Ons by Mooi Troues hou baie van โn paar elemente van Matt en Carien se troue en dus is ons opgewonde om die paartjie se troue met ons lesers te deel vir inspirasie.
Die dekor het die venue vreeslik mooi gekomplimenteer. Die dak was drapeer met blomme en die groot glas vensters het die gevoel gebring dat buite ook deel is van binne. Die blomme was eenvoudig wit met baie groen en dit was vir ons by Mooi Troues ontsettend mooi . Die tafels was ook nie oordonderd versier met te veel blomme en dekor nie.
Carien deel advies vir paartjies wat nog hul troue beplan en dit is definitief die moeite werd om aandag op haar advies te fokus.
Mooi Troues het ook gehou van die sokkies wat Matt gedra het, dit gee โn vrolike element aan sy uitrusting.
Blaai deur die fotos en word inspireer met die mooi troue.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
As ล student het Carien ล koshuis huis-dans bygewoon met ล ramp vir ล metgesel. Die aand was nog jonk toe Carien die metgesel pos en die jong-klomp Stellenbosch se dorp invaar. Matt het Carien tussen die kuier gewaar en vir haar ล roos gevat.
Carien: Die man het my omtrent van my voete afgeslaan en sy vriendelikheid en ordentlikheid het my altyd bygebly.
Matt: Carien was beeldskoon daardie aand, ek kon nie my oรซ van haar afhou nie. Toe ons begin gesels het ek vinnig besef watse interessante en intelligente vrou sy is.
Met mekaar altyd in die agterkop het ons padjies eers verskeie draaie geloop voor ons uiteindelik weer mekaar gevind het.
Wat was die inspirasie vir die styl van die troue?
Die argitektuur van die gebou by Belair het ons albei oombliklik geรฏnteresseerd gehad. Ons hou van rigiede vorms gekombineer met natuurskoon, dus was Belair ล voor die hand liggende keuse vir ons onthaal. Die interieur van die saal het interessante argitektoniese lyne met jasmyn blomme wat die hardheid sagkens afrond. Die groot glas vensters skep ook ล gevoel van spasie en die jasmyn wat die lokaal binnedring gee ล gevoel van binne is buite en buite is binne. So, die oorhoofse tema was maar geรฏnspireer deur die onthaalsaal self en die omliggende area.
Ons wou die saal komplimenteer en die uniekheid aksentueer. Daarom het ons besluit op eenvoudige kerse op die tafel met groenigheid wat die groen van die jasmyn repeteer. My gunsteling tema stuk van die troue was ons klein unieke self geplante plantjies wat as gaste geskenkies gedien het. Die plantjies was individueel gegroei en gekoester vir maande en het die persoonlikheid van die troue en tema perfek gedemonstreer.
Was julle met wittebrood?
Die wonderlikste avontuur! Ons het gereis na Egipte! Ons is albei Reis โjunkiesโ en wou ล avontuurlustige en opwindende wittebrood gehad het. Die bestemming was hoog op ons albei se reis lys. Ons het die wittebrood begin in Kaรฏro, vandaar het ons al die ongelooflike besienswaardighede besigtig in ล wandel van geskiedenis, kultuur en landskap. ล Vaart op die nyl in ล felucca was een van die hoogtepunte asook die interaksies met die plaaslike mense en kinders. Aan die einde van die vakansie het ons ล paar dae spandeer by ล vakansieoord by die Rooisee waar ons andere aktiwiteite soos scuba duik, Vierwielmotorfiets, spa en swem geniet het. ล Onvergeetlike vakansie van liefde en lewe!
Wat sou jul verander het as jul kon?
Ek, Carien, sou beter uitgekyk het vir lukrake rooiwyn glase wat rondstaanโฆrooiwyn en ล trourok is nie maats nie. Gelukkig het my strooimeisie ล paar toertjies in haar mou gehad en die probleem is vinnig uitgesorteer.
Ons sou ook ล paar verwarmers in gehuur het vir die wis en die onwis (in ons geval was 12 November 2016 ล koel aand in die Agter-Paarl)
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
- Laat een van jou bruidsmeisies jou elke uur of wat herinner dat jy en jou eggenoot ล alleen tydjie moet inpas. Ons het dit gedoen, maar nie gereeld genoeg nie. Al is dit net vir ล minuut.
- Maak seker die personeel wat jy inhuur weet wat hulle doen.
- Kry n videograaf. Die aand is maar een groot โblurโ.
- Venue: Belair Pavillion
- Videograaf: Boland Weddings
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Spyseniering: Avec Mari Marilou Marais
- Trou-koรถrdineerders: IDO4U
- Blomme & Dekor: Sitting Pretty
- Fotograaf: Lindie Meyer
- Videograaf: Boland Weddings +Langeberg weddings
- Hare en Grimering: Kuif53
- Musiek vermaak: DJ Wayne Burns
- Skryfbehoeftes: Minuteman Press
- Koek: Lia Rothman