Ons lees dat Lyle en Louise mekaar aanvul in areas waar hul persoonlikhede mag te kort kom; Ons by Mooi Troues hou baie van die element en ons weet sommer Lyle en Louise het โn baie sterk verhouding.
Nog iets wat vir ons by Mooi Troues uitgestaan het was die manne se sokkies wat die Suid-Afrikaanse vlag is. Ons Suid-Afrikaners het werklik โn pragtige land, vol talentvolle trou diensverskaffers in die trou industrie en Suid-Afrika se troues is op internasionale vlak.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ek en Lyle het in 2010 ontmoet. Hy het by dieselfde werksplek as ek begin werk en ekโt sommer onmiddellik aangetrokke tot hom gevoel. Hy het uitgestaan as โn goedmoedige, gawe man met โn sin vir humor. Hy het ook baie ander eienskappe wat baie belangrik is vir my gehad.
Na drie jaar het ons besef dat ons meer as net vriende wil wees. Aanvanklik moes ons die verhouding โn geheim hou, omdat ons nie wou hรช almal by die werk moes weet nie. Die geheim het egter nie lank gehou nie, en toe ons kollegas uitgevind het was almal baie bly vir ons.
Vier jaar later, terwyl ons in Skotland met vakansie was, het Lyle my gevra om te trou. Dit was โn ongelooflike dag in ons lewens. Wat meer ongelooflik was, is die feit dat hy die verloofring vir 3 weke en โn toer deur die hele Europa weggesteek het.
Ek en Lyle komplementeer mekaar. Indien ek รชrens kortkom, is hy daar en indien hy รชrens kortkom, is ek daar.
Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?
Die tema van ons trou was โn kombinasie van outydse blomme en โn romantiese styl.
Ons het โn venue gekies wat soos โn glashuis gevoel het, sodat die natuurlike mooiheid van buite tot binne kon oorspoel.
Nitida was perfek hiervoor. Die omgewing was prentjiemooi, en boonop dit het die ontvangs-, kroeg-, dans- en rook areas inmekaar gevloei, wat beteken het dat ons gaste gedurende die hele bruilof deel van alles gevoel het.
Die inspirasie het gespruit uit โn stukkie lint wat ek gekoop het. Dit het bestaan uit klassieke kant, salie-groen, ligte pienk en โn donker pruim kleur. Ekโt ook โn massiewe liefde vir roosgoud en wou die deel maak van alles.
Ek is โn ook kreatiewe persoon en is mal daaroor om handewerk te doen, so ek wou soveel as moontlik van die dekor self maak. Uit die aard van die saak het ek op Pinterest idees gaan navors. Ekโt op papierblomme afgekom en gedink dit sou uniek wees indien ek my eie sou maak. Dit het my toegelaat om al die kleure van daai lint deur te bring en so die tema van ons troue bymekaar te bring.
Was julle met wittebrood?
Vir ons wittebrood was ons na die Underberg-area in die Drakensberg gegaan waar Lyle se ouers โn huis het. Al wat ons wou doen was om weg te breek na โn ver afgeleรซ plekโฆรชrens stil waar ons niks hoef te doen nie. Dit was die perfekte wegbreek โ ons het gaan stap, perd gery en lang, luilekker middagetes geniet
Wat sou jul verander het as jul kon?
Niks nie. Alles was net perfek vir en al ons gaste het na die tyd gesรช hulle het โn baie lekker tyd gehad.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?
Wees eg. Hierdie dag is julle dag en dit gaan alles oor wat julle albei gelukkig maak. Dit kan en gaan ook van tyd-tot-tyd uitdagend wees, maar onthou altyd dit gaan die moeite werd wees. Nooi mense wie belangrik is vir julle en wie die dag so baie soos julle sal koester.
Wees georganiseerd. Hou โn sigblad, โn trou-lรชer en berei julself voor vir die dag, tye en pligte van almal wat betrokke is. Doen ook jul navorsing en maak seker julle het โn sterk, bekwame trou-gevolg.
Belangrikste van allesโฆgeniet elke oomblik.
Wat was julle trou begroting vir jul troue?
Ons begroting was R120 000 en alhoewel ons dit oorskry het, was dit nie met baie nie.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Cassia Nitida
- Stilering, meubels, dekor, blomme en beligting: Authentic Planning
- Platejoggie: Sound Print
- Fotografie: Picturess
- Trou Offisier: Weddings Galore