooi Troues hoop diĂ© gestileerde fotosessie bied jul baie inspirasie.

 Wie het die fotosessie gereël?
Die fotosessie was gereël deur Gerda.

Hoekom is diensverskaffers gekies om saam te werk?
Die span is so saamgestel omdat elkeen hulle eie perspektief en ondervinding saambring wat, wanneer alles saamgevat word, ʼn unieke geheelbeeld skep wat dien as inspirasie vir paartjies wat hulle eie troue begin beplan. Fotograaf Stefan het model Kelsi platteland toe gebring vir hierdie sessie. Ontwerper Werner Dey het rokke gekies wat hy gevoel het pas by ons pragtige model vir die geleentheid. Almal was baie opgewonde oor Opari se pragtige skoene wat ons fotosessie net mooier gemaak het.

Agter die skerms inligting van die gestileerde fotosessie
Die venue was in die finale afrondings fase van ʼn nuwe bou-projek. Gerda sĂª toe sy die oggend van die fotosessie die venue vinnig besoek was sy bekommerd omdat dit glad nie gelyk het of werk op die perseel voor die middag afgehandel sou wees nie.

 Spesiaalste deel van die fotosessie?
Eienaar van die venue ElmĂ© sĂª dit was die uitdrukking op Gerda se gesig toe sy die eindproduk van die venue sien toe hulle na hare en grimering die saal instap en die gedekte tafel sien. Gerda sĂª ja dit is en verseker ook die koek wat ElmĂ© so vinnig gebak en versier het ʼn paar ure gelede vir dekor!

 Advies vir paartjies wat die inspirasie wil volg?
Neem inspirasie uit die natuur se verskillende elemente, byvoorbeeld sonsondergange en grasvlaktes en bring jou eie unieke speelse element in om julle troudag uniek aan julle as paartjie te maak. ʼn Ontwerpers trourok gee ʼn toekomstige bruid die gemoedsrus dat haar rok haar figuur op haar troudag sal komplimenteer.

- Fotograaf: Wedding and Lifestyle Photographers
- Venue: Klokfontein Wedding & Game Farm
- Model: Kelsi Holz
- Rok: Werner Dey
- Skoene: OpariÂ
- Hare: Marlize Niewoudt

