Die troue van Fanie en Caytlin stylvolle Karoo trou viering is propvol pragtige inspirasie vir paartjies wat ʼn troue in die Karoo beplan. Die Karoo spog met talle versteekte juwele wat perfek is vir pragtige trou foto’s wat ʼn mens vir altyd sal koester.
Hierdie paartjie het by die gewilde trouvenue, Sweetfontein naby De Aar, hul troue gevier. Fanie en Caytlin het hul troubeloftes voor ʼn treffende Turksvy-kaktus, so kenmerkend aan die Karoo, uitgeruil. Sweetfontein se venue het ʼn unieke kombinasie van ontblote baksteenmure en houtbalke was ʼn kontras vir ʼn sagte kleurskema van die troudekor. Elegante Karoo-styl blom ontwerpe, liggies en kandelare het ʼn warm, uitnodigende atmosfeer geskep wat die Karoo se sjarme beklemtoon. Elke detail het die paartjie se unieke en onvergeetlike viering van liefde ten toon gestel.
Caytlin se trourok, ʼn Amina-ontwerp, met ʼn A-lyn silhoeët en spierwit, geborduurde blom kant, ʼn V-halslyn en spaghetti-bandjies gehad om dit geskik te maak vir die warm Karoo-klimaat. Haar voorkoms is afgerond met ʼn sleep van chiffon met geborduurde blomme. Fanie het uiters stylvol gelyk in ʼn formele swart pak, wit hemp en swart strikdas.
Caytlin se verloofring is ʼn unieke, persoonlike ontwerp gemaak van 9-karaat goud, met ʼn 0.8-karaat ronde diamant wat vasgehou word deur delikate kloutjies in die vorm van madeliefieblare. Haar troupant is ʼn dun goue ring met 16 klein diamante. Fanie se trouring is van duursame platinum gemaak en gegraveer met Caytlin se naam en Psalm 23, wat hul geloof en verbintenis simboliseer.
Hulle troukoek het twee lae gehad, versier met gladde, wit versiersel en sagte wit rose wat oor die rande gevloei het. Stukkies glinsterende goud en ʼn goue koektopper met die paartjie se name het ʼn tikkie weelde bygevoeg.
Rol af om meer oor Fanie en Caytlin se troue te lees.

Trourok:
Ek het ʼn wonderlike ervaring gehad toe ek trourokke gaan pas het. Ek het drie verskillende plekke besoek en was heel oopkop om enigiets te probeer. Toe ek by Bridal Emporium in Bloemfontein aankom, het ek uiteindelik die rok gevind – ʼn pragtige ontwerp met die naam Amina. Hoewel daar aanvanklik nog ʼn ander opsie was, het ek ná baie dink en oorweeg geweet dat die Amina-rok perfek is.
Die rok het ʼn klassieke A-lyn silhoeët wat elegant vloei en perfek by my figuur pas. Dit het ʼn lae halslyn wat ʼn tydlose en romantiese voorkoms gee. Ek het dadelik geweet ek wil ʼn spierwit rok hê – geen off-white of beige skakerings nie – en hierdie een was presies reg.
Die Amina rok het fyn, geborduurde blomkant appliqués wat delikaat oor die bodice, romp en die soom van die sleep versprei is. Die rok het ʼn diep V-halslyn met spaghetti-bandjies wat ʼn pragtige, ondersteunde vorm aan die gestruktureerde bodice gee. Dit het perfek gekomplementeer met die volle sirkelrom van ligte, vlot chiffon, wat die handgesnyde kant scalloped sleep het wat sy eie magiese flair bygevoeg het.
Omdat ek kort is, moes ons die rok effens inkort en om ʼn meer elegante en unieke styl te skep, het ons besluit om ander bandjies aan die rok te las. Amina was die ideale keuse en het alles wat ek van ʼn trourok gedroom het.

Paartjie se Verlowing:
Fanie en ek, Caitlyn, het ʼn langafstand-verhouding gehad – hy het in Bloemfontein gebly en ek in Knysna. Vir my verjaarsdag in Augustus het hy belowe om af te vlieg. Ek het hom eers die Vrydag verwag, maar hy het ander planne gehad.
My vriendin, Renaldi, het voorgestel dat ons die Woensdag ʼn eksklusiewe ete by ʼn gastehuis geniet, aangesien sy nie die naweek beskikbaar sou wees nie. Ek het ingestem, niksvermoedend. Toe ons daar aankom, was dit doodstil. Nadat ons die klokkie gelui het, is ons gelei na wat ek gedink het is ʼn “verjaardagete”. Ek het selfs gedink hoe ‘fancy’ dit van haar was om dit alles te reël!
Ons is na ʼn balkon gelei en toe die deure oopgaan, was ek totaal oorweldig. Roosblare, kerse, liggies en ballonne was oral. In die middel van hierdie magiese toneel het Fanie op een knie gewag. Hy het gevra of ek sy vrou wil wees.
Ek kon nie anders as om “ja” te sê nie. Dit was perfek – vol liefde, verrassings en ʼn moment wat ek altyd sal onthou.

Verloof- en Trouringe:
Caitlyn se verloofring is ʼn meesterstuk van liefde en persoonlike detail. Die ring is van 9 karaat goud, met ʼn ronde diamant van 0.8 karaat wat sentraal skitter. Die diamant word vasgehou deur delikate kloutjies in die vorm van madeliefieblare, Caitlyn se gunsteling blom. Fanie het hierdie unieke ontwerp spesiaal vir haar laat maak, wat die ring nog meer betekenisvol maak.
Die troupant, wat Caitlyn self gekies het, is ewe elegant en tydloos. Dit is ʼn dun ring van 9 karaat goud, met 16 klein diamante wat die band subtiel maar pragtig laat skitter.
Fanie se trouring weerspieël eenvoud en simboliek. Dit is van platinum gemaak, ʼn metaal wat bekend is vir sy duursaamheid en suiwerheid. Binne die ring is Caitlyn se naam gegraveer, saam met Psalm 23 – ʼn herinnering aan hul geloof en die pad wat hulle saam aanpak.

Trou Dekor en Styl:
Ons kleurskema het ʼn baie neutrale en natuurlike gevoel gehad, wat perfek by die Karoo se skoonheid pas. Kleure soos bruin, beige, stofpienk en pastelblou het die atmosfeer geverf. Dit het die warm, aardse skakerings van die omgewing aangevul en ʼn rustige, romantiese gevoel geskep. Ons het hierdie kleure gekies omdat dit die eenvoud van die Karoo se landskap weerspieël het, maar tog met ʼn bietjie sagte kleur en warmte.
Ons wou die troue in die Karoo hou omdat ons familie en vriende van die plaas af kom en ʼn groot liefde vir die streek het. Fanie is self ʼn boer, en dit was vir ons baie spesiaal om die dag in daardie omgewing te vier. Dit het gevoel asof ons iets van onsself en ons wortels in die troue vasgelê het.
Die dekor was eenvoudig en tydloos – niks oordadig nie, maar tog vol betekenis. Ons het geput uit die Karoo se natuurlike skoonheid en die dekor het die rustigheid en elegansie van die plaas omgewing weerspieël. Ek is mal oor blomme, so ek het vir die Sauergroup gesê dat hulle enige en alle blomme wat by die kleurskema pas, mag gebruik. Ek het hulle heeltemal vertrou om die tafels met blomme te bedek en ek was nie teleurgestel nie. Die blomme het wonderlik gemeng met die stofpienk servette, wat pragtig saamgegaan het met die verskillende wit blompotte en die glas eetgerei op die rustieke houttafels. Daar was liggies op takke, groot kandelare in die saal en kerse op die tafels wat alles saam ʼn magiese en romantiese atmosfeer geskep het.

Meer oor Sweetfontein Boutique Farm Lodge:
Sweetfontein Boutique Farm Lodge, geleë in die boonste Karoo-streek langs die N10, bied ʼn idilliese venue vir ʼn romantiese Karoo troue. Die lodge se rustige en tydlose skoonheid, omring deur die pragtige krommes van rotse en berge, skep die perfekte atmosfeer vir paartjies wat ʼn natuurlike, stil en dromerige trou-ervaring soek. Elke kamer en leefruimte is met stylvolle interieur dekor versier, wat die unieke karakter van die plek beklemtoon.
Sweetfontein bied 18 luukse suites met geriewe soos ‘n gesellige kaggel, buite braai-area en ‘n stoep wat oor pragtige sonsondergange uitkyk. Dit is die perfekte venue vir ‘n intieme, maar weelderige geleentheid. Die venue kan tot 250 mense akkommodeer en bied die perfekte balans van bekostigbare gerief en elegante dekor. Outentieke Karoo-geregte en vriendelike diens verseker dat elke gas ʼn onvergeetlike ervaring het, terwyl paartjies hul liefdes viering in hierdie unieke omgewing geniet.

Trou Begroting en Beplanning:
Die troue is beplan oor ʼn tydperk van sewe maande met ongeveer 150 gaste, kinders ingesluit. Met ‘n begroting van R300 000, is die dag perfek gekoördineer deur ‘n professionele troubeplanner om elke detail na wens te laat verloop.

- Fotograaf: Esli Photography | Kontak
- Venue: Sweetfontein | Kontak
- Blomme: Sauergroup | Kontak
- Bruidegom-pak: Stanwell Wedding and Corporate Bloemfontein
- Dekor: Sauergroup| Kontak
- LED-lig “Die Griesels”: Vanbi LED| Kontak
- Grimering: Heart Beat by Steph | Kontak
- Hare: Brenda’s hair workshop Bloemfontein| Kontak
- Bruidskamerjas en pajamas: Mood the Label| Kontak
- Strooimeisies pajamas, blommemeisie se rok, tannie se rok: Vileste Couture| Kontak
- Skoonma en skoonsus se rokke: Orijinel by Elmerane van Ryneveld| Kontak
- Geskenkpakkies vir strooimeisies en ma’s: Roekeloos Lief| Kontak
- Oorbelle vir strooimeisies: Oor tot Oor| Kontak
- Hangertjies vir strooimeisies: Chosen Apparel| Kontak
- Huwelik kontrak: Claude Reid Attorneys| Kontak
- Huweliksbevestiger: Pastoor Neville Goodchild by Lewende woord Bloemfontein| Kontak
- Juweliersware: Hellohaai| Kontak
- Koördineerder: Sauergroup| Kontak
- Kroegdiens: Sauergroup| Kontak
- Platejoggie: DJ Brakkies Barkhuizen| Kontak
- Paartjie se verblyf: Sweetfontein| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Stanwell Wedding and Corporate Bloemfontein
- Skryfbehoeftes: Piekfijn (Pty) Ltd| Kontak
- Spyseniering: Sauergroup| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Dear Dawn| Kontak
- Trourok: Bridal Emporium Bloemfontein| Kontak
- Tweede Trourok: Lenalisa| Kontak
- Bruid se Trouring: Your Diamonds| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Your Diamonds| Kontak
- Troukoek: Plaashartjie| Kontak
- Wittebrood Plek: Banhoek Lodge (Stellenbosch)| Kontak + Wolwehoek Private Reserve (Montagu)| Kontak + Melozhori Private Game Reserve (Bonnievale)| Kontak + Abrikoos Kloof Reserve (Montagu)| Kontak

