CF & Tara Lee se Avontuurlike Seiljag Verlowing Fotosessie

Ons is opgewonde om CF en Tara Lee se avontuurlike seiljag verlowing fotosessie met ons lesers te deel. Hierdie romantiese fotosessie, wat plaasgevind het in ‘n natuurlike omgewing met ‘n tikkie avontuur, is perfek vir paartjies wat op soek is na iets anders.

CF en Tara Lee se uitrustings het perfek by die atmosfeer van die ligging gepas. Sy het ‘n vloeiende rok met blompatrone gedra, terwyl CF netjies maar informeel gelyk het in ‘n wit linne knopies hemp en opgerolde denim.

Hulle het nie gehuiwer om spontaan in die water te spring nie, hulle het geswem en gelag terwyl Snippets Photography & Design ongedwonge oomblikke vasgevang het.

Hierdie verlowingsfotosessie was speels, romanties, avontuurlustig en eg. Die foto’s het die liefde en geluk van CF en Tara Lee op unieke wyse vasgelê. Die seiljag en die uitgestrekte water het ‘n onvergeetlike agtergrond geskep vir hul spesiale oomblikke.

As julle ook lus is vir ‘n bietjie avontuur soos CF en Tara Lee, begin gerus deur julle fotograaf te soek op Mooi Troues se aanlyn Trougids.

Rol af en geniet hul pragtige fotosessie!

Meer oor Snippets Photography & Design


Snippets Photography & Design is die kreatiewe oog agter stylvolle trou fotografie en -videografie regoor Suid-Afrika. Hierdie Gauteng-gebaseerde duo reis na elke hoekie van die land om paartjies se unieke liefdesverhale vas te vang. Met ’n fokus op emosie, lig en detail, skep hulle tydlose beelde wat nie net herinneringe bewaar nie, maar ook gevoel vasvang.

Elke foto vertel nie net julle storie nie, dit wys ook ’n bietjie van húlle hart. As jy droom van kreatiewe trou fotografie wat eg en romanties aanvoel, is Snippets Photography & Design die perfekte keuse om dié spesiale dag vir altyd te verewig.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons storie gaan eintlik terug na matriek vakansie, op Margate se strand in 2012. Smoor verlief en alles tussen in, het ons paaie ongelukkig geskei, maar steeds kon ons nie mekaar uit los nie. Soos die jare verby gegaan het, het ons kontak gehou en in 2024 “We picked up where we left off”. Ons tweede keer se eerste afspraak was eintlik Valentynsdag. Hy vier dit glad nie, maar ek het hom oortuig, met ‘n laerskool Valentyns geskenk pakkie omgekoop en lekker kos, die res is nou geskiedenis en 10 maand later was CF baie seker van sy saak.

Die groot vraag:


Dit was op ons Desember road trip saam af Kaap toe. Op ons vierde dag in die Paarl, het CF my verras. Ek’t geen idee gehad nie. Daar was hints, maar ek van niks geweet nie(oor my kop gewaai). Ons kom toe by die verblyf, dit was op n rivier, in ‘n dome tent, met die berge in die horison en ‘n lekker braai begin, net ons twee in die natuur.

CF vra my toe om iets in ons sak te gaan haal, maar ek mag nie te lank soek nie. Hy speel toe ons liedjie wat hy my gegee het toe ons 2012-2013 in ‘n verhouding was. Toe ek die deur oop swaai was hy op sy knieg met die boksie in sy hande. Die deur het terug geklap op my ook nog, nie te min het ek na hom toe gehardloop, drukkies gegee en die grootse JA op 22 Desember 2024 gesê. Ek knyp myself nog elke dag, “cause we can make a movie with this love story”.

Geen familie was betrokke nie. CF HET ALLES SELF GEDOEN. Net die ouers se toestemming was gevra, maar niemand het die datum of waar of hoe geweet nie. Ons almal was verras.

Hoekom ons mekaar liefhet:


CF se eienskappe:

  • Sy lag en glimlag(maak my knee lam).
  • Sy geaardheid. Hierdie man kan my wat ‘n storm is so kalmeer, hy is goed vir my siel en ook ander om hom. Hy wat baie hardwerkend is, sy sin van humor. Dat hy godvresend is en my met soveel respek hanteer.

Tara se eienskappe:

  • Eerlikheid
  • Goed-hartigheid
  • Verskriklik liefdevol

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ek en CF het dieselfde gevoel dadelik. Ons trou om te trou. So ons het die eerste beskikbare datum gekry wat amper presies vyf maande sou wees.

Die verloofring:


Ek was verras deur CF weer met my ring. Dit is pragtig in elke manier. Dit is elegant, met n impak, net reg en perfek vir my. Elke persoon wat my goed ken het gesê “Die is ‘n Tara ring”. CF se storie aan my oor die ring se keuse was dat hy net altyd opgelet het wat ek van gehou het en na gekyk het, maar op die ou einde het hy dit gekies, want dit het hom maak voel DIS EK.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou baie graag die geleentheid in fotos sit. Ons memories maak lewe vir altyd. Boonop dit ons troudag fotograwe in aksie sien.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Dit is vir my een van die mees spesiaalste plekke in my lewe, en om my spesiaalste mens by my te hê en dit te deel maak dit ‘n droom wat waar geword het. CF het gedink dit is cool, so was maklik om in te stem op die plek.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons twee was seker van ons dinge al van die begin. Ons het geen vrese nie, en ek sal se ons verwagtinge is slegs groei saam, mekaar nooit ophou leer ken, aanhou mekaar ondersteun en aanhou droom saam

Visie vir droomtroue:


Ons troue moes ons vinnig beplan, maar dit was maklik want CF het my toegelaat om my droom troue te maak gebeur. Ons trou in ‘n woud tussen die mooiste, hoogste bome. Die dag is met ons naaste mense wat klein gaan wees. My eie sprokiesverhaal met my prins, liggies en die natuur. Ek’t alles self beplan en my ma het help dit waar maak. Ons het saam bespreek dat van die dinge sal tradisioneel bly, maar tog is die ‘n groot jool en ‘n groot dag vol liefde om te vuur en dis die belangrikste.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: