Vernon en Zia se simplistiese troue vol elegansie in Pretoria is ʼn bewys dat minder regtig meer kan wees, en net so mooi kan lyk. Hierdie paartjie se simplistiese trou styl is werklik besonders.
Zia het stralend gelyk op haar troudag. Haar trourok het uitgestaan met fyn detail afwerkings aan haar bolyf en elegante bandjies oor haar skouers – ʼn stylvolle voorkoms vir hierdie pragtige bruid.
RoseSerene Bridal Artistry het ʼn uitstekende werk gedoen om die bruid en haar strooimeisies pragtig te laat voel met hul elegante grimering en gestileerde hare. Zia se Hollywood krulle en tydlose grimering was die perfekte kombinasie vir haar spesiale dag.
Hulle seremonie het plaasgevind in die kapel van die trou venue, omring deur familie en vriende. Die kapel, met sy dubbel volume dak, donker houtbalke en oorvloedige natuurlike lig, is ʼn droom kapel vir enige paartjie.
Snippets Photography & Design het elke besonderheid van die paartjie se dag met pragtige foto’s vasgevang. Ons is veral mal oor die romantiese sonsak foto’s met hul sagte, warm kleure wat ʼn romantiese atmosfeer skep.
Die dekor was eenvoudig, met minimalisme as die hooffokus. Hout tafels met wit lopers en fyn wit blom ontwerpe in swart potjies het ʼn pragtige kontras geskep. Deurskynende stoele het ʼn moderne element ingebring, wat perfek by die paartjie se simplistiese tema gepas het.
Om die moderne tema voort te sit, was hul troukoek ook eenvoudig maar elegant, versier met pragtige pêrels vir ʼn tikkie detail.
Rol af om meer te lees oor die paartjie se troue en hul liefdesreis.
Meer oor RoseSerene Bridal Artistry:
RoseSerene Bridal Artistry bied airbrush grimering en tradisionele grimering, en haarstillering vir bruide in Suid Afrika. Met 22 jaar ervaring, as ook die beste opleiding deur die Dutchess of Mane, MUD en Halouw Makeup Skool.
Trourok:
DROOM ROK – A-lyn rok met ʼn satyn materiaal romp en spagetti-bandjies. Die rok het ʼn diep halslyn en is in ʼn wit skakering (“new white”). Dit is ʼn lang rok met ʼn redelike lang sleep en ʼn spleet. Die bokant het ongelooflike detail werk met ʼn deurskynende effek, versier met blinkers en blomme.
Verloof- en Trouringe:
Die verloof ring en pant is saam gekoop en pas daarom perfek bymekaar – Silver ring.
Princess cut diamant omring deur 12 klein diamantjies. Die ring bandjie is gedraai – helfte daarvan het ook baie klein diamantjies op. Die pant is gevorm om perfek by die gedraaide dele in te pas.
Meer oor Snippets Photography & Design:
Snippets Photography & Design is ʼn foto- en videograaf span gebaseer in Gauteng, maar reis graag regoor Suid-Afrika. Hulle liefdestaal vang pragtige herinneringe deur asemrowende een keer in ʼn leeftyd oomblikke. Laat hulle toe om julle herinneringe vas te vang! Alhoewel dit ʼn versameling van verskillende oomblikke, lig en gevoel is; sal julle ook stukkies van hulle harte vind.
Paartjie se Liefdesreis:
Zia wou al vir ʼn geruime tyd ʼn fotosessie gedoen het en daar word toe gewag vir Desember by die see om dit te doen. Vernon het agter haar rug gegaan en met die fotograaf gereël dat hy haar gaan vra om te trou by die fotosessie. Die bestemming van die fotosessie het laaste minuut verander van die strand af in Jeffreys Baai na St. Francis se ligtoring. Een van Zia se gunsteling plekke om te besoek. Zia was nie bewus van enige iets nie. Terwyl hulle fotos neem toe uit die bloute uit daar haar ouers en broer ook daar op? Steeds was sy nie bewus van wat aangaan nie. Dit was ʼn totale verrassings verlowingsessie. Perfek!
Trou Dekor en Styl:
Ons het gegaan vir ʼn baie ‘clean-cut’ effek. Ons is albei baie perfeksionisties en netjies daarom het ons gegaan vir ʼn simplistiese styl. Minder is meer. Zia is mal oor die swart en wit kleurskema en ons het met dit gegaan. Dit skep nog meer van ʼn klassieke tydlose effek (volgens ons). Ons wou graag gehad het al die gaste moes swart aantrek vir die foto’s. Dit het só perfek uitgekom. Die venue het uitstekend by ons konsep gepas. Met sy netjiese en goed gestruktureerde uitleg, het dit ʼn ideale omgewing geskep. Die rooi bakstene het pragtig ingeskakel by ons swart-en-wit tema, wat die atmosfeer perfek afgerond het.
Trou Begroting en Beplanning:
Ons het ʼn troue met ongeveer 80 gaste beplan, en ons begroting was R200,000. Die trou beplannings tydperk het altesaam 6 maande geneem, en dit was ʼn selfdoen-troue waar ons self al die reëlings en besonderhede hanteer het.
- Fotograaf: Snippets Photography & Design | Kontak
- Venue: Rolling Waters Country Estate | Kontak
- Blomme: Big Buds | Kontak
- Bruidegom-pak: Markam
- Dekor: Big Buds| Kontak
- Gaste Geskenke: Sweetalk| Kontak
- Grimering: Rose Serene Bridal Artistry| Kontak
- Hare: Rose Serene Bridal Artistry| Kontak
- Huwelik kontrak: Neil de Wet
- Huweliksbevestiger: Married by Marinus| Kontak
- Juweliersware: Lovisa
- Koördineerder: Corinka
- Platejoggie: 4 Seasons Mobile Disco| Kontak
- Paartjie se verblyf: Rolling Waters Country Estate| Kontak
- Skoene: Fochini
- Skryfbehoeftes: Wedding Creations| Kontak
- Spyseniering: Spring Catering| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trourok: Bridal Wardrobe| Kontak
- Bruid se Trouring: American Swiss
- Bruidegom se Trouring: Orbit rings| Kontak
- Troukoek: Melinda’s Kitchen| Kontak
- Videograaf: Snippets Photography & Design| Kontak
- Wittebrood Bestemming: – Drakensberge, Clarens
- Wittebrood Plek: Cayley Lodge| Kontak