Richard & Yolandie se oud-wêreldse glans troue in die Oos-Kaap

Richard & Yolandie het al voorheen op Mooi Troues verskyn met hul verlowing fotosessie wat jul kan sien is ‘n kontras tot die styl van hul troue, volg die skakel om Richard & Yolandie se strand verlowing te sien.  Ons is opgewonde om nou Richard & Yolandie (25) se troudag, 8 Julie 2017, met Mooi Troues se lesers te deel.  Die troue was gehou in ‘n oud-wêreldse sjarme venue in die Oos-Kaap en daar was 100 gaste onthaal.  Op Mooi Troues kry ons nie kans om baie Oos-Kaap troues te deel nie, maar as ons die kans kry slaan die provinsie ons asems by Mooi Troues weg.  Jul kan hier na meer Oos-Kaap troues loer.  Rol af en kyk na die pragtige kiekies en ons belowe jul ons sal van ons lesers oorreed om ‘n bestemming troue te hou in die Oos-Kaap.

       Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het mekaar ongeveer 15 jaar gelede, in graad 4, op skool ontmoet.  Van toe af het ons vriendskap saam met ons gegroei, regdeur ons skool- en universiteit loopbaan.  Dit was eers in 2014 wat die romanse vlam gevat, alhoewel Richard blykbaar al van graad 4 af ‘n ogie op my gehad het.  Vandag is ons steeds mekaar se ‘beste vriend’ en nog soveel meer.  Soms bots twee sterk persoonlikhede wat weet presies wat hulle uit die lewe wil hê, maar in ons geval is dit juis wat ons na mekaar aantrek.

Vertel ons meer oor die styl van jul troue?


Ons venue was die Veremarksaal in Port Elizabeth.  Dit is ‘n ikoniese, glansryke gebou wat reeds in die 1870’s opgerig is met die groot aanvraag na SA volstruis vere.  Ons het dit gekies omdat dit die gevoel skep dat jy in ‘n ander, meer glansryke en gesofistikeerde, era instap.  Die kenmerkende 14m hoë pyporrel, hoë plafon en luukse trappe-stel dra by tot die ervaring van ‘n oud-wêreldse glans.  Die tema en styl van ons troue is geïnspireer deur die “ou-Hollywood-glans” atmosfeer van die venue – baie dramaties en glansryk.

Was julle met wittebrood?


Ons het die oggend na die troue met ons 2409.9km lange padreis begin tot by Umngazi River Lodge.  Daarna is ons na die sprokiesagtige Drakensberge toe waar ons by Cathedral Peak Hotel en Sani Valley Lodge gebly het.  Op pad terug het ons n paar aande by Oceana Beach and Wildlife Reserve gebly, waar ons verloof geraak het.

Die trourok en pak het saam met ons gereis sodat ons ‘n fotosessie daarin kon doen tussen die Drakensberge (die keer sonder gaste wat wag vir die onthaal).

My man het die perfekte wittebrood vir ons beplan en laat realiseer.  Ek is oneindig dankbaar dat ek die mooiste versteekte juwele van ons land saam met my man kon ervaar en sal die herinneringe vir ewig koester.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Aan die troue self sou ons nie wou verander.  Daar gebeur goed wat buite jou beheer is en dis deel van trou!  Aanvaar dit so, die gaste gaan nie eers bewus wees daarvan nie.  Maar maak seker jy het halfuur voor die seremonie tyd vir jouself saam met jou ouers of hoof-strooimeisie.  Na al die voorbereiding, hare, grimering en fotos, wil jy gou asem skep voor die spesiaalste oomblik van jou lewe aanbreek.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?

Besluit van die begin af wie verantwoordelik is vir die beplanning van wat.  Byvoorbeeld gaan jou verloofde help met dekor, blomme ens of net met die drankies en strooijonkers? S tel lysies op met afsnydatums.  As jy iets delegeer maak seker dit word gedoen (hierdie tel vir vriende en verskaffers).  Bruidjies, vat ‘n paar gemaklike skoene saam en steek dit weg onder die hooftafel.  As jy of jou man geneig is tot kopsere of enige pyne, maak seker jou hoof-strooimeisie het pynpilletjies byderhand.  En die belangrikste, maak tyd vir voorhuwelikse berading by die dominee wat julle gaan trou.

Wat was die begroting vir jul troue?


Die belangrikste is om van alles boek te hou en seker te maak jy bly binne wat jy, jou man en ouers voel is aanvaarbaar.  Dit verskil vir almal.  Baie geld kan gespaar word as jy tyd insit. Byvoorbeeld sekere blomme is baie duur, vind uit oor alternatiewe wat amper presies dieselfde lyk.  Besluit ook waar jou prioriteite lê: met wat is jy bereid om te sny en waar laat jy jouself toe om te spandeer.  Onthou Pinterest-perfekte troues is ‘n modegier (en redelik onrealisties), jou troue gaan oor julle liefde en eenheid en die res maak eintlik nie saak nie.


Ons het ook ons eie “Spaar-die-Datum video  gemaak. My man (ook bekend as Ratel) het dit self verfilm en bymekaargesit:

Diensverskaffers: