Marnus & Estine se pragtige verlowing

Estine en Marnus het besluit om hulle pragtige verlowing fotosessie by Val de Vie te doen.  As jy nog nooit by Val de Vie was nie, mis jy definitief uit.  Val de Vie  is een van Suid-Afrika se asemrowende trou onthale veral as jy mal is vir Polo en perde.  Die dekor van Val de Vie spreuk luuksheid en klas.  Die talentvolle fotograaf, Lindy Kriek het die oulikste foto’s van Estine en Marnus se pragtige verlowing geneem en ook dankie aan Marli Basson vir die grimering.  Ons is veral mal oor die son ondergang fotos.

Rol gerus af om meer te sien oor Marnus en Estine se pragtige verlowing.  Hierdie paartjie se verlowing fotosessie sal baie inspirasie bied aan Mooi Troues se lesers.  Indien ons lesers steeds meer inspirasie benodig, klik hier en kyk deur talle ander verlowing fotosessies op ons webtuiste.

estine en morne verlowing sessie (2)

estine en morne verlowing sessie

estine en morne verlowing sessie (4)

estine en morne verlowing sessie (6)

estine en morne verlowing sessie (7)estine en morne verlowing sessie (8)estine en morne verlowing sessie (9)

Hoe het julle verloof geraak?


Die Vrydag sou ons, ons herdenking vier, maar ‘n “dringende vergadering” het opgeduik!  Hy het kamstig sleg gevoel en ‘n massering by Boschenmeer vir my gereël.  Daarna het ek en sy suster gaan Sushi eet … Later het sy ma by ons aan gesluit en vir my ‘n geskenk gegee vir ons herdenking.  Dit was die eerste leidraad van my skatte jag!  Eers Pontac Manor, daarna Primi Piatti en uiteindelik Val de Vie, waar hy gewag het by die restaurant.  Ek moes toe iets gaan kyk.  Toe ons op ‘n plek kom waar ons alleen was, het hy op sy knie gegaan!  Terug by die restaurant het ons albei se families gewag. Sjampanje is geskiet en ons het tot laat aand fees gevier!

estine en morne verlowing sessie (10)estine en morne verlowing sessie (11)estine en morne verlowing sessie (12)estine en morne verlowing sessie (13)estine en morne verlowing sessie (14)estine en morne verlowing sessie (15)estine en morne verlowing sessie (17)estine en morne verlowing sessie (20)estine en morne verlowing sessie (21)estine en morne verlowing sessie (23)

Wanneer beplan julle om te trou?


Ons altwee het nog altyd gesê as ons eendag verloof is, wil ons nie lank wag voor ons trou. Ons het dadelik weggespring met die reëlings en op 15 November 2013 by Kleinevalleij sal ons Mnr en Mev. Hugo word!

estine en morne verlowing sessie (24)estine en morne verlowing sessie (25)

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: