MOONSHOT CAFÉ

TROU VENUE / WATERKLOOF GLEN, GAUTENG

Moonshot: “’n Uiters ambisieuse en innoverende projek!”

As stedelik, modern, industrieel en eienaardig jou laat regop sit, is Moonshot Café absoluut ʼn tweede kyk werd…

Verhef jou spesiale dag tot nuwe hoogtes by hierdie sjiek dak-oase in die populêre voorstad Waterkloof Glen. Omring deur moderne geboue en nagligte, is hierdie unieke juweel op die dak van die King Price-gebou, oorkant die Time Square Casino, geleë.

Gedurende die dag bedien ons die beste koffie in die sonnestelsel en ʼn à la carte-spyskaart met informele straatkos en ʼn lekker atmosfeer. Maar snags transformeer ons in ʼn skitterende “Sky Bar” lokaal – so uniek soos jy is.

Alhoewel die unieke en treffende ruimtetema deurgaans gevoel word, is dit nie oorheersend nie, wat ʼn leë doek bied vir jou om na hartelus te skep – van die spyskaart tot die dekor.

Ruil geloftes uit op ʼn privaat dek wat noord wys, perfek vir ʼn intieme seremonie, voordat jy na die onderbeklemtoonde gesofistikeerdheid van die hooflokaal beweeg.

ʼn Houtdekvloer en hangende groen skep ʼn gevoel van natuur-teen-masjien, die debat van die alledaagse lewe.

Vloer-tot-plafon industrieel vervaardigde glas deure maak oop na die Weste vir die mees asemrowende uitsigte oor die rooi stadsgesigsondergange, voordat dit jou aand dramaties omhul in ʼn vertoning van flikkerende sterre en stadsligte. Die perfekte agtergrond om met tot 200 gaste te meng, oor ʼn skemerkelkie van die uitgebreide kroeg.

Buite word ʼn mens verwelkom deur ʼn vuurput, omring deur ʼn tuin en verskeie potplante versprei oor die wonderlike 700m2 stadsruimte.

ʼn Groot privaat parkeerdek met sekuriteit en beheerde toegang, is uiters veilig en bied gemoedsrus terwyl jy onder die sterre partytjie hou.

Verblyf is naby beskikbaar en maklik om te vind vir besoekers wat ʼn lang pad gekom het, of besoekers wat nie ʼn lang pad wil gaan nie…

Omarm die energie van die stad en mik vir die maan!







    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      MEER INLIGTING

      sit      FACEBOOK instagram  

      KLIËNTE RESENSIES

      Geen resensies op die oomblik nie.

        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: