Wynand & Magdel se troue by Elandskloof

Ons by Mooi Troues is absoluut verlief of vandag se troue van Wynand en Magdel wat ons vreeslik opgewonde is om met julle te kan deel.  ‘n Paar van Mooi Troues se diensverskaffers was betrokke by die troue en dus is dit op die standaard van troues wat ons graag met ons lesers wil deel vir inspirasie.

Die agtergrond van die asemrowende mooi troue was by die gewilde Elandskloof Wedding Venue in die mooie dorp Greyton en die venue spog met Groen tuine wat perfek is vir ‘n romantiese dag.  Elandskloof se trou venue van Elandskloof bied ‘n rustieke plaas gevoel en was so mooi opgemaak dat ons dit nie eens kan beskryf nie.

Ons by Mooi Troues hoop jul geniet die troue soos ons het.


Hoe het julle ontmoet?

Ons het in die kerk ontmoet, Wynand het nuut ingeskakel, en ek (Magdel) het reeds ‘n rukkie by die kerk gewerk.

Wynand: Magdel maak my rustig en soek altyd die positiewe in alles.

Magdel: Wynand is standvastig en familie-georiënteerd en ek was dadelik aangetrokke tot hom, hy bring orde in my ongeorganiseerde lewe.



Vertel ons van die tema van die troue.

Ons wou dit baie natuurlik en “rou” hou, nie een van ons is baie spoggerig nie. Toe ons die venue kry met die klipmure en die houtstoele het ons altwee dadelik geweet dis ons tipe plek.



Vertel ons van jul Wittebrood?

Ons het ‘n maand na ons troue met wittebrood vertrek. Ons het Suid-Afrika bietjie gaan verken, was van Hogsback, ‘n feetjie mooi woud in die middel van die Oos-kaap, deur die vlaktes van die Vrystaat, op na die pragtige Drakensberge.  Het daarna Umhlanga toe beweeg, en weer af deur die Transkei wat beslis ‘n hoogtepunt was aangesien dit Sardine Run was daardie tyd met baie see-aksie. Op pad het ons vir ‘n aand in Addo geslaap.  Was so lekker om plekke te sien in ons eie land,wat ons nooit geweet het bestaan nie.



Wat sou jul verander as jul kon?

Kan rêrig nie aan iets dink nie, als is/was ver bo ons verwagting.


trou venue greyton trou venue greyton trou venue greyton trou venue greyton trou venue greyton trou venue greyton trou venue greyton trou venue greyton trou venue greyton


Advies wat julle kan gee aan paartjies wat nog moet trou?

Dit gaan nie oor die troue nie, maar julle liefde vir mekaar en julle toekoms saam.  Moenie te gou kwaad word oor onnodige goed nie, dit steel van altwee partye.  Gee sonder om terug te verwag.


Elandskloof trou venue greyton Elandskloof trou venue greyton Elandskloof trou venue greyton Elandskloof trou venue greyton Elandskloof trou venue greyton Elandskloof trou venue greyton Elandskloof trou venue greyton Elandskloof trou venue greyton Elandskloof trou venue greyton trou venue greyton trou venue greyton

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: