Shaun en Charise het daardie tipiese liefde met die eerste oogopslag ontmoeting gehad en dadelik geweet hulle is bedoel vir mekaar, hulle het ook sommer gou โn paartjie geword daarna. Die twee se fotosessie is werklik iets besonders en wys presies hoe mooi ons Moederstad, Kaapstad, is. Die paartjie wou graag ander tipe fotoโs neem as hul gewone natuurskoon fotoโs en het daarom besluit op die stads geรฏnspireerde fotosessie wat die perfekte balans tussen geposeerde fotoโs en natuurlike interaksie gehad het. Gaan kyk gerus onder as jy ook inspirasie soek vir โn soortgelyke fotosessie. Lees beslis ook hul ontmoetings verhaal as jy mal is oor โn liefdesverhaal wat heel toevallig gebeur het.
Hoe het julle ontmoet en watter eienskappe trek jul aan tot mekaar?
Ek en Shaun het toevallig ontmoet deur familie een Saterdag oggend, ons het dadelik geweet dat daar iets anders, iets spesiaal was tussen ons. Shaun was op pad Johannesburg toe om vir iemand anders te gaan kuier, maar het kanselleer nadat ons ontmoet het. Ons eerste ontmoeting het geรซindig met ons eerste soen aan die einde van die aand. Ons het net geweet hierdie is ons โvir altydโ.
Vertel ons meer van julle verlowing?
Op ons toer na Mosselbaai toe het ons vir โn paar dae by my Oupa en Ouma gekuier waar Shaun my Oupa gevra het of hy met my mag trou. Tussen Somerset-Oos en Mosselbaai het ons besluit om iewers oor te slaap. Ek het โn plekkie in Knysna geboek en ons het daardie aand verloof geraak tussen die bome met kerse op ons stoepie. Min het ek geweet dat Shaun die hele pad met die ring in sy rugsak rond gery het, met geen vaste plan waar, wanneer of hoe hy my gaan vra nie. Die oomblik was net perfek.
Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Wie wil nie โn fotosessie in Kaapstad se middestad doen nie? O ns wou iets anders as die gewone strand of bos fotosessies doen, nie dat dit nie mooi is nie, maar omdat ons iets anders wou hรช om teen ons mure te hang. Dit beeld ons verhouding so mooi uit.
Vertel ons wat is jul droom troue?
Ons het besluit op โn intieme troue in Pretoria-Oos met slegs ons naaste familie en vriende. As ek my sin gekry het sou ons โn wegloop troue in die Kaap gehou het met slegs die dominee en โn fotograaf, maar Shaun het gewen.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Striped Fox Photography
- Grimering: Madeleine Conradie
- Fotosessie Koรถrdineerders: A Burst of Life