Oh, Romeo: Romantiese Trou Inspirasie met ʼn Tydlose Elegansie

Oh, Romeo Romantiese Trou Inspirasie is die perfekte kombinasie van beeldende kuns en romantiese elegansie wat op pragtige wyse saamsmelt. Hierdie fotosessie, wat by die skilderagtige Venue Nouveau plaasgevind het, is geïnspireer deur die tydlose liefdesverhaal van Romeo en Juliet. Die beeldende kuns-styl, beter bekend in Engels as Fine Art, is uiters gewild in die buiteland.

Met sagte neutrale kleure, delikate pienk aksente en antieke goue elemente, vorm die fotosessie ʼn pragtige prentjie wat hope trou inspirasie vir paartjies bied. Elke fyn detail – van die trourok en pragtige skoene tot die dekor – is met sorg gekies om ʼn gevoel van luuksheid, klassieke en verfynde elegansie oor te dra.

Hierdie unieke trou inspirasie bring klassieke en moderne elemente bymekaar om ʼn dromerige, tydlose atmosfeer te skep – perfek vir ʼn elegante troudag. Die Oh, Romeo-tema is ideaal vir hierdie styl wat ons almal laat verlief raak.

Die styl bestaan uit ʼn ligte en romantiese voorkoms met antieke of klassieke elemente wat beide modern én tydloos is. Oh, Romeo was die perfekte tema vir ʼn romantiese, moderne en tydlose fotosessie.

Elke detail van die gestileerde fotosessie is asemrowend. Van die ontwerper trou skryfbehoeftes en die sag gekleurde dekor op die tafels, tot die indrukwekkende troukoek wat uitstaan bo die klassieke tafeldekor – alles is pragtig.

Die blomontwerpe is beeldskoon en dra by tot die elegante atmosfeer van die fotosessie. Kleurpalet van ivoor, room en sagte pienk, met ʼn tikkie groen, skep ʼn pragtige kleurskema, ideaal vir so ʼn gesofistikeerde geleentheid.

ʼn Groep professionele en uiters talentvolle trou diensverskaffers het saamgewerk om hierdie inspirasie tot lewe te bring en dit in ʼn pragtige fotosessie vas te vang.

Rol af om meer te lees oor hierdie asemrowende fotosessie en om die mooiste foto’s te sien.

Wie het die fotosessie gereël?


Erica Nijeboer van The Social Swallow

Inspirasie agter die fotosessie:


Die inspirasie agter ‘Oh, Romeo’ het oorspronklik begin met my liefde vir die ‘Fine Art’ trou industrie. Dit is meestal ʼn styl wat oorsee bekend is, maar hier en daar is daar wonderlike verskaffers in Suid-Afrika wat hierdie spesifieke styl het. Dit bestaan uit ʼn ligte en romantiese styl met antieke of klasieke elemente wat modern maar tydloos is. ‘Oh, Romeo’ was die perfekte tema vir ʼn romantiese, moderne en tydlose fotosessie. Ons het antieke en moderne elemente ingebring om bruide en verskaffers verlief te maak op hierdie ‘Fine Art’ styl. En dat ons dromer, Juliet, bruide sal inspireer vir hul eie troue.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek en Liani van Light Flair Photography se style val albei onder ‘Fine Art’ en ons wou ʼn span bymekaar sit wat die styl en die gevoel van die fotosessie die beste sou uitbeeld. Van trourok ontwerper en ‘Fine Art’ dromer Nadia May, tot La Paire Shoes, die Suid-Afrikaanse verskaffer vir die bekende Bella Belle skoene oorsee. Die hele span het saam gedroom, die tema verstaan, en presies geweet wat om te doen.

Agter die skerms van die fotosessie:


Die fotosessie het goed verloop. Al die verskaffers het geweet wat om te doen en mooi saamgewerk. Katie, ons pragtige model, was so oulik, vrolik en ʼn droom om mee te werk. Dit was wel ʼn warm dag gewees en deel van die tafel was in die son. Ons moes dus eerste die tafel afneem toe ons sien die kerse begin buig van die hitte. Die dag was ʼn groot sukses en die fotos het fantasties uitgekom.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die asemrowende trourok het Nadia May spesiaal vir ons fotosessie ontwerp. Sy het selfs dele op die rok met die hand geverf om unieke kleure te skep. Die rok bestaan uit ʼn paar dele en kan op verskillende maniere stileer word. Dit is wonderlik vir bruide wat ʼn tweede rok wil hê vir hul onthaal maar bietjie wil spaar en net een rok wil laat ontwerp.

Dan moet die talent van Liani van Light Flair Photography genoem word. Sonder haar sou hierdie fotosessie nie uitgekom het soos dit het nie. Sy is ʼn briljante fotograaf wat altyd uit haar pad gaan om die beste fotos moontlik vir jou te gee. Liani is ʼn droom om mee te werk en leef in jou kop tydens die fotosessie. Sy verstaan presies wat jy wil hê. Sy is ʼn kunstenaar wat met haar lense kan verf.

Dekor:


Dina, die eienaar van Venue Nouveau en Lily Grace Floral Design, is ʼn meester wanneer dit kom by dekor en blomme. Ek het vir Dina my idees aangestuur vir die fotosessie, en toe ek by hulle nuwe saal inloop op die dag, het alles gereed gestaan soos ek dit gedroom het. Sy het antieke dekor stukke op die tafel gebruik om die tema en ‘Fine Art’ styl uit te beeld. Vrugte en neute, wat tans in die mode is met troues, is op die tafel stileer om die antieke, maar moderne weergawe van Romeo en Juliet uit te beeld. Pere was ʼn moet met ons sessie.

Ons wou ook pienk elemente inbring. Dina het vir ons dromerige pienk materiaal servette op die tafel geplaas en ons het pienk lint vir die ruiker gebruik, asook pienk elemente met die uitnodiging stilering ingebring. Die bodem van die koek was stileer met sagte pienk materiaal wat bygedra het tot die sagte en droom gevoel van die fotosessie. Alles het mooi bymekaar gekom en mekaar komplementeer.

Kleurskema:


Die kleurskema het bestaan uit sagte neutrale kleure, soos ivoor en room, met pienk en groen elemente. Ons metaal kleur was antieke goud. Met die pienk wou ons klem lê op die romantiese en vroulike idee van Juliet. Die neutrale kleure, goud en groen was ons basis vir n dromerige, tydlose, antieke, maar moderne Romeo en Juliet tema.

Venue en Ligging:


Ek het al vantevore met Dina en Venue Nouveau gewerk. Dit is die oulikste mense en hulle het ʼn pragtige wit spasie waar jy enige droom van jou kan skep. Hulle het net voor ons fotosessie die wit vertrek oorgedoen. Hul het pragtige moderne glas panele in die dak gesit wat die skaduwees van die bome in die saal gooi. Dit maak die mooiste fotos. Venue Nouveau het ook pragtige dekor stukke en standbeelde wat perfek gepas het by ons tema. Die kandelare wat in die vertrek is, maak dit deftig en klassiek.

Trourok:


Die trourok was spesiaal ontwerp deur Nadia May. Toe sy die rok ontwerp het, het sy n mistige oggend in ʼn roostuin ingedagte gehad, waar die dou druppels nog op die rose sit. Sy het pêrels op die rok gewerk asook handgemaakte rose en blomme. Sy het dele van die rok met die hand geverf om unieke kleure te skep, wat die rok ʼn kunsstuk self maak. Die pragtige pof moue kan afhaal sodat die rok op verskillende maniere stileer kan word. Die hoof materiaal van die rok is sagte net om n romantiese en droom gevoel te skep.

Mia van Miekeraai het ons juwele verskaf. Ons het pragtige moderne juwele gekies vir ons Juliet. En dan is n bruid nie aangetrek sonder mooi skoene nie. La Paire Shoes het mooi vroulike en kwaliteit skoene verskaf wat perfek was vir ons Juliet.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


As jy ‘Oh, Romeo’ as inspirasie vir jou troudag wil gebruik, sou ek ʼn skoon en elegante spasie soos by Venue Nouveau voorstel. Die oop en eenvoudige agtergrond laat toe dat die fokus op julle en jul dekor is. Julle kan die spasie omskep soos jul wil. Maak gebruik van standbeelde, antieke dekor stukke en elemente om jul trou dekor tydloos te maak. Julle kan moderne aspekte inbring soos die vrugte en neute op die tafel, wat ook in lyn is met die antieke tema. Hou jou kleurskema lig, sag en romanties.

Wanneer dit by grimering kom sou ek JK van RoseSerene Bridal Artistry voorstel, wat eenvoudige en sagte kleure vir jou kan doen wat jou rok sal komplementeer. As jy opsoek is na unieke en romantiese rok kan ek ontwerper Nadia May aanbeveel, wat jou inspirasie gebruik om vir jou ʼn kunswerk te maak. Wat die troukoek betref, sal ek ontwerper Natalie van Cherry Whisk aanbeveel wat ʼn romantiese koek kan ontwerp met suiker blomme en drapering elemente.

Addisionele Inligting:


Wanneer dit kom by ‘Fine Art’ uitnodigings en skryfbehoeftes, kan jy kyk na ʼn prentjie wat jou trou tema uitbeeld in die binnekant van jou koevert, soos Nadine van Typing The Knot dit vir ons ‘Oh, Romeo’ tema ontwerp het. Dit maak jou uitnodiging uniek en spesiaal. Sy het ook goue elemente ingebring om n luukse gevoel te skep.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: