Gielie en Gabi se verlowing fotosessie tussen die perde in Yzerfontein, Wes-Kaap, is ’n pragtige voorbeeld van hoe besonders só ’n sessie kan wees. Die paartjie se fotosessie straal ’n romantiese, aardse atmosfeer uit, omring deur golwende grasvelde en majestueuse perde.
’n Verlowing fotosessie is veel meer as net nog ’n fotosessie, dit dien as waardevolle voorbereiding vir die troudag. Paartjies kry die kans om hul fotograaf beter te leer ken, vrae te vra, en waardevolle advies te kry. Boonop help dit hulle om gemakliker voor die kamera te voel, wat baie van die spanning op die groot dag kan verlig.
Daar is verskeie elemente wat bydra tot die sukses van ’n verlowing fotosessie. Die eerste is beslis die ligging en Gielie en Gabi se keuse van ’n oop veld vol perde was werklik asemrowend. Die tweede is hul kleredrag. Ons is absoluut mal oor hul styl van lig, neutraal en perfek in lyn met die natuurlike agtergrond. Neutrale, aardse kleure werk altyd uitstekend vir foto’s en bring ’n tydlose gevoel na vore.
Die paartjie het nou pragtige herinneringe in beeld vasgevang van hul verlowing tydperk, iets wat altyd kosbaar bly. Sulke spesiale oomblikke verdien om bewaar te word, sodat mens dit later visueel kan herleef.
Beplan julle aan julle troue? Mooi Troues se trougids maak dit makliker om professionele, betroubare diensverskaffers vir jul groot dag te vind.
Rol af om meer te lees oor Gielie en Gabi se liefdesreis en om nog van hul oulike verlowing fotosessie tussen die perde in Yzerfontein te sien.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Sonder dat ek geweet het, het die Here PRESIES geweet dat al wat dit gevat het van my om my droom man te kry was om op Gielie se Whatsapp status kommentaar te lewer oor die nuut vrygestelde liedjie “Ai my lam”! ( Jip, hy is nou al OUD, maar steeds SO lekker liedjie, haha!) Ek is verewig dankbaar vir “AI MY LAM!” Ek het altyd geglo my eerste amptelike kêrel sou een dag my man wees, en dit is presies hoe dit met Gielie uitgewerk het. Hy was my eerste amptelike kêrel, wie deur God gestuur is, en ek het net geweet—dit is dit! Hy het gearriveer! Ek het nooit enige tweede gedagtes oor Gielie gehad nie. Ek het net geweet.
Vir ewig sal ek dankbaar wees vir die nabyheid wat ek reeds met Gielie se familie gehad het voor ek en hy enigsins ernstiger begin raak het as vriende. Ek was reeds vir 4 jaar ‘n gereelde besoeker by die Van Der Vyver woning! Ek belowe my vriendskap met Isabella het geen ander bybedoelings gehad om net vir Gielie te kry nie, haha. Dit is maar net hoe die Here werk, “You cannot stop it!”

Die groot vraag:
Baie onbepland!!! Yzerfontein. Ek het niks geweet nie, Vriende en familie was betrokke. 😃 Die MOOISTE SONSAK, op die mooiste Yzerfontein strand, op ‘n heuweltjie! Ek kry sommer hoendervleis. Dit was so spesiaal!!!

Hoekom ons mekaar liefhet:
Gielie se rustigheid en sy standvastigheid in die Here is vir my bitter spesiaal en iets wat ek hom voor ‘honour’. Gabi se hardwerkendheid en haar ‘caring nature’ vir almal om haar.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ses maande

Die verloofring:
Gielie het min of meer geweet wat ek wou hê, ons het lank terug verby ‘n winkel gestap toe sê ek vir hom, “Note, daar is my ring vir eendag!” en toe het hy dit hele tyd daarna selfde vorm ring laat maak by tannie Carine van Zyl. Sy is SO goed. My ring is SO SO MOOI!

Rede vir die verlowing fotosessie:
Inecke is ‘n warm mens en het bygedra tot so baie memories!!! En tog wil mens foto’s hê as jy wil terugkyk na die oomblik!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Natuurlike, “earthy” foto’s!

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
GEEN! Die Here het ons bymekaar gesit, en dit weet beide ek en Gielie al vandat ons begin uitgegaan het.

Visie vir droomtroue:
Eenvoudig, ietsie anders! Verkieslik buitelig en ons wil net hê almal moet die Here kan ontmoet daai dag!

- Fotograaf: Inecke Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: Yzerfontein
- Verloofring: Carine Van Zyl Jewellery| Kontak

