Donny & Patricia se Onvergeetlike Verlowings fotosessie langs die Damwal

Donny en Patricia se onvergeetlike verlowings fotosessie langs die damwal in Muldersdrift is ʼn bron van inspirasie vir paartjies wat iets uniek in die natuur wil ervaar. Met die waterval wat oor die damwal stort, bied dit ʼn perfekte agtergrond vir ʼn spesiale verlowingsfotosessie. Aangesien beide Patricia en Donny natuurliefhebbers is, is hierdie pragtige ligging ideaal vir hul fotosessie.

Ons is mal oor Patricia se herfskleurige rok en hoe mooi dit saam met Donny se donker trui en groen broek werk. Dit is ook ʼn uitstekende kleurskema vir ʼn fotosessie in die skilderagtige natuurskoon. Die skaduwee van die damwal met die waterval skep ʼn prentjiemooi agtergrond vir die paartjie se spesiale oomblikke.

ʼn Verlowings fotosessie gee paartjies die geleentheid om hul trou fotograaf beter te leer ken. Elke fotograaf het ʼn unieke styl, en dit is belangrik om gemaklik te wees met jou fotograaf se manier van werk. Hierdie sessie is die ideale tyd om enige vrae oor die trou foto’s te bespreek. Julle fotograaf sal ook voorstelle en advies gee om julle meer op jul gemak te laat voel vir die groot dag se foto’s.

Donny en Patricia se sessie is nog ʼn bewys van hoe betowerend ʼn verlowingsfotosessie kan wees. Hulle het beslis pragtige foto’s vir hul aanlyn trou-uitnodigings én kosbare herinneringe vir hul huis.

Besoek Mooi Troues se Trougids vir wonderlike trou fotograwe as jy op soek is na ʼn fotograaf vir jou verlowingsfotosessie of troue. Rol af om meer te lees oor hierdie onvergeetlike verlowings fotosessie langs die damwal.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was gedurende die Covid tydperk. Dit het gemaak dat ons nie kon gaan vir ʼn koffie nie en Donny het toe voorgestel om my te kom ontmoet by my ouer huis. Dit het my sommer ekstra angstig laat voel omdat dit iets buite die gewoon vir my was. Ek het skoon die heeldag voor die ontmoeting “gespringclean” sodat alles net reg en in plek is vir ons eerste ontmoeting.

Ons was 2 en ʼn half jaar in ʼn verhouding.

Die groot vraag:


Ons het ʼn Kaapse toer gedoen vanaf Knysna na Gordonsbaai oor ʼn Desember vakansie. Donny het ʼn paar plekke ingedagte gehad waar hy my graag sou wou vra (hierdie vind ek toe eers na die groot vraag uit). Met elke keer se probeerslag was die oomblik net nog nie 100% reg nie. Een van die aande op die vakansie gesels ons en ek sê toe vir hom dat en nie weet wat om môre aan te trek nie. Hy spring op en sê ek moet in die kamer wag, hy weet presies wat ek moet aantrek die volgende dag. Paar minute later roep hy my na buite daar is hy op een knie met die stad se liggies wat die mooiste agtergrond skep en toe vra hy my “Sal jy my die eer doen om my vrou wees?”. Maklikste “JA” ooit!

Die verlowing was beslis ʼn groot verassing, want die ring (wat ek van geweet het) het al vir maande in die kluis gelê.

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskap van Donny is beslis sy manier om my altyd te laat skaterlag. Ek sal altyd in verwondering wees oor hoe mooi sy menswees en hart is.

Donny se antwoord: Dit is haar omgee hart en die onmeetbare moeite wat sy doen vir die mense waarvoor sy lief is.

Die verloofring:


My verloofring is presies wat ek nog altyd van gedroom het. Die eerste juweliers winkel waarin ons gegaan het, het die ring my oog gevang. Ek het vir Donny gesê hierdie is dié een! Hy het my gevra is ek seker daar is nog soveel ander plekke waar ons kan gaan kyk. Ek het net geweet dit is die ringetjie.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou beslis ʼn verlowing fotosessie by die heel beste fotograaf doen sodat ons hulle nog beter kon leer ken voor die troue. Ons wou ook graag foto’s gehad het vir ons aanlyn uitnodiging, asook kiekies vir die huis.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons fotograaf het vir ons ʼn lys van besonderse mooi plekke gestuur om van te kies. Ons het vir die fotograaf gesê dat ons baie van die natuur en herfs kleure hou. Sy het toe ʼn spesifieke plek aanbeveel wat presies is wat ons ingedagte gehad het.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons verwagtinge van die tydperk was om die klein jakkalsies in ons verhouding uit te sorteer. Saam verder te groei as ʼn paartjie en om saam aan ons mooiste dag te beplan.
Ons vrese was beslis dat die stres van trou beplanning wrywing sal veroorsaak tussen ons.

Visie vir droomtroue:


Beide van ons het nog altyd gedroom van ʼn klein intieme troue by ʼn venue met pragtige natuur skoonheid, maar ook stylvol en elegant. Ons albei het saam beplan aan die troue. Ons het wel ʼn trou idees beplanner dagboek gehad wat ons baie mooi gehelp het met al die beplanning. Die troudag was die 25ste September 2024.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: