Nicola & Pieter se pragtige plaastroue

Nicola en Pieter het ʼn pragtige plaastroue gehad by een van ons gunsteling venues, net buite Gansbaai, De Uijlenes.  Die paartjie se kleurskema het hoofsaaklik bestaan uit rooie gepaard met ander kleure soos koningsblou, Boergondiese.  Gevoel van oud, saam met die baksteen mure en mooi groot oop velde buite die venue skep die idee van ʼn plaaslewe.

Die verliefdes het verloof geraak op 24 Mei 2013.  Pieter was siek in die bed en dieselfde dag was Nicola se ring óók klaar was.  Hulle verlowing was baie romanties en hier volg die rede waarom ons so sê. Nicola moes ʼn hokkiewedstryd bywoon en toe sy terugkeer om Pieter te besoek in die siekbed, vind sy hom mooi aangetrek met das en al.  Geen geheim oor wat aangaan nie, en Nicola het nie eens tyd gehad om mooi aan te trek nie.

Pieter het ʼn doolhof in die tuin geverf en elke spesiale gebeurtenis wat die paartjie gedeel het het hy neergeskryf. Hy het dié tradisie volgehou van die begin van hulle verhouding tot die dag wat Pieter haar gevra het om met hom te trou. Hy het geskryf: “Kom raak oud met my, die beste moet nog kom …” Nicola het nie twee keer gedink nie en onmiddellik Ja gesê.

Rol nou af en geniet Nicola en Pieter se pragtige plaastroue.

_1620 _1621 _1622 _1623 _1624 _1625 _1626 _1627 _1628 _1629 _1630 _1631 _1632 _1633 _1634 _1635 _1638 _1639 _1640 _1641 _1642 _1643 _1644 _1645 _1646 _1647 _1648 _1649 _1650 _1651 _1652 _1653 _1654 _1655 _1656 _1657 _1658 _1659 _1660 _1661 _1662 _1663 _1664 _1665 _1666 _1667 _1668 _1669 _1670 _1671

Raad vir ander paartjies:


Maak dit JOU troue!  Die troue moet julle as paartjie voorstel, sodat jou gaste wat jy nooi presies weet dis julle tipe troue. Ek en Pieter het van die begin af saam beplan en gewerk aan ons grootdag. As daar ʼn krisis opduik kon ons albei dit hanteer omdat ons albei geweet het wat ons wil hê en wat moet gebeur. Sorg dat die troue ʼn gemaklike atmosfeer het en jy is ook sommer ontspanne. Kry ʼn uitstekende fotograaf! En ook ʼn videograaf vir daardie oomblikke wat jy dalk net mis.

_1672 _1673 _1674 _1675 _1676 _1677 _1678 _1679 _1680 _1681 _1682 _1683 _1684 _1685 _1686 _1687 _1688 _1689 _1690 _1691 _1692 _1693 _1694 _1695 _1696 _1698 _1699 _1700 _1703

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Linda Fourie Photography
  • Venue: De Uijlenes
  • Videograaf: Tanjerine Films
  • Rok en Sluier: Elegant Flair Paarl
  • Hare: Amrie Joubert
  • Grimering: Bernice Drake
  • Blomme en Koek: Beppie Coetzee
  • Dékor en Skryfbehoeftes: Bruid