Wayne & Nakita se Romantiese Strand Verlowing op Bloubergstrand

Met groot opgewondenheid deel ons Wayne en Nakita se prentjie mooi strand verlowing fotosessie op Bloubergstrand met die ikoniese Tafelberg as agtergrond, vasgevang deur die talentvolle Lucille Scheepers Photography.

Ons is heeltemal verlief op hul fotosessie! Lucille het nie net die spesiale oomblikke vasgelê nie, maar ook die natuurlike en ontspanne atmosfeer perfek weerspieël. Die paartjie se neutrale uitrustings het mooi ingeskakel by die sagte lig en romantiese gevoel van die dag, wat alles saam ’n tydlose en intieme verhaal vertel.

Lucille Scheepers, ’n liefdevolle storieverteller deur fotografie, het elke spesiale oomblik van Wayne en Nakita se strand verlowing sessie vasgevang. Haar unieke styl bring nie net die natuurlike en ontspanne atmosfeer na vore nie, maar laat elke foto vertel van hul liefde en vreugde. Dit is duidelik dat sy met passie en fyn aanvoeling werk. Haar foto’s is nie net mooi nie, maar ook lewendig en eg. Lucille se fotografie laat ons voel asof ons self daar saam met die paartjie op die strand gestaan het.

’n Verlowing fotosessie is só waardevol. Dit gee paartjies die kans om hierdie unieke tyd in hul lewe in beeld te bewaar, om meer gemaklik voor die kamera te raak, en om hul fotograaf beter te leer ken voor die groot dag. Boonop skep dit pragtige foto’s wat gebruik kan word vir trou uitnodigings of ’n -webblad, wat ’n persoonlike en unieke element tot die hele ervaring toevoeg.

Rol af en geniet meer van Wayne en Nakita se verlowing fotosessie en lees verder oor hul liefdesreis.

Meer oor Lucille Scheepers:


Lucille Scheepers is ’n passievolle leefstyl- en trou fotograaf in die Wes-Kaap wat bekend is vir haar romantiese en dromerige styl. As ’n selferkende “hopelose romantikus” glo sy in sprokiesverhale en die krag van liefde, en dit straal deur in elke foto wat sy vasvang. Vir Lucille gaan trou fotografie oor meer as net mooi foto’s. Dit gaan oor die opregte emosies en spesiale oomblikke wat die hart van julle liefdesverhaal vorm.

Haar foto’s vertel ’n storie, jóú storie. Of dit nou ’n verlowing fotosessie op die strand of ’n troudag vol vreugde en gelag is, Lucille se werk vang dit alles vas op ’n natuurlike, tydlose manier. Sy hou van alles wat eg, mooi en betekenisvol is en dit wys duidelik in haar werk.

Lucille se talent het al erkenning gekry deur publikasies op Mooi Troues, sowel as haar plek as topfinalis in van Suid-Afrika se gesogte trou fotografie-toekennings. As julle opsoek is na ’n trou fotograaf in die Wes-Kaap wat met passie en styl elke oomblik van julle dag sal vasvang, dan moet Lucille Scheepers beslis bo-aan julle kortlys wees.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons is deur ’n gemeenskaplike vriend aan mekaar voorgestel. Snaaks genoeg het Wayne aanvanklik probeer om my aan een van my vriende voor te stel. Kom ons sê maar net daardie plan het glorieryk misluk.

Ons het toe uitgevind dat ons net 700 meter uitmekaar gewoon het, dieselfde vriendekring gedeel het en op al dieselfde plekke gekuier het, maar ons paaie het nooit gekruis nie. As ons terugkyk, besef ons dit was alles deel van God se perfekte tydsberekening.

Ons het vir 2 jaar uitgegaan en is nou al meer as 3 jaar verloof.

Die groot vraag:


Die verlowing was ’n algehele verrassing. Wayne, ons families en ek het ’n naweek weg beplan om Vadersdag, Wayne se pa se verjaarsdag en sy ouers se huweliksherdenking te vier, so om gevra te word om te trou was die laaste ding wat ek sou verwag.

Wayne en ek het saam gaan kanovaart (wat ek 99% van die tyd geroei het, omdat hy só senuweeagtig was). Toe ek uiteindelik omdraai, het hy die ring vasgehou en my gevra om te trou.

Toe ons terug by die wal kom, het ons families ’n volledige verrassing verlowing viering gereël. Die snaaksste deel? Ek het onwetend al die dekor self ingepak, omdat ek gedink het dit was vir een van die drie geleenthede wat ons daardie naweek gevier het!

Hoekom ons mekaar liefhet:


Nakita:

Een van my gunsteling dinge oor Wayne is hoe vriendelik en bedagsaam hy is. Hy het die mooiste hart. Hy is die soort persoon wat altyd aan ander dink, selfs op die kleinste maniere. Of dit nou is om seker te maak ek is oukei voordat ek eers besef ek is nie, of om uit sy pad te gaan om iemand spesiaal te laat voel. Sy vriendelikheid is net so eg en skaars. Ek voel regtig gelukkig om deur iemand soos hy liefgehê te word.

Wayne:

Dis moeilik om net een ding te kies. Daar is eerlikwaar nie ’n enkele spesifieke eienskap wat uitstaan nie, want daar is net so baie. Dis die manier waarop sy so diep liefhet en die vriendelikste hart het. Dis al die klein dingetjies wat bydra tot die groter prentjie. Ek is eenvoudig lief vir alles van haar.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons trou uiteindelik in Oktober!

Die verloofring:


Ons het eintlik die ring saam ontwerp vir iewers in die toekoms. Ek het glad nie verwag dat dit so gou sou wees nie.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou nog altyd ’n verlowingsfotosessie doen, maar het nooit die kans gekry nie. Met ons troue wat nou nader kom, het ons uiteindelik besluit om een te doen. Die foto’s word gebruik vir ons uitnodigings, ons webwerf en selfs in ons huis.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons wou regtig iets hê wat natuurlik en eg vir ons gevoel het, so die strand was die perfekte omgewing. Dis waar ons die meeste rustig voel, en dit hou baie spesiale herinneringe vir ons in. Die styl van die foto’s is eenvoudig, sag en natuurlik gehou. Ons wil egte en outentieke oomblikke vasvang, net ons, in ’n plek waarvan ons hou, vasgevang op ’n manier wat outentiek voel.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Om vir meer as drie jaar verloof te wees, het ons die ruimte gegee om saam te groei sonder om enigiets te jaag. Ons hoop was nog altyd om ’n sterk fondament te bou voordat ons in die huwelik tree, en ons voel meer gereed as ooit tevore.

Wat vrese betref, dink ons dis natuurlik om te wonder of alles volgens plan sal verloop of of ons dit “reg doen”. Maar aan die einde van die dag weet ons dat wat die meeste saak maak, is dat ons twee mekaar elke dag kies. Die res sal in plek val.

Visie vir droomtroue:


Eerlikwaar, ons droomtroue gaan nie oor enigiets besonders, groots of oordadig nie. Ons wil net omring wees deur ons naaste vriende en familie, om hierdie deel van ons liefdesverhaal saam te vier en te deel. Heerlike kos, goeie musiek, baie lag en al ons gunsteling mense saam op een plek. Dis die droom.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: