Eben en Britney se stylvolle troue is gevul met pragtige elemente wat nie net visueel bekoorlik is nie, maar ook ʼn tydlose elegansie uitstraal. Hierdie paartjie se spesiale dag bied hope inspirasie vir paartjies wat op soek is na ʼn klassieke troustyl wat altyd stylvol sal bly.
Britney het asemrowend gelyk in haar elegante trourok van Bridal Room. Ons is heeltemal verlief op hoe perfek die rok aan haar pas. Die fyn detail aan die bokant van die rok, saam met die dun bandjies oor haar skouers, is besonder mooi. Die vloeiende ontwerp van haar rok het perfek by die elegante atmosfeer van hul troudag gepas. Eben het self baie netjies en deftig voorgekom in sy ligte troupak, gekombineer met bruin skoene en ʼn bruin das – ʼn perfekte pasmaat vir die troudag se neutrale, sagte kleurskema.
Die seremonie het plaasgevind in ʼn indrukwekkende dubbelvolume glas kapel – ʼn kenmerk van dié gewilde trou bestemming. Na die seremonie het gaste smaaklike vingerhappies geniet onder die bome op die pragtig versorgde grasperk van die venue. Die gebruik van rottangstoele, saam met ander rottang elemente op die happiestafel, het ʼn besondere visuele aantrekkingskrag geskep.
Die onthaal lokaal was elegant en stylvol. Bliss Floral Creations, wat verantwoordelik was vir die blomme en dekor, het ʼn meesterstuk gelewer. Ons is mal oor die pragtige wit blomontwerpe wat pragtig afsteek teen die ligte houttafels. Wit Tiffany-stoele het ʼn ekstra tikkie elegansie aan die gaste se sitplekke gegee en het perfek by die dekorstyl ingepas. Die ligte wit- en sandkleurige elemente in die blompotjies op die tafels het ʼn sagte, romantiese gevoel geskep. Silwer onderborde het weer daardie tydlose gevoel aan die dekor bygevoeg.
Rol af om meer te lees oor Eben en Britney se spesiale dag en om hul pragtige troufoto’s te geniet.

Trourok:
My trourok is ʼn dromerige kombinasie van tydlose elegansie en moderne sagtheid. Die delikate, dun bandjies en gedetailleerde krale om my middel skep ʼn romantiese en verfynde voorkoms. Die rok vloei oor in sagte lae tulle, wat ʼn eteriese, ligte gevoel gee. Elke detail, van die subtiele sprankeling tot die vloeiende romp, voel soos ʼn sprokie wat waar geword het.

Paartjie se Verlowing:
Ons het Paasnaweek 2024 by die see in Southbroom deurgebring. Eben wou my eintlik vroeër vra by die see, maar ons albei was vreeslik siek van skaapvleis! Uiteindelik, op die dag voor ons teruggevlieg het huis toe—op 1 April—het hy my op die strand gevra. En nee, dit was nie ʼn April Fools-grappie nie! (Haha). Ek moes twee keer kyk om te besef dit is rêrig my ring, en toe ek dit doen, het ek net trane van pure geluk gehuil. Dit was een van die mooiste dae van my lewe!

Verloof- en Trouringe:
My trouring is ʼn tydlose simbool van liefde en verbintenis. Dit is gemaak van witgoud, met ʼn sagte en elegante ontwerp wat sy betekenisvolle eenvoud beklemtoon. Die ring pronk met drie pragtige stene—ʼn diep betekenisvolle simbool van ons verlede, hede en toekoms saam. Elke steen weerspieël ʼn deel van ons reis, gevul met herinneringe, vandag se liefde en die belofte van ʼn toekoms vol groei en saamwees.

Meer oor Bridal Room:
Bridal Room in Pretoria is toegewyd daaraan om elke bruid se droom te laat realiseer – van die oomblik wat sy “Ja!” sê, tot op die dag wat sy haar “Ek sal!” beloof. Hierdie boetiek is bekend vir sy elegansie, unieke styl en uitmuntende kliëntediens.
Hulle bied ’n uitgebreide reeks uitrustings vir die bruid en haar strooimeisies – van pragtige trourokke tot oulike blommemeisie-rokke van The Fashion Atelier, asook stylvolle bykomstighede wat enige voorkoms perfek aanvul. Die rokke wissel van eenvoudige, klassieke ontwerpe tot asemrowende kreaties van kant en satyn – ideaal vir enige smaak of stylvoorkeur.
Of jy nou droom van iets tydloos en elegant, of iets meer dramaties en opvallend, is Bridal Room die perfekte bestemming vir ’n onvergeetlike passessie en ’n rok wat jou spesiale dag net nog meer besonders maak.

Meer oor Bliss Floral Creations:
Bliss Floral Creations is ’n boetiek trou blomme ontwerp- en dekor verhurings maatskappy, geleë in Johannesburg. Hulle is passievol oor alles wat met blomme en troues te doen het, en werk nou saam met elke bruid om seker te maak haar troudag is uniek en besonders.
Hulle verstaan hoe belangrik jou groot dag vir jou is. Dit is in die skep van daardie spesiale oomblikke – wanneer vreugde en styl saamkom – waar Bliss Floral Creations uitblink. Hul doel is om elke keer die verwagtinge van hul kliënte te oortref.
Met ’n persoonlike benadering werk Bliss hand aan hand met jou om te verseker dat elke reëling jou visie weerspieël en binne jou begroting bly. Dis so dat hulle help om jou troudag werklik onvergeetlik te maak.

Trou Dekor en Styl:
Ons het gegaan van sag elegant en romanties, ons het alles wit rose en blomme gehad regdeur die troue, ons tafels was modern en nie te besig nie, ons het gebruik gemaak van orgideë, rose en ʼn mengsel van wit blomme.

Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het hul troue self beplan oor ’n tydperk van tien maande, met ’n trou begroting van R180 000. Hulle het 110 gaste onthaal op hul spesiale dag.

- Fotograaf: Picture Us | Kontak
- Venue: Lace on Timber | Kontak
- Blomme: Bliss Floral Creations | Kontak
- Bruidegom-pak: Eurosuite Parkview | Kontak
- Dekor: Bliss Floral Creations| Kontak
- Fotohokkie: Photoboo-thing| Kontak
- Grimering: Elaine make up Artistry| Kontak
- Hare: Elaine make up Artistry| Kontak
- Huwelik kontrak: Britt van Wyk Attorneys| Kontak
- Huweliksbevestiger: Doxa Deo Raslouw| Kontak
- Koördineerder: Kristy (Lace On Timber)| Kontak
- Musiek: Gauteng DJ| Kontak
- Skoene: Aldo| Kontak
- Trourok: Bridal Room| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Orbit Rings| Kontak
- Troukoek: Karin Tolmay (familie lid)
- Wittebrood Bestemming: – Pilansberg
