Ben-Ernst en Janke se feestelike troue tussen Robertson en McGregor bied tonne inspirasie vir ʼn moderne plattelandse troue. Die Robertson-vallei is ʼn gewilde trou bestemming vir paartjies, met prentjiemooi landskappe wat die perfekte agtergrond bied vir pragtige trou foto’s.
Hulle onthaal het plaasgevind by die pragtige The Key Venue, geleë tussen Robertson en McGregor. The Key Venue was die ideale keuse vir die paartjie se groot dag. Die onthaal was in die moderne dubbel-volume lokaal met groot glasvensters wat van die plafon tot by die vloer strek, wat ʼn asemrowende uitsig oor die omliggende landskap en berge in die verte bied.
Delikate blomontwerpe in skakerings van pienk, geel en perske het die lokaal opgehelder en ʼn warm, romantiese atmosfeer geskep. Die wit stoele in kombinasie met die houttafels het perfek by die venue se moderne voorkoms gepas.
Janke en Ben-Ernst het albei beeldskoon gelyk op hul troudag. Die bruid se rok, met detail op die rug en bo-kant, wat pragtig vloei, was uiters elegant. Ben-Ernst het ʼn stylvolle swart pak gedra met ʼn strikdas en ʼn hemp met fyn tekstuur lintjies, wat perfek gepas het by die deftige atmosfeer van die dag.
Rieg & Eidie van RRAD Photo Video, talentvolle trou fotograwe en -videograwe, het elke oomblik van die paartjie se spesiale dag vasgevang in die mooiste foto- en video herinneringe. Die sagte sonsaklig op die dag het gesorg vir die mees romantiese, sagte trou foto’s. Rol af om meer te lees en om van die pragtige oomblikke van hul troudag te sien.
Trourok:
My trourok het ʼn sweetheart nek lyn met geen moue. Gedetailleerde materiaal met blare, blomme en ʼn tikkie blinkerigheid versier die hele bokant van my rok. Die onderkant is eenvoudig wit met ʼn lang sleep. Geen voering is in die agterkant of aan die kante van my rok nie, wat ʼn elegante afwerking skep. My rug asook die kante van my lyf word slegs bedek met die materiaal wat detail op het. Dit is ʼn stywe rok wat by my heupe ʼn bietjie losser is en mooi reguit val.
Paartjie se Liefdesreis:
Ben-Ernst het vir my na Babylonstoren geneem om ontbyt saam met pelle te gaan eet, maar hy het vir my ingelig dat hulle ʼn kamera gaan hê sodat hulle dit kan instel vir ʼn verlowings fotosessie wat hulle daardie middag moet gaan doen. So natuurlik moes ek iets mooi aangetrek het. Toe ons daar aangekom het, het ons saam met hulle rondgestap om na die plek te kyk, min wetend gesels Ben-Ernst en sy pel oor waar hy die groot vraag moet vra. Ons het toe by die plek gekom waar hulle gedink het dis mooi vir foto’s. Ek het eers vir ons pelle afgeneem en toe was dit ons beurt gewees. Ben-Ernst het my in die rondte gedraai en toe sak hy ewe skielik op sy een knie en vra vir my om te trou.
Meer oor The Key Venue:
The Key Venue is geleë tussen Robertson en McGregor. Die venue spog met ʼn industriële styl, gekombineer met Franse afwerkings.
Omring deur wingerde en die Langeberge, bied dit asemrowende uitsigte en ʼn veelsydige ruimte wat tot 200 gaste kan akkommodeer.
The Key Venue bied ʼn wye reeks dekor pakkette en persoonlike trou koördinering om ʼn naatlose en onvergeetlike viering te verseker. Kontak The Key Venue vandag vir al julle trou venue behoeftes.
Meer oor Rieg & Eidie | RRAD Photo Video:
Rieg & Eidie | RRAD Photo Video, is ʼn wêreld-klas studio wat ’n boetiek ervaring verseker vir jou troudag. Jou foto- en videograaf is by jou die meeste van die dag. Daarom is dit noodsaaklik om iemand te kies wat nie net onvergeetlike foto’s en video’s neem nie, maar iemand met wie jy gemaklik is en wat ook sal help om die stres vlakke te verminder – dit is presies wat Rieg & Eidie | RRAD Photo Video doen.
Hulle trou foto- en videografie pakkette is allesomvattend, insluitende meer as genoeg tyd op die troudag, ʼn verlowings sessie, ʼn duursame plat-vou trou album, sowel as ’n trou film/videografie en boudoir sessie as opsies. Hulle het ook selfs ’n spesiale pakket vir mikro en bestemmings troues. Kontak hulle nou om jou spesiale dag vir ewig vas te vang! Hulle doen trou foto- en videografie oor die hele Suid-Afrika en selfs in die buiteland!
Verloof- en Trouringe:
My verloof pant is goud met vyf brilliant cut diamante. Die grootste een is in die middel dan is die twee langs dit kleiner en die laaste twee die kleinste diamante. Die middelste diamant het ʼn protea wat dit omring. My troupant is goud met vier klein brilliant cut diamante.
Ben-Ernst se troupant is goud, reghoekige kante en matte.
Trou Dekor en Styl:
Kleurskema was bloos pienk, wit, room en ligte lengte kleure.
Die dekor was baie eenvoudig met hout reghoekige tafels en wit tiffany stoele. Ek en Ben-Ernst het op ʼn bloos pienk bank gesit en het ʼn blomme rangskikking agter ons gehad, asook ʼn muur vol liggies.
Op die tafels was daar eenvoudige blommerangskikkings wat uit drie potjies met een tot drie enkel blomme elk bestaan het. Elke tafel het ʼn glas onderbord, wit servet, wynglas en gekristalliseerde sjampanjeglas gehad. Verder was daar kerse in verskillende lengtes, wat op verskillende hoogtes gedek is.
Die troue het ʼn baie eenvoudige styl gevolg met minimale blommerangskikkings en detail om ʼn gemaklike atmosfeer te skep. Die kleure het perfek by die Lente seisoen gepas en dit weerspieël.
Daar was ʼn groot dansbaan sodat die gaste asook die bruidspaar lekker saam kan kuier en sokkie na die formele goed. Buite was bomas aangesteek, met tuin banke en stoele asook ʼn tent en koffie stasie.
Trou Begroting en Beplanning:
Ons het 180 gaste na ons troue genooi en ʼn begroting van R350 000 gehad. Die beplanning het oor ʼn tydperk van ses maande plaasgevind, en dit was ʼn selfdoen-troue, wat beteken dat ons alles self gereël en georganiseer het.
- Fotograaf: Rieg & Eidie | RRAD Photo Video | Kontak
- Venue: The Key Venue | Kontak
- Blomme: Blommeprag | Kontak
- Bruidegom-pak: Eurosuit | Kontak
- Dekor: Flamboijant| Kontak
- Grimering: Wilecia Coreejes International Make-up and Hairstylist| Kontak
- Hare: Wilecia Coreejes International Make-up and Hairstylist| Kontak
- Huwelik kontrak: E. Jorge Attorneys & Conveyancers| Kontak
- Huweliksbevestiger: Beau De Klerk
- Juweliersware: Shein
- Kroegdiens: The Key Venue| Kontak
- Musiek: Hanuli’s Sound & Video| Kontak
- Platejoggie: Hanuli’s Sound & Video| Kontak
- Paartjie se verblyf: The Lab Robertson| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Eurosuit| Kontak
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: Juané Bespoke Design| Kontak
- Spyseniering: Wolfkombuis| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Ekay Designs| Kontak
- Tente: The Tentmen| Kontak
- Trourok: The Veil Bridal Couture| Kontak
- Bruid se Trouring: Viljoen Juwelliers| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Vera Basson
- Troukoek: Nicolette de Wet
- Videograaf: Rieg & Eidie | RRAD Photo Video| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Bali