Tobie & Ilke se Prentjie Mooi Selfdoen Troue in Pretoria

Tobie en Ilke se prentjie mooi troue in Pretoria was gevul met oulike, deurdagte elemente wat enige paartjie tonne selfdoen inspirasie sal bied. Ons is absoluut verlief op die paartjie se olyfgroen tema, wat hul troudag ’n warm, aardse gevoel gegee het en perfek in harmonie met die natuur.

Hul seremonie het plaasgevind in die populêre troulokaal se dubbel-volume opelug kapel. Die paartjie is pragtig geraam deur ’n asemrowende blom struktuur wat onmiddellik alle aandag op hulle gevestig het tydens die seremonie. Ná die seremonie het gaste heerlike feestafels met vingerhappies en verfrissende drankies geniet, terwyl die paartjie hul mooiste trou fotosessie gehad het.

’n Blom gevulde verwelkoming bord het gaste vriendelik na die onthaal verwelkom. Sterk elemente van terracotta en olyfgroen kon regdeur die trou venue gesien word van pragtige kleipotte met gedroogde takke tot houttafels versier met rottang-plekmatjies en olyfgroen servette. Fyn blommerangskikking en dun kerse in goue kersstaanders het die tafels afgerond en ’n warm, romantiese atmosfeer geskep.

Soos die skemerlig begin sak het, het die liggies binne en buite die onthaal begin opflikker en die ruimte in ’n gesellige kuierplek omtower. Proteas is ook op al die tafels gebruik, wat ’n ekstra tikkie plaaslike skoonheid bygevoeg het. Die bruidstafel was besonders mooi, met alle oë gerig op die paartjie se tafel wat oorlaai was met pragtige blomme en afgerond met ’n asemrowende blomkrans agter hulle.

Dit is ongelooflik belangrik om betroubare troudiensverskaffers te hê waarop julle op jul groot dag kan staatmaak. Mooi Troues se aanlyn trougids beskik oor fantastiese diensverskaffers wat enige trou droom kan omskep in ’n werklikheid.

Rol af om meer te sien van Tobie en Ilke se pragtige troue.

Trourok:


Ek het ʼn lang, wit A-lyn rok met ʼn vierkantige nek-gedeelte gedra. Die bokant het hand gestikte steentjies, kraletjies en pêreltjies op met ʼn beldjie in die middel.

Paartjie se Verlowing:


Ons het verloof geraak in die Italiaanse Dolomites oor kerstyd (my gunsteling tyd van die jaar). Hy het amper heup-diepte in die sneeu gekniel en die vraag gevra met Lago di Braies agter ons. Ons het na die tyd gevier met regte Franse Sjampanje en die aand in Venesië gaan kerskore luister en na die liggies gaan kyk. Die beste dag ooit!

Verloof- en Trouringe:


My ring is goud met ʼn ovaal solitêre steen. Die troupand is dun met ʼn klomp klein diamante wat onder die verloofring inpas.

Trou Dekor en Styl:


Die troue se kleurskema was herfs, meestal terracotta en olyfgroen. My styl was baie natuurlik met baie hout, blare, leer, riete ensovoorts wat dit baie naby aan die natuur laat voel het.

Trou Begroting en Beplanning:


Die troue het 90 gaste verwelkom met ’n totale begroting van R200 000. Die paartjie het hul troudag oor ’n tydperk van 10 maande beplan en die beplanning self hanteer met ’n selfdoen-benadering, wat die troue ’n persoonlike en unieke aanslag gegee het.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: