Paartjies wat inspirasie soek vir ʼn strandtroue sal Godfrey en Zoë se stylvolle boho strand troue in Yzerfontein baie geniet.
Hulle het op die strand getrou – ʼn prentjiemooi seremonie waar gaste op houtstoele gesit het en wit sambrele gekry het om koel te bly. Die paartjie het onder ʼn asemrowende ronde boog van vars en gedroogte blomme hul geloftes afgelê.
Die onthaal was by ʼn stylvolle strandvilla met ʼn ongelooflike uitsig oor die see. Lang wit tafels met sagte tafellopers, rottang plekmatjies en pampasgras het ʼn warm boho-strand gevoel geskep. Die blommerangskikkings het bestaan uit wit rose, orgideë en pampasgras, perfek vir die tema. Die troukoek – ʼn stylvolle tweelaag ontwerp – het ook mooi ingepas.
Zoë het asemrowend gelyk in haar elegant gesnyde rok, met ʼn stylvolle sleep wat liggies geval het. Haar wit ruiker, ʼn kombinasie van pampasgras, rose en orgideë, het haar voorkoms perfek afgerond. Godfrey het net so deftig voorgekom in sy ligkleurige pak en wit hemp – sonder das, ideaal vir ʼn strandtroue.
Southern Sound het gesorg vir die regte musiek en ʼn heerlike atmosfeer by die onthaal.
Rol af vir meer oor hierdie spesiale dag vol styl en liefde.

Trourok:
Die rok wat ek gekies het, was niks soos wat ek oorspronklik gedink het ek sou hê nie! Ek het begin soek na ʼn boho, noupassende rok met ʼn Italiaanse kant, maar toe word ek verlief op heeltemal iets anders—ʼn dromerige A-lyn tulle rok met die mooiste detail en beweging.
Die Santolina-rok deur Aleena Leena het my hart gesteel die oomblik toe ek dit aantrek. Die sag gedrapeerde bustier het perfek gepas met die perfekte balans van elegansie en gemaklikheid, terwyl die veer sag lae tulle so ʼn romantiese, vloeiende effek geskep het. Elke klein detail, van die fyn bedrade lyfie tot die ligte, sprokiesagtige materiaal, het my laat voel asof ek uit ʼn feëverhaal kom!
Wat hierdie rok vir my ekstra spesiaal gemaak het, is hoe gemaklik en moeiteloos dit beweeg het. Of ek nou in die paadjie afgestap het of op die dansvloer rondgedraai het—dit was net perfek!
Dit het nie net oor die mooiste rok gegaan vir my nie, maar hoe ek daarin gevoel het. En hierdie een? Dit het my soos ʼn prinses laat voel op my spesiale dag!


Paartjie se Verlowing:
Op ʼn aand waar ek glad nie planne gehad het om uit te gaan nie—wat nog te sê na ʼn plaaslike kroeg – het ek geen idee gehad ek gaan my eie liefdesverhaal begin skryf nie.
Daardie aand vang ek oog met ʼn man wat my heeltemal van my voete af geslaan het. Maar voor ek kon verwerk wat aangaan, moes hy en sy vriende aanbeweeg na ʼn ander kroeg. Ons het net ʼn paar woorde gepraat—definitief nie genoeg om nommers uit te ruil nie. Toe hy wegstap, het ek net gedink: “Wel, dis dit, Ek sal hom seker nooit weer sien nie.”
Ses maande later gaan ek in op Tinder en wie ‘match’ ek mee? Hý! Een spontane ‘swiep’ en skielik het alles verander.
Nog ses maande later sit ons op een van ons gunsteling plekke, op die kuslyn rotse langs die see, met sushi en wyn terwyl die son sak en die branders wat breek oor die rotse. Ons lees soos altyd ons fortuin-koekie-boodskappe vir mekaar net na ons sushi geeet het.
Maar hierdie keer was myne anders. Godfrey het vooraf die restaurant gekontak en gereël om ʼn spesiale boodskap in my koekie te laat sit. Toe ek dit oopmaak, lees ek: “Will you make every moment as sweet as this cookie? Marry me?”
En net so, in ʼn oogwink, het my mooiste fortuin my werklikheid geword.

Verloof- en Trouringe:
My verloofring op sy eie is ʼn absolute droom. Dit het daardie perfekte sprokiesagtige gevoel—fyn, skitterend en delikaat, maar steeds pragtig besaai met diamante.
Die ring het ʼn 18K goue band met ʼn 1-karaat rondgeslypte briljante diamant, kleurgradering D en suiwerheid VVS2—ʼn werklike skouspelstuk. Omdat dit so ʼn opvallende ring is, het ons geweet dat ʼn ekstra diamante-trouring te veel sou wees. Daarom het ons besluit op ʼn eenvoudige, dun 18K roosgoud-trouring, wat die verlowingring komplimenteer en perfek pas sonder om te oorweldig.
Vir die bruidegom moes ons iets kies wat sterk en duursaam is wat sy fisiese werk aspekte kan weerstaan. As ʼn gesondheid- en veiligheids spesialis werk hy gereeld met veiligheids gereedskap, wat beteken sy hande is aan rowwe toestande blootgestel. Duursaamheid was eerste prioriteit, so ons het geweet dat sy ring alle toestande moet kan vat, en daarom het ons ʼn platinum-trouring gekies—kragtig, tydloos en perfek vir sy daaglikse lewenstyl.
Ons ringe is meer as net juweliersware—dit is simbolies van ons reis, ons verbintenis en ons persoonlikhede. Myne is elegant en romanties, syne is sterk en prakties. Saam is hulle die perfekte pasmaat—net soos ons.

Trou Dekor en Styl:
Ek het naby die see groot geword, so vir my is stranddae ʼn moet elke somers naweek. Toe dit by my troue kom, was daar geen twyfel—dit moes op die strand en kaalvoet wees.
Ek was nog altyd mal oor neutrale kleure—soos ʼn rustige strandhuis met verskillende skakerings van wit, room, en nude. Dit het die basis geword vir ons trou-tema: ʼn boho, strand-styl met ʼn bietjie terracotta wat die goue sonsondergang gloed weerspieël. Net soos ons liefde vir die see, is ons ook mal daaroor om saam die sonsondergang te kyk. Dit is hoekom die sagte sandkleurige skakering van die strand en die warm sononder lig ons hele tema geïnspireer het.
Vir die dekor het ons pampasgras, wit rose en wit orchideeë gekies—ons absolute gunsteling. Die eettafel was ʼn elegante refleksie, pragtig uitgelê met ons kleurskema, blomme, en goue aksente in die eetgerei en kandelaarhouers, wat ʼn lekker sonskyn gloed gevoel gegee het.
Elke detail het prentjie mooi saamgekom, wat ʼn atmosfeer geskep het wat net soos ons gevoel het—rustig, warm en vol liefde, net soos die see en sonsondergange wat ons liefhet.

Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het hul intieme selfdoen-troue oor ses maande beplan, met ʼn trou begroting van R145 000 en ʼn gastegetal van slegs 21 mense, wat vir ʼn persoonlike en spesiale dag gesorg het.

- Fotograaf: Boland Weddings | Kontak
- Venue: Eternity | Kontak
- Blomme: Limitless Events| Kontak
- Bruidegom-pak: Fabiani
- Dekor: Limitless Events| Kontak
- Grimering: Make-Up by Mia Taylor| Kontak
- Hare: Thelma @ Thairapy| Kontak
- Huwelik kontrak: Jooste Heswick Inc.| Kontak
- Huurdienste: Limitless Events| Kontak
- Huweliksbevestiger: Pieter Weenink – Gracelife Ministries Stellenbosch
- Juweliersware: Lovisa
- Platejoggie: Southern Sound| Kontak
- Spyseniering: Life’s Little Feasts| Kontak
- Trourok: The Wedding Boutique SA| Kontak
- Bruid se Trouring: Ogilvie Gems| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Cape Diamonds| Kontak
- Troukoek: Cake Me Happy| Kontak
- Videograaf: Boland Weddings| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Maldives
- Wittebrood Plek: Reethi Faru Resort

