Rui & Dominique se Serengenti troue

Tydens ‘n lugballon-rit met hul herdenking van 6 jaar saam het Rui vir Dominique sonder enige vermoede die ring uitgehaal en gesê: ‘dis vir jou”. Presies een jaar later op hul 7 jaar herdenking is hulle getroud!

Dominique en Rui het alles saam gedoen omtrent die troue wat hul troue sommer ekstra spesiaal gemaak het. Al waarvan hy nie geweet het nie was die rok en dit is mos hoe dit moet wees. Onthou om altyd jou rok ‘n geheim te hou en maak seker jy verklap nie enige iets oor die ontwerp voor jou verloofde nie.

Twee dae voor die troue was haar rok beskadig en moes hulle vinnig plan maak en ‘n ander rok kry, dan was dit nog die storie met die ruikers, daar was een te kort en moes hulle ook daar inspring en iets prakseer, dit was nie die laaste nie. By die kerk aangekom, gereed om in te loop val die kousband nog ook van haar been af!

Die res van die troue was perfek, nes hul dit wou hê.

Hul raad aan bruide is om net 15 minute net vir die twee van julle te vat en onthou hoekom julle daar is omdat geen liefde is soos julle sin nie en al die drama en malligheid was dit werd net sodat julle saam kan wees en jul padjie vorentoe kan begin! Dominiqe van Open Image Photography het die pragtige foto’s afgeneem.


cp_0101 cp_0102 cp_0103 cp_0105 cp_0106 cp_0107 cp_0108 cp_0109 cp_0110cp_0111cp_0112cp_0113cp_0114cp_0115cp_0116cp_0117cp_0118cp_0119cp_0120cp_0121cp_0122cp_0123cp_0124cp_0125cp_0126cp_0127cp_0128cp_0129cp_0130cp_0131cp_0132cp_0133cp_0134cp_0135cp_0136cp_0137cp_0138cp_0139cp_0140cp_0141cp_0142cp_0143cp_0144cp_0146cp_0147


Diensverskaffers: