Juhan en Rochelle se elegante winter troue in Ermelo, Mpumalanga, was romanties en stylvol. Die paartjie het op die koudste dag van 2024 getrou, wat veroorsaak het dat hulle nie hul trou foto’s kon neem nie weens die ongunstige weer. Gelukkig was daar ʼn oplossing. Mooi Troues se lesers mag die paartjie herken van ʼn gestileerde fotosessie wat ons vroeër gepubliseer het – klik hier om meer te sien.
Hulle troudag is gevier by Smitsfield Venue, ʼn veelsydige trouplek in Ermelo wat enige paartjie se visie vir hul groot dag kan verwesenlik. Die venue se industriële ruimte, met sy hoë plafonne, is die ideale plek vir ʼn romantiese geleentheid. Hierdie onthaal ruimte omskep met pragtige, wit blomontwerpe wat die middelpunt van die dekor was. Blomrangskikkings met ʼn verskeidenheid teksture en diepte is noukeurig gekies om ʼn asemrowende visuele toneel te skep. Die kontras van die wit blomme teen die donker vase en houttafels het dramatiese effek gebied. Die troudekor was minimalisties en modern, met sement onderborde en swart eetgerei, terwyl kerse gesorg het vir ʼn romantiese atmosfeer.
Juhan en Rochelle het beslis die kollig gesteel met hul trou uitrustings. Rochelle het asemrowend gelyk in haar A-lyn trourok van wit satyn met dramatiese moue. Sy het haar voorkoms uniek gemaak deur ʼn hoed in plaas van ʼn sluier te dra. Juhan het haar styl vervolmaak met ʼn goed gepaste swart pak en swart strikdas, en om sy voorkoms ook uniek te maak, het hy spierwit tekkies gedra.
Ons hoop julle kry inspirasie vir julle eie winter troue. Rol af en laat julle meevoer deur die pragtige foto’s van Juhan en Rochelle se elegante winter troue in Ermelo.

Trourok:
Rochelle se trourok is by Vonvé Bridal Couture gekoop. Haar rok is van die Millenovan Collection genaamd die Besset-rok. Elegant en tydloos is die perfekte beskrywing van Rochelle se trourok. Die rok beskik oor ʼn pragtige gekonstrueerde korset met moderne bors detail en dramatiese moue. Die trourok is gemaak van swaar wit satyn materiaal en die rok se A-lyn satyn romp is sag en vloeiend met ʼn moderne slit aan die kant en lang sleë.
Om die rok te komplimenteer is ʼn hoed gebruik in plaas van ʼn sluier om te pas by die moderne en dramatiese gevoel van die trourok. Dit was die perfekte rok vir ʼn tydlose en elegante voorkoms.

Verloof- en Trouringe:
Rochelle verloofring: 18kt geelgoud pant met ʼn 2kt emerald cut diamant.
Rochelle troupant: 18ct geelgoud pant om en by 4cm breed.
Juhan troupant: 9ct roosgoud troupant.

Meer oor Smitsfield:
Smitsfield is ʼn bestemming trou venue, wat spesialiseer in naweek troues. Geleë in die hoëveld van Mpumalanga 2,5 uur se ry vanaf Pretoria of Johannesburg, op ʼn plaas oos van Ermelo. Geniet eksklusiewe naweke troue, genoeg opstel tyd, geen haas en ʼn stresvrye trou-ervaring.
Smitsfield se nuutgeboude onthaalsaal, geïnspireer deur die industriële fabriek styl van die 1900’s, beskik oor ʼn pragtige glas ingang, diamantagtige houtkappe en ʼn glinsterende kandelaar. Die venue bied ʼn skoon palet wat verskeie trou style komplementeer, van klassiek tot modern, rustiek tot simplisties. Die venue kan tot 350 gaste akkommodeer.
Smitsfield bied ʼn baie unieke akkommodasie-ervaring, met gerestoureerde hout treinwaens wat uit die 1950’s dateer en moderne enkel staande suites, wat uitkyk oor die Vaalrivier. Hul kan 38 gaste op die eiendom akkommodeer.

Paartjie se Verlowing:
Juhan het besluit om Rochelle te verras met ons verlowing. Juhan het besluit om een van sy goeie vriendinne, ʼn fotograaf van Protealens Photography, te vra om hul verlowings foto’s te neem. Sy het hul spesiale oomblikke pragtig vasgevang. Juhan het die feit dat hy Rochelle wou verras met die fotograaf bespreek en sy het vir Juhan ʼn goeie idee gegee om Rochelle te verras. Die fotograaf het vir Rochelle en Juhan ’n Instagram-boodskap gestuur waarin hulle gevra is of hulle die modelle sal wees vir ’n fotosessie vir Protealens Photography se bemarking doeleindes. Dit sou verseker dat Rochelle nie dink dat Juhan die fotosessie gereël het om haar te vra om met hom te trou nie.
Ons het toe die fotosessie by Rosemary Hill in Pretoria gereël en Juhan het saam met die fotosessie ʼn romantiese piekniek gereël. Ons het die fotograwe 08 Oktober 2023 by Rosemary Hill ontmoet vir die fotosessie en die fotograwe het alles soos ʼn gewone fotosessie laat lyk om te verseker dat Rochelle niks verwag nie. Sodra die fotograwe die perfekte plek vir die foto’s gekry het, het hulle ons een voor die ander laat staan vir ʼn spesifieke foto waar Rochelle voor Juhan gestaan het. Juhan het toe op een knie neergesak en toe Rochelle omdraai sien sy Juhan op sy knie met die verloofring in sy hand. Daarna het Juhan en Rochelle die romantiese piekniek geniet.


Trou Dekor en Styl:
Dekor vir die troudag is gedoen deur Love BeLoved geleë in Pretoria.
Die kleurskema van die troue was swart en wit.
Die algehele styl van die troue was tydloos en romanties met baie moderne elemente wat ingepas het by die algehele styl van die troue. Rochelle se algehele idee rondom die dekor van die troue het baie gips en baie kerse van verskillende groottes en hoogtes op die tafels in die onthaalsaal ingesluit met sement onderborde, swart eetgerei op die tafels, swart moderne klein blompotte met in-seisoen wit en groen blomme in die blompotte ingesluit. Die dekor regdeur vanaf die seremonie tot die onthaalsaal was minimalisties, ultra modern en sprokies mooi gewees wat die bruid en bruidegom se droom van hulle troudag perfek vasgevang het.

Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het ongeveer 9 maande lank hul troue beplan. Hulle het self beplan aan hul troudag met ʼn begroting van sowat R500,000. Hulle het ʼn intieme groep van 147 gaste genooi om hul spesiale dag saam met hulle te vier.

- Fotograaf: Kreativ Photography & Film | Kontak
- Venue: Smitsfield Wedding Venue | Kontak
- Blomme: Love Beloved Studio | Kontak
- Dekor: Loved Beloved Studio| Kontak
- Grimering: Lizelle Pienaar| Kontak
- Hare: Bridal hair by JollyRogers| Kontak
- Huwelik kontrak: Tiaan Smuts Attorneys| Kontak
- Huweliksbevestiger: Mauritz Zietsman| Kontak
- Juweliersware: Poggenpoel Diamond Jewellers| Kontak
- Kroegdiens: Smitsfield Wedding Venue| Kontak
- Platejoggie: MultiMusic Entertainment| Kontak
- Paartjie se verblyf: Smitsfield Wedding Venue| Kontak
- Skoene: Vonve Bridal Couture| Kontak
- Skryfbehoeftes: Print Unlimited by Hanro| Kontak
- Spyseniering: Smitsfield Wedding Venue| Kontak
- Trourok: Vonve Bridal Couture| Kontak
- Bruid se Trouring: Poggenpoel Diamond Jewelers| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Egoli Jewels| Kontak
- Troukoek: Meraki Cake & Patisserie | Kontak
- Videograaf: Kreativ Photography & Film| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius
- Wittebrood Plek: Veranda Paul et Virginie Hotel & Spa| Kontak
