Dit was wel nie op Tafelberg soos Chanelle altyd gedroom het om verloof te raak nie, maar Clinton het wel โn plan gemaak om haar droom naastenby waar te maak. By Harties in โn kabel karretjie vra hy die meisie van sy drome om verloof te raak. Sy verskoning is dat sy dan nie kan weg hardloop voordat sy โ Jaโ gesรช het nie. Hello Love fotografie, maak seker deur die lens van hul kamera dat die paartjie se mooi verlowings fotos โn herinnering bewaar wat hul nog lank in hul toekoms kan waardeer.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het albei een middag by โn vriendin van my se huis gaan fliek kyk en so het ons mekaar daar ontmoet. Ons het later uitgevind ons bly oorkant die pad van mekaar en so het ons al hoe meer begin kuier. Nie gedink ons gaan na 9 jaar op trou staan nieโฆ
Hoe het julle verloof geraak?
Ek het altyd gesรช ek sal bitter graag op Tafelberg wil verloof raak. Een oggend het ons opgestaan en hy het gesรช ons gaan die dag โn bietjie uit. Ons het via Pretoria om gery na Harties. Ons het vir die eerste keer met die kabelkarretjies op die berg gegaan. Sommer โn vinnige hamburger ge-eet en bo-op die berg bietjie rond gestap. Oppad af het hy my in die kabelkarretjie gevra om te trou (want hy was te Senuweeagtig om dit voor mense te doen) EN hy sรช ook altyd โso kon jy nie weghardloop nieโ, ek moes sit vir die volle 5 minute. Ons het later die aand Monte Casino toe gegaan en toe ek by die restaurant instap het ons familie daar gesit om die aand saam ons te vier. โn Hele dag vol verrassings!
Wanneer beplan julle om te trou?
13 Mei 2016 Ons hou van โn โModern Vintageโ styl en Avianto lyk presies soos wat ons altyd voor gesoek het โ tipiese Toskane styl. Ons het gedink die verlowings sessie daar sou sommer baie mooi inpas by alles.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotografie: Hello Love Photography