David en Saskia se intieme troue in Mpumalanga was prentjiemooi, vol pragtige elemente. Die paartjie het die knoop deurgehaak by die skilderagtige Mount High Country Estate in Lydenburg, omring deur asemrowende landskappe en uitsigte โ perfek vir prentjiemooi foto herinneringe.
Hulle het ล lieflike intieme buitelug seremonie gehad in Mount High Country Estate se versorgde tuine. Dit is regtig enige paartjie se droom troudag bestemming, geleรซ hoog op die berg in die Mount Anderson Natuurreservaat, net buite Lydenburg. Hierdie asemrowende uitsigte bied die ideale agtergrond vir ล sprokiesagtige troudag.
Die onthaalarea was uiters stylvol. Die dekor het potjies van verskillende groottes met fyn pastel blomme ingesluit. Wit kerse en kristalkandelare wat hoog vanaf die dak gehang het, het ล romantiese en warm atmosfeer geskep.
Die blomontwerpe was in sagte pastel tone, wat pragtig gekontrasteer het teen die baksteenmure van die onthaalarea. Die lang tafels het ล feestelike, intieme atmosfeer geskep โ perfek vir ล kleiner, maar betekenisvolle viering.
Saskia het stralend gelyk op haar troudag, en ons was mal oor haar pragtige trourok. Haar voorkoms is verder gekomplimenteer deur ล indrukwekkende, groot handruiker waarvan ons hou omdat dit los en natuurlik vertoon het, eerder as die gewone stywe ruikers.
David het ook dapper gelyk in sy stylvolle donker pak en wit hemp, gekombineer met bruin skoene en ล das wat die hele voorkoms perfek afgerond het.
Rol af om meer te lees oor David en Saskia se troudag en hul liefdesreis as paartjie.
Verloof- en Trouringe:
Saskia se verloof- en troupant is albei van witgoud gemaak. Haar verloof pant het 3 diamante in. Die diamante is gerangskik met een groter diamant in die middel en twee kleineres aan weerskante van die groter diamant. die groter diamant dui op God en die twee kleineres die egpaar.
Saskia se troupant is in die vorm van ล wensbeen en pas mooi in by haar verloofring.
Davids troupand is ook van witgoud gemaak. Op sy ring is hul voorletters gegraveer. Hy het ook Hebreeuse letters gegraveer wat uitspel: โJesus Christusโ
Trourok:
Die algemene styl is ล romantiese en elegante balrok met ล sprokiesagtige gevoel. My trourok het ingewikkelde kralewerk en delikate detail op die lyf, wat dit ล luukse en verfynde voorkoms gee. Dit het ล sagte ivoor kleur en dit gee ล warm en gesofistikeerde toon. Die rok is vloer lengte, wat tipies is vir formele trourok. Die Silhoeรซt is ล klassieke balrok-silhoeรซt met โn stywe bolyf gedeelte en wat uitvlam tot ล vol romp. My rok het van die skouer af, opgepofte, deursigtige moue. Die moue is volumineus en eindig by die polse, wat die romantiese gevoel van die rok versterk.
Meer oor Mount High Country Estate:
Mount High Country Estate spog met prentjiemooi uitsigte oor berge en riviere. Die plaas is hoog geleรซ in die Mount Anderson Natuurreservaat, net buite Lydenburg.
Hierdie trouvenue is ideaal vir klein tot medium troues met ล maksimum kapasiteit van 80 gaste. Mount High se kos is van uitstaande gehalte, voorberei deur ons sjef. Die borde en glase is deel van die eksklusiewe โChefs and Sommeliersโ-reeks. Ekstra groot tafels van Amathuli bied genoeg spasie vir gemaklike aansit. Die oop dakkappe maak voorsiening vir ekstra kandelare, liggies en blomme wat bo die tafels gehang kan word. Daar is ล groot kaggel in die venue wat by dra tot die gesellige atmosfeer.
Die Arabiese perde skep ook die perfekte agtergrond vir pragtige trou fotoโs. Die Villa bied luukse akkommodasie vir 26 gaste, en daar is genoeg addisionele slaapplek beskikbaar binne ล radius van 5 km. Mount High se troukoรถrdineerder sal verseker dat jou spesiale dag sonder enige probleme verloop.
Paartjie se Verlowing:
Ons verlowing het op die 8ste Maart 2024 plaasgevind. David het vir my gesรช dat hy ล paar dinge het om te doen in Sandton en gevra of ek nรก werk saam met hom wil gaan. Ek het ingestem en ons het direk na werk op die snelweg van Pretoria na Sandton geklim. Dit het my nie te lank geneem om te besef dat hy beslis nie die regte afritte neem om Sandton toe te gaan nie. Ons het ล bietjie van ล meningsverskil gehad oor watter paaie waarheen lei, en ek het gedink ek gaan eerder net stilbly en hy sal later sien dat ek reg was.
Na ล rukkie het hy vir my gesรช dat hy eintlik my wou vat vir ล lekker middagete by Kleinkaap in Centurion, as ล verrassing. Ek het sleg gevoel omdat ek kwaad was vir hom en om verskoning gevra. Ons het by die pragtige Kleinkaap aangekom en toe ons na die restaurant stap stop hy my en sรช: โEintlik het ek nog een verrassing vir jou!โ en hy kniel neer en vra my om te trou.
Trou Dekor en Styl:
Die kleurskema sluit sagte, pastel kleure soos bloos, laventel, room en groen in. Hierdie kleure gee ล romantiese en natuurlike gevoel. Die dekor is minimalisties en sluit in verskillende grootte potjies met rangskikkings van sagte pastel gekleurde blomme, wit kerse en kristal kandelare uit die dak. Die algemene styl van die troue was ล mengsel van rustiek en klassieke elegansie.
Trou Begroting en Beplanning:
Met ล intieme lys van 24 gaste en ล begroting van R80 000, het die paartjie ล selfdoen troue beplan wat oor ses maande gerealiseer het.
- Fotograaf: S. Louise Media & Design | Kontak
- Venue: Mount High Luxury Country Estate | Kontak
- Blomme: Santie Mostert โ Mount High Luxury Country Estate | Kontak
- Bruidegom-pak: Jones & Kent of London | Kontak
- Dekor: Mount High Luxury Country Estate | Kontak
- Gaste Geskenke: CUM boeke
- Grimering: Rize Nails & Beauty| Kontak
- Hare: Vriendin
- Huwelik kontrak: MA Malan Attorneys| Kontak
- Huweliksbevestiger: Bruidegom se Pa
- Juweliersware: Madelines Temptations| Kontak
- Koรถrdineerder: Mount High Luxury Country Estate | Kontak
- Kroegdiens: Mount High Luxury Country Estate | Kontak
- Platejoggie: Selfgedoen โ Snitlys
- Paartjie se verblyf: Rivendell Trout Estate| Kontak
- Skoene: Woolworths
- Skryfbehoeftes: Selfgedoen
- Spyseniering: Tippie Cooks| Kontak
- Trourok: The Bridal House| Kontak
- Bruid se Trouring: Madelines Temptations| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Madelines Temptations| Kontak
- Troukoek: Vriendin
- Videograaf: S. Louise Media & Design| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Clarens
- Wittebrood Plek: Periwinkle Grove Cottage