Jo-Hanko en Louise se kleurvolle buitelug troue in Pretoria was ’n absolute treffer! Hierdie paartjie se troudag was gevul met kleurvolle elemente, en bo en behalwe dit alles, ’n asemrowende buitelug onthaal. Wat meer kan mens nou vra om ’n troue nóg meer prentjiemooi te maak?
Hul seremonie was besonders spesiaal en het onder ’n prieel plaasgevind wat met wingerde oordek is. Dit het nie net vir die gaste heerlike skadu gebied nie, maar ook die natuurlike omgewing en groenigheid by hul seremonie ingesluit. Die helder pienk en oranje blom ontwerpe wat aan die buitelug kapel se sy balke gehang het, het alle aandag op die paartjie gevestig.
Na die seremonie het die paartjie hul troukoek gesny – iets wat ons altyd as ’n oulike idee beskou. Troukoeke is dikwels só mooi, en om dit op ’n spesiale manier aan te bied en te sny wanneer almal se aandag daarop gevestig is, maak dit nóg meer betekenisvol.
Hul fotosessie was ongelooflik romanties, met die sagte sonlig wat op hulle geval het. Die plaas met sy lieflike tuine het amper soos ’n Franse dorpie gevoel, wat die perfekte agtergrond vir só ’n beeldskone troue geskep het.
In kontras met die weelderige groenigheid en goed-versorgde tuine, is twee lang tafels en ’n bruidstafel in die buitelug opgestel. Twee lang houttafels, bedek met wit tafellopers en omring deur wit stoele, het die basis gevorm vir ’n gesellige buitelug onthaal. Spatsels van pienk en oranje kleure uit die kreatiewe blomontwerpe en helder kerse op die tafels het ’n moderne, stylvolle en uiters vrolike voorkoms geskep. Feetjieliggies wat bo die tafels gehang het, het die mooiste atmosfeer geskep.
Rol af om meer te lees oor die paartjie se spesiale dag. Besoek Mooi Troues se trougids om die beplanning van julle eie troue te begin.

Trourok:
My rok was baie elegant en eenvoudig. Glad nie wat ek gedink het ek sou dra nie, maar tog was dit so mooi, tydloos en romanties.

Paartjie se Verlowing:
Dit was die spesiaalste en mees onverwagse dag. Jo-Hanko het vir my gesê hy dink ons behoort eers in November 2024 verloof te raak, min wetend dat hy reeds alles so mooi beplan het. Hy het vir my gesê ons gaan een Saterdag in Junie saam met ons ma’s ontbyt gaan eet by Kleinkaap Boutique Hotel. Hy het so mooi met my ma gereël dat my naels gedoen sal wees en self dat ek ʼn mooi rokkie sal aanhê, hy het ook seker gemaak my wit tekkies is mooi skoon. Saterdag 22 Junie het my ma my kom oplaai, ons het by Kleinkaap aangekom en ek sien toe daar is ʼn esel met ʼn plakkaat op.
Die groot oomblik
Ek sien toe foto’s van ons op die plakkaat, maar registreer nie dadelik wat aangaan nie. My ma gee toe ʼn koevertjie vir my en se “geniet dit” en sy loop toe. Ek het die koevertjie oopgemaak en daarin was ʼn briefie wat se “Hier is wat jy moet doen: Haal diep asem, vergeet van alles en almal (behalwe Jesus), Neem die oomblik in, dit gebeur net eenkeer.”
Ek het toe natuurlik besef wat aangaan en weer na die plakkaat gekyk. Op die plakkaat was 4 blokke, in die eerste was ons heel eerste foto ooit saam wat ons in Graad 11 geneem het, in die tweede een was ons eerste date foto wat ons omtrent ʼn jaar en ʼn half voor die tyd geneem het en in die derde een ʼn leë blok met die vraag verlowing foto? en in die vierde een, die vraag troufoto?
Net langs die esel links af was daar ʼn padjie gemaak met roosblare, kerse en foto’s van ons. Die padjie het gelei na so toegeboude klipmuur. Daar het hy vir my gewag, in hart wat met roosblare uitgelê is. Die res is ʼn blur. Ek weet net ek het alles moontlik gevoel, ja gesê en baie gehuil. Ons albei se ouers was daar en ons het ontbyt saam met hulle geëet na dit. Dit was die mees perfekte dag!

Verloof- en Trouringe:
My ring is goud met ʼn ovaal vorm steun, binne my ring se pant is die versie Matteus 6:33 gegraveer. Jo-Hanko se ring is baie spesiaal. Dit was sy oupa se trouring. Die ring is goud en ek het die woorde “koning, priester, profeet” daarin graveer.

Trou Dekor en Styl:
Die twee hoof kleure was pienk en oranje. Ons sien onsself is baie kleurvol, speels en pret. Ons wou graag hê dat dit moet deurtrek in ons troudag en dat al die gaste dadelik daai gevoel kry wanneer hulle by ons troue aankom. Ek wou nie die gewone tipe trou kleure gehad het nie, my man se ook altyd “ek wil nie doen wat ander mense doen nie” Ek dink die dekor en blomme en selfs die bruidsmeisies se kleurvolle rokkies het dit so mooi beklemtoon, ek is nie ʼn dag spyt oor ons keuse nie.

Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het hul droomtroue oor ʼn tydperk van ses maande beplan, met die hulp van ʼn troukoördineerder wat alles na perfektheid gelei het. Hulle het ongeveer R150 000 aan die groot dag bestee en het 90 gaste genooi om die spesiale geleentheid saam met hulle te vier.

- Fotograaf: Suikerbekkie fotografie | Kontak
- Venue: Bell Amour Wedding Venue | Kontak
- Blomme: Bell Amour Wedding Venue | Kontak
- Bruidegom-pak: JT-Tailors – Menlyn | Kontak
- Dekor: Bell Amour| Kontak
- Gaste Geskenke: Chocnotes| Kontak
- Grimering: Adele B| Kontak
- Hare: Adele B| Kontak
- Huwelik kontrak: Wiese en Wiese| Kontak
- Huweliksbevestiger: Unite180 – Pastoor Ruan Spies
- Juweliersware: Lovisa
- Koördineerder: Bell Amour – Inge| Kontak
- Kroegdiens: Bell Amour| Kontak
- Musiek: Fame Productions| Kontak
- Paartjie se verblyf: Bell Amour| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Boot and Rally| Kontak
- Skoene: SHEIN
- Skryfbehoeftes: Self gedoen
- Spyseniering: Bell Amour| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Style by Sarien| Kontak
- Trourok: Michelangela| Kontak
- Bruid se Trouring: Poggenpoel| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Poggenpoel| Kontak
- Troukoek: Bell Amour| Kontak
- Videograaf: Suikerbekkie| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius – Grande Bae
- Wittebrood Plek: Mauricia Beachcomber resorts
