Neels & Nikita verlowing fotosessie

Dis Nikita se nefie wat haar vir ‘n visvang naweek nooi.  Min het sy geweet dat sy op die manier haar toekomstige man gaan ontmoet.  Vooraf gesels hulle deur middel van BBM boodskappe en toe hulle uiteindelik in persoon ontmoet is die koeël deur die kerk .

Neels neem  die mooi Nikita vir ‘n uitstappie in ‘n bos tussen niks en nêrens.  Met die uitsig op ‘n lieflike waterval verras hy haar deur op sy knieë te gaan en die groot vraag te vra.  Vir albei is die oomblik so groot dat hulle nie die trane kan keer nie.

Neels & Nakita_0002 Neels & Nakita_0003 Neels & Nakita_0004 Neels & Nakita_0005Neels & Nakita_0001 Neels & Nakita_0006


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek en Neels het die 23ste Mei 2013 ontmoet.

My nefie wat in Pinetown bly het my genooi om saam hulle te kom visvang – Ek was heel happy om bietjie weg te kom van PTA af.

So 3 weke voor ek af gevlieg het Durban toe het ek `n BBM invite ontvang van Neels – Ek het nie geweet wie die mannetjie is nie – Ons het begin gesels en hy het vir my gesê hy gaan saam ons visvang – Neels is my nefie se vriend – Ons het toe mekaar ontmoet by die dam na ons ( blind BBM smse aan mekaar ) Wat `n lekker naweek – Ons het toe na dit by mekaar begin kuier – heen en weer gevlieg en ry – 04 Oktober het hy my gevra of ek sy meisie sal wees – Ons het toe tot die besluit gekom dat ek af trek Howick toe – 01 Mei 2014

So `n gelukkige meisie om iemand soos hy te hê – Ons doen alles saam ( Jag, Visvang – Maar die beste is ons LAG altyd saam )


Neels & Nakita_0007 Neels & Nakita_0008 Neels & Nakita_0009 Neels & Nakita_0010 Neels & Nakita_0011 Neels & Nakita_0012 Neels & Nakita_0013 Neels & Nakita_0014
Neels & Nakita_0015 Neels & Nakita_0016 Neels & Nakita_0017 Neels & Nakita_0018


Hoe het julle verloof geraak?

Die 16 de Januarie 2016 het my drome waar gemaak.

Ons was in die bos by `n vreeslik mooi waterval in die middel van nêrens – Wat `n stunning uitsig, toe ek my rug draai toe sit Neels op sy knie en vra die GROOT vraag

Trane van blydskap en geluk het gerol uit al 2 van ons se ogies

Later die dag het ons die verlowings dag saam vriende af gesluit met `n lekker braai


Neels & Nakita_0019 Neels & Nakita_0020 Neels & Nakita_0021 Neels & Nakita_0022 Neels & Nakita_0023 Neels & Nakita_0024 Neels & Nakita_0025 Neels & Nakita_0026 Neels & Nakita_0027 Neels & Nakita_0028 Neels & Nakita_0029 Neels & Nakita_0030 Neels & Nakita_0031 Neels & Nakita_0032 Neels & Nakita_0033 Neels & Nakita_0034 Neels & Nakita_0035 Neels & Nakita_0036 Neels & Nakita_0037 Neels & Nakita_0038


Wanneer beplan julle om te trou?

04 Maart 2017 – By The Secret Gardens in Pietermaritzburg


Neels & Nakita_0039 Neels & Nakita_0040 Neels & Nakita_0041 Neels & Nakita_0042 Neels & Nakita_0043 Neels & Nakita_0044 Neels & Nakita_0045 Neels & Nakita_0046 Neels & Nakita_0047 Neels & Nakita_0048 Neels & Nakita_0049 Neels & Nakita_0050 Neels & Nakita_0051 Neels & Nakita_0052 Neels & Nakita_0053 Neels & Nakita_0054 Neels & Nakita_0055 Neels & Nakita_0056 Neels & Nakita_0057 Neels & Nakita_0058 Neels & Nakita_0059 Neels & Nakita_0060 Neels & Nakita_0061 Neels & Nakita_0062 Neels & Nakita_0063 Neels & Nakita_0064 Neels & Nakita_0065

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Tavati Photography