Vandag deel ons Gwendal en Andrea se troue. Dis beslis nie net nóg ‘n klassieke wit troue nie. Hierdie paartjie het in Hamburg ontmoet en kort voor lank geweet dat hulle die res van hul lewens wil saam spandeer. Gwendal het toe die groot vraag gevra en natuurlik het Andrea die Ja-woord gegee. Hulle wou ‘n spesiale geleentheid met net die mense wat regtig spesiaal is vir hulle, hê. Dus was Andrea se ouerhuis die perfekte plek vir die paartjie om hul mooiste dag te hou. Die huis het perfek ingeskakel by die bruid se styl wat boheems is. Hulle het ‘n warm en gesellige atmosfeer geskep deur hul keuses van spyseniering en vermaak.
Andrea het uitsonderlik gelyk in haar rok wat in teenstelling is met die tradisionele trourokke wat meeste bruide kies vir hul dag. Die paartjie se troufoto’s lyk nie net pragtig nie, maar ook gemaklik. Die omgewing het ook goed ingeskakel by hul tema en drag wat die geheel prentjie pragtig afgerond het. Hierdie is beslis ‘n styl wat Mooi Troues sal aanbeveel vir die bruid en bruidegom wat nie teveel gepla is om die reëls effens te breek op hul groot dag nie.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons het in ‘n kroeg in Hamburg, Duitsland ontmoet op ‘n Donderdagaand. Beide van ons het na werk met kollegas uitgegaan vir ete en drankies. Dit was wonderlik vir my om iemand te ontmoet wat Engels kon verstaan en praat en ons het dadelik gekliek. Hy het my nommer geneem en ons het ‘n paar dae later op ons eerste afspraak gegaan. Van daardie dag het ons mekaar elke dag gesien en het kort voor lank geweet ons is bedoel vir mekaar. Sy liefdevolle gesindheid en ons eenderse waardes, al is ons van twee verskillende kontinente, het my meestal aangelok tot Gwendal.
Vertel ons meer van die troue se styll
‘n Groot sprokies troue was nog nooit my droom nie. Die belangrikste vir ons was net om ons troudag met ons naastes te deel. Dit is amper onmoontlik om ‘n venue te kry sonder dat dit in ‘n groot troue ontaard. Ons het toe een van my gunsteling venues gekies, my ouers se huis. My kunstenaar ma, met die hulp van Gerrit Snyman, het die huis omskep in ‘n Boheemse Marokkaans kunswerk. Met volle vertroue, het ek alles aan hulle oorgelaat en was net so verras soos die ander gaste op die dag! Dit was alles wat ek wou gehad het dit moet wees.
Vertel ons meer van jul wittebrood
‘n Week na ons troue, het ons weer ons troue gevier by ‘n Chataeu in Frankryk met al my man se familie. Omdat ons reeds in Europa sou wees, het ons besluit om Griekse Eilande toe te gaan vir ons wittebrood, ‘n plek waar beide van ons nog nie was nie. Dit was asemrowend gewees! Ons het natuurlik na die twee mees populêre eilande, Mykonos en Santorini, gegaan. Ons het die eilande plat gery met ‘n motorfiets en elke dag nuwe afgesonderde strande of restaurante ontdek. Die kos was natuurlik ook een van die hoogtepunte!
Wat sou julle verander as julle kon?
Daar is nie regtig veel wat ek sal verander nie. Ek dink my grootste fout was om nie ‘n Maitre’D te hê op die dag om na al die personeel oor te sien nie. Tweedens, met die kos, het ons verskillende verskaffers gehad, aangesien daar verskeie Marokkaans kos ‘stalletjies’ was. Dit sou makliker en minder stresvol gewees het as ons een spysenierings maatskappy gehad het, hoe minder diensverskaffers, hoe beter. Maar dan weer, sou dit nie dieselfde effek gehad het nie.
Wat is jul advies aan ander paartjies?
Die gastelys is altyd moeilik! Ons het besluit om net ons familie en naaste vriende te nooi. Selfs dit het tot by 70 gaste gaan draai. Dit het die dag net baie meer spesiaal gemaak – almal wat daar was, was ons naastes in een vertrek. Moenie sleg voel as jy nie jou ou skool vriende nooi wat eens op ‘n tyd ‘n groot deel van jou lewe was nie, daar is ‘n rede hoekom jy hulle so lanklaas gesien het. Vermaak is baie belangrik, en as jou musiek reg is, is jou troue outomaties lekker! Ons het ‘n Spaanse vrou gehad wat gesing het met ‘n man wat dromme gespeel het en dit het onmiddellik die atmosfeer geskep en die partytjie laat begin.
Wat was jul begroting vir die troue?
Ons het nie regtig ‘n begroting neergelê nie, maar het geweet ons wil nie honderde, duisende rande spandeer op een dag nie. Ons het nie teruggehou nie, maar het ook nie oorboord gegaan nie. Omdat dit ‘n huis troue was, het ons gespaar op die venue se kostes en drank pryse. Dit is skokkend hoe vinnig alles optel. Ek het oorspronklik gedink die troue sal nie meer as R70,000 kos nie, maar was amper dubbeld daardie getal.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Trourok: Johnny Was (Amerikaanse ontwerper. het dit in boetiek in die VSA gevind)
- Sluier & Haarstuk: Stefania Morland (Suid-Afrikaanse ontwerper in Kaapstad)
- Dekor & blomme: Gerrit Snyman, Royal Blu
- Hare: Salome de Wet van Scar Hair
- Grimering: Marzanne Gericke
- Spysenier: Gusto het die Paella gemaak; Anat het die Schwarma opstal gehad; Nagereg was gemaak deur Cupcake Magic; en die res deur my moeder.
- Vermaak: La Turbina
- Kroeg en personeel: Perfect Serve
- Fotograaf: Nicola Bester
- Platejoggie: Audio Pimps