Die fotos van Donovan en Courtney van albei se persoonlikhede vas vir ewige herinneringe. Ons hou baie van die kontras tussen die fotos. Ons hoop jul word geïnspireer om ook kreatief te word met jul verlowing fotosessie. Geniet die publikasie.


Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Ons het in ‘n kroeg ontmoet, Courtney was ‘n “shooter girl” en Donovan het ‘n paar drankies saam met vriende geniet. Van ver af kon Donovan reeds sien dat Courtney sommer ‘n mooi meisie was met ‘n blink persoonlikheid. Ons het nommers geruil en so het ons avontuur begin. Ons het mekaar leer ken en ‘n vriendskap gebou op vertroue. Ons was aangetrokke tot mekaar se persoonlikhede en goeie natuur. Courtney sou saam met Donovan golfbaan toe gaan terwyl hy ge-oefen het. Donovan het Courtney by die universiteit verras en haar op pieknieks gevat. Tot vandag geniet ons dit om kwaliteit tyd saam met mekaar te spandeer – dis een van ons gunsteling dinge om te doen!

Vertel ons meer van julle verlowing?
Donovan wou die ja-woord vra by die Walter Sisulu Botaniese Tuine (dis waar ons ons eerste soen gehad het) – maar die weer was nie aan sy kant nie. Hy wou egter nie nog ‘n week laat verby gaan voor hy Courtney vra om te trou nie. So toe bespreek hy middagete by die Saxon Hotel vir die volgende dag…
Na ‘n heerlike maaltyd het ons deur die pragtige tuine gewandel. In Donovan se woorde: wie sou kon raai om die ja-woord te vra, sou so senutergend wees? Ek het die ring boksie uit my sak gehaal. Courtney was nog besig om te praat oor hoe mooi die tuine was, toe ek sê: “Sal jy met my trou?”
Ek dink nie dit het heeltemal by Courtney geregistreer wat ek vra nie. Sy het so geselserig “Ja” gesê. Ek het gestop en gevra “Is jy seker?”
Toe het haar hele gesig opgehelder en sy het weer “JA!” gesê. Ek sal nooit die uitdrukking op haar gesig vergeet nie.




Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Ons wou iets doen wat beide van ons persoonlikhede en ons verhouding vasvang. Courtney is dol oor die natuur, dis haar manier om te ontspan en ek is nog ‘n kind ter hart. ‘n Foto kan ‘n duisend woorde vasvang – dis ‘n merkwaardige ding!

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotografie: Open Image Photography

