Jadyn en Lauren se wintertroue in Muldersdrif, gehou by Oakfield Farm, is ’n perfekte kombinasie van moderne en natuurlike elemente. Julle mag die paartjie dalk herken van hulle verlowingsfotosessie wat ons vroeër vanjaar gedeel het. Klik hier om dit weer te sien. Hierdie troue bied hope inspirasie vir paartjies wat daarvan droom om in die winterseisoen te trou.
Lauren het eenvoudig beeldskoon gelyk en ons is heeltemal verlief op haar trourok wat perfek by haar styl aangesluit het. Die fyn detail op die lang moue het die rok daardie ekstra tikkie elegansie gegee. Ons dink ook haar swart skoene is ’n briljante keuse wat perfek pas by die strooimeisies se swart rokke. Jadyn het net so stylvol gelyk in sy swart-op-swart troupak, ’n elegante keuse wat pragtig by die paartjie se stylvolle troudag aansluit.
Die paartjie het hul geloftes afgelê by die pragtige Oakfield Farm, ’n bekende trouvenue in Muldersdrif, Gauteng. Die welige, versorgde tuine en tydlose klassieke argitektuur het die atmosfeer van hul dag ekstra besonders gemaak. Lauren het in ’n koets by die kapel aangekom, waar Jadyn en hulle gaste haar ingewag het in die pragtige dubbelvolume kapel.
Die onthaal lokaal het ’n sagte natuurlike gevoel gehad met houttafels en ’n aardse kleurpalet. Moderne elemente het ’n treffende kontras geskep en die perfekte balans gebring tussen stylvol en natuurlik. Swart tafel lopers, swart dekor-elemente en helder blospienk blomme wat deur die groenigheid verweef is, het onmiddellik die oog gevang. Ons is mal oor hoe die swart aksente perfek saamwerk met die ligte pienke en die warm elemente.
Oakfield Farm se tuine het die ideale agtergrond geskep vir die paartjie se troudag en hul pragtige foto’s. Rol af om meer te ontdek oor Jadyn en Lauren se stylvolle winterfeesviering.

Trourok:
Die rok het ʼn romantiese en sprokie-geïnspireerde kwaliteit, dit balanseer moderne elegansie met klassieke bruidselemente, ʼn gestruktureerde korset, veter rug en vloeiende kant versiering sleep. Die kant is blom- en blaarryk, delikaat maar opvallend, met geborduurde teksture wat in die lig uitstaan. Subtiele kralewerk en sequins is in die kant geïntegreer en vang die lig vir ʼn sagte glans sonder om die rok te oorweldig.
Myrok het ʼn A-lyn silhoeët met ʼn pasvormige lyf en ʼn vloeiende romp wat in ʼn dramatiese sleep strek. Die romp is volumineus, maar nie te opgepof nie, en val grasieus op die grond met sagte struktuur en vloei. Die halslyn is van die skouer af en lieflingvormig, wat die sleutelbeen en skouers op ʼn romantiese manier beklemtoon. Lang, moue strek tot by my polse, versier met kant-applikasies wat by die res van die rok pas, perfek vir ons winter troue.
Ek het soos ʼn ware fee-prinses gevoel in my rok, en dit het by my perfek by my persoonlike styl en “aesthetic” gepas.

Meer oor Oakfield Farm:
Die bekroonde Oakfield Farm is waar elegansie en intimiteit saamkom om drome te laat leef. Met betowerende kapelle, stylvol-versorgde tuine en verskeie prentjiemooi ruimtes, bied hierdie ikoniese venue alles wat paartjies vir hul perfekte dag verlang. Gaste geniet gerieflike fasiliteite, voortreflike diens en die onvergeetlike aankoms van die bruid in ’n klassieke perdekar. ’n Toegewyde troukoördineerder lei elke stap van die proses, terwyl drie unieke lokale geleenthede bied vir 40 tot 400 gaste. Met buigsame pryse volgens seisoen en gastelys maak Oakfield Farm elke droomtroue werklikheid.

Verloof- en Trouringe:
Bruid: Roos goud met n morganiet hoofsteen en moissaniet kant stene. My troupant het aan my ouma grootjie behoort en is toevallig ook roos goud.
Bruidegom: Swart Tungsten met ʼn geborselde metaal afwerking.

Paartjie se Verlowing:
Ons storie is uniek, en ons voel ons was altyd bestem om te ontmoet. Ons het wel vir die eerste keer ontmoet in ʼn cinema, toe ek en my vriendin ʼn fliek gaan kyk het. Die teater was leeg en ons kon enige plek sit. Jadyn het dit toe goed gedink om lanks aan my te kom sit. Na die fliek het ons gesels en dadelik net ge-“click”. Nadat ons nommer verruil het, het ek vir my vriendin gesê:“Hierdie man is my soulmate en ek gaan een dag met hom trou.”
Deur ons eindelose gesprekke in COVID het ons meer en meer oor mekaar geleer, ons het toe ook uitgevind dat daar verskeie kere was wat ons mekaar kon ontmoet het, maar die tydsberekening van hoe dinge gebeur het, kon nie beter gewees het nie.
Jadyn het my gevra om met hom te trou op ons 3 jaar herdenkking. Hy het die hele dag vooruit beplan. Hy het my na die Monte Casino Bird Park toe gevat, dit is ook waar ons, ons eerste amptelike “date” gehad het. Ons het die hele oggend daar spandeer. Daardie aand het hy my gevat vir aandete waar hy my gevra het om te trou. Alles was vir my ʼn groot verassing, maar my familie en vriende het almal daarvan geweet.

Trou Dekor en Styl:
Die troue se kleurskema en dekor styl beskryf word as elegant, romanties en effens modern met natuurlike elemente. Ons het ons altwee se gunsteling kleure gebruik as die kleurskema vir die troue.
Primêre kleure: Diep “emerald” groen en swart Sekondêre kleure: Sagte blospienk, wit en roomkleure.
Aksent: Natuurlike houttone
Hierdie palet het n balans van drama en sagte romans geskep. Die oorvloedige groenigheid en sagte blomme het ons troue ʼn welige, organiese gevoel gegee. Rou houttafels, die geometriese houtboog en natuurlike aksente leun in rustieke sjarme terwyl verfyning behou word.
Dis ʼn gesofistikeerde maar warm atmosfeer – wat aardse kleure met romantiese blomme meng en verhef word deur klein luukse besonderhede. Ons wou hê dat die troue se styl ons altwee sal spieëlbeeld, dit was eenvoudig minimalisties en perfek.

Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het hul intieme troue vir 30 gaste oor ongeveer ’n jaar beplan, met ’n totale begroting van R85 000.

- Fotograaf: RivLu Photography | Kontak
- Venue: Oakfield Farm | Kontak
- Blomme: Criore | Kontak
- Bruidegom-pak: Reliance Taylors | Kontak
- Dekor: Criore| Kontak
- Grimering: Mrs Müller Bridal Studio | Kontak
- Huwelikskontrak: Geldenhuys & co| Kontak
- Huurdienste: Criore| Kontak
- Paartjie se verblyf: Oakfield Farm | Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Reliance Taylors | Kontak
- Trourok: Catherin Walk | Kontak
- Bruid se Trouring: NWJ | Kontak
- Bruidegom se Trouring: NWJ | Kontak
- Troukoek: Benita’s Bakery| Kontak

