PJ & Arnu se Kontemporêre Elegante Troue in Slanghoek

PJ en Arnu se kontemporêre, elegante troue is so pragtig dat ons by Mooi Troues seker is dat ons lesers baie inspirasie sal vind vir hul eie troue. Hierdie paartjie het in Slanghoek, naby Worcester, getrou, omring deur wingerde en die majestueuse berge van die Boland-distrik. Die semi-bewolkte dag, met sonstrale wat deur die wolke breek, het vir dramatiese en asemrowende trou foto’s gesorg.

Hul troudekor was elegant en stylvol, met ʼn swart-en-wit kleurtema en roomkleurige tafeldoeke wat ʼn rustige balans geskep het teen die dramatiese elemente. Swart blompotjies in verskillende groottes, gevul met delikate wit blomme in uiteenlopende rangskikkings, het ʼn treffende kontras gebied teen die donker dekor, wat ʼn elegante en kontemporêre fokuspunt gevorm het.

Die bruidegomme het stylvol gelyk in hul swart pakke, wit hemde en swart strikdasse, perfek in lyn met die gesofistikeerde atmosfeer van hul troudag.

Hul trouringe was meer as net simbole van toewyding. PJ en Arnu se ringe vertel ’n storie van familie, erfenis en onvoorwaardelike liefde. Arnu se verloofring dra sy familiewapen, terwyl PJ se ringe ʼn kosbare geskenk van sy moeder is.

Wat regtig die kollig gesteel het, was die asemrowende ses-laag troukoek! Hierdie koek was ’n visie van klassieke eenvoud, versier met gladde wit versiersel en delikate detail om die rande, wat ’n romantiese tekstuur geskep het.

Beplan julle aan julle eie droomtroue? Besoek Mooi Troues se Aanlyn Trougids om al julle trou idees te help realiseer.

Rol af om meer te sien PJ en Arnu se kontemporêre elegante troue in Slanghoek en daar is ʼn voorskou film deur Etienne Botha vir julle om te geniet.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het verloof geraak in die Matroosberge tydens die sneeu in September 2023. Die sneeu was altyd baie spesiaal vir Arnu, en so het PJ besluit om die vraag in die sneeu te vra. PJ se vriendin Ilze, wat toe weet wat hy beplan, laat weet die oggend dat daar n sneeu voorspelling is en dat hy dadelik moet ry voor die sneeu kykers die sneeu betrap. So is ons toe Ceres toe met Arnu wat so opgewonde is oor die sneeu dat hy geen idee het wat oppad is nie.

Toe ons by die berge kom begin PJ senuagtig word, want ons sien toe nie baie sneeu nie. Hy besluit toe om net aan te hou ry en ons kom toe op ʼn pragtige sneeu bedekte prentjie af. Toe ons uitklim maak die hemele oop en die sneeu begin toe val. Toe dit by die eintlike vraag kom was dit net PJ, Arnu en nog ʼn man op die pad. PJ vra toe vir hom om ʼn foto te neem, en so is dit toe dat hy ʼn fotograaf was. Ons was só emosioneel dat ons nie eers sy naam gevra het nie. Die verloofring was ʼn familie ring van Arnu se pa.

Paartjie se Uitrustings:


Ons is altwee klasiek in natuur en wou hê dat ons uitrustings dit moes reflekteer. Ons het besluit dat ons altwee klasieke tuxedo’s gaan aanhê.

Meer oor Etienne Botha


Etienne Botha spesialiseer in trou fotografie en videografie, met ʼn voorkeur vir natuurlike lig en kleure, en ʼn joernalistieke styl om die troudag op ʼn tydlose manier vas te vang. Hy verewig kosbare oomblikke terwyl herinneringe gemaak word. Gebaseer op ʼn plaas naby Villiersdorp, reis hy graag oor die Wes-Kaap en na die Vrystaat om sy dienste te lewer.

Belê in Etienne Botha se kundigheid om jul spesiale dag perfek vas te vang.

Verloof- en Trouringe:


  • Verloof ring van Arnu: Familie wapen ring.
  • Troupante: PJ se ma het haar twee troupante wat weërs kante van haar verloof ring sit vir ons gegee.
  • Troupant PJ: Die troupant in oorspronklike vorm.
  • Troupant Arnu: ʼn Ontwerp deur Phillip Joubert wat die oorspronklike pant gekombineer het in sy ontwerp. Die ontwerp is uit die oorspronklike goud met silwer en ʼn groen morganiet as toevoegings.

Trou Dekor en Styl:


Die algehele styl van die troue was klasiek, romanties maar steeds manlik. Ons kleurskema was swart, wit en steen. Dekor was taamlik minimalisties en die blomme was alles wit sonder loof in swart glas potjies, gekombineer met n kombinasie van dun swart kerse en wit pilaar kerse.

Op die tafel het ons vir elke gas ʼn persoonlike handgeskrewe boodskap geskryf wat ook hulle naam kaartjie was. Op die naamkaartjie was ʼn monogram uit laser gesny, die monogram het ons ʼn paar keer herhaal op verskillende plekke in die troue.

In die kerk het ons ʼn groot fokus ruiker gehad alles uit wit blomme, ons het die selfde ruiker gebruik by die onthaal gebruik wat ons PJ se ma se veil by gevoeg het.

Trou Begroting en Beplanning:


PJ en Arnu het hul troue self beplan oor ʼn tydperk van 14 maande, met ʼn begroting van R200 000 en 107 gaste.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: