Igor & Mandi se Gelukkie troue in Paternoster

Paternoster is een van die oudste vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika.  Dit is 15 km Noord-Wes van Vredenburg en 145 km noord van Kaapstad, by Kaap Columbine tussen Saldanhabaai en St. Helenabaai geleรซ.  Ideaal vir bestemming troues en net buite die pragtige vissersdorpie is โ€˜n versteekte juweel genaamd Gelukkie waar โ€˜n mens die gasvryheid van die Weskus ervaar.  Die naam van die plekkie sรช dit alles en is die perfekte plek vir paartjies om hul lewensreis saam te begin.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het in 1997 in Clarens ontmoet toe ons albei saam met ons gesinne op vakansie was.  Ek van Bloemfontein en Igor van Odendaalsrus.  In 2009 het ons mekaar weer raakgeloop en van daar af was ons onafskeidbaar.

Ons is albei sensitiewe mense en verstaan mekaar se behoeftes.  Igor bring โ€˜n wonderlike rustigheid in ons verhouding waar ek meer hou van struktuur, reรซlings en dat dinge vinnig moet gebeur.

Dit is vir ons altwee die heel lekkerste om na โ€˜n lang dag by die huis te kom, saam kos te maak oor โ€˜n glasie wyn en te gesels.

Wat was die styl van die troue en hoekom het julle die venue gekies?


Ons troue was by Gelukkie in Paternoster.   Die naam se sommer alles โ€“ ek het van hulle gelees in โ€˜n tydskrif en die plek het dadelik my hart gesteel.  Ons het nie eers verder gekyk nie.

Omdat ons en die meeste van ons familie en vriende van Bloemfontein af kom, was dit โ€˜n groot besluit om โ€˜n bestemming troue te hรช, maar ons altwee wou iets anders as die gewone hรช.

Die styl van die troue was Rustiek en ek het die meeste van my idees op Pinterest en trou-tydskrifte gekry.  Ons altwee hou van eenvoudig, maar stylvol en mooi.

Was julle met wittebrood?


Ons het in Paternoster wittebrood gehou saam met ons altwee se families en mense waarvoor ons lief is.   2 Weke van son, see, lekker kuier en โ€˜n onvergeetlike troue.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Dink nie ek sou iets verander het nie.  Dit klink dalk soos โ€˜n clichรฉ, maar dit was die gelukkigste dag van ons lewens.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?


Wees net jouself en reรซl dinge soos dit julle as paartjie pas.   Dit kan wees dat vriende of familie ewe skielik met โ€˜n klomp eise en idees vorendag komโ€ฆ maar hierdie is regtig die een dag wat jou en jou man sin is om te geniet.

Wat my gehelp het, is om regtig โ€˜n trou-styl te kies waarvan ek hou, en waarmee ek gemaklik is.   Mense het na die tyd na ons toe gekom en gesรช hulle kon regtig ons persoonlike stempel in die troue raaksien.

Moenie onnodig geld uitgee op onbenullige goed nie, hou dit eenvoudig, maar stylvol.

Hoeveel vas jul begroting vir jul troue?


Ons begroting was R75 0000, maar als het in totaal +- R95 000 gekos.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โ€˜n internet konneksie het en โ€˜n toestel wat gekonnekteer is tot โ€˜n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โ€˜n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy โ€˜n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Venue, Dekor en spyseniering:  Gelukkie, Paternoster
  • Fotograaf:  Lara Du Plessis Photography
  • Rok:  Julie Wedderburn Bridal Bloemfontein
  • Troukoek: Wedding Cake in a Jar
  • Hare en grimering:  Lizelle Botha Equisite Hair and Extension studio