Tyron & Inneke se Sjiek Plaastroue

Tyron en Inneke se sjiek plaastroue skep die perfekte kontras tussen die plaas landskappe en moderne trou dekor elemente.  Daar is niks lekkerder as ล‰ gesellige plaastroue nie en ons weet Mooi Troues se lesers is gek oor plaas troues, veral as dit sรณ mooi is soos die trou van Inneke en Tyron.

Hulle onthaal area het ล‰ buite-binne gevoel gehad en omring deur die pragtige landskappe van die plaas.  Hulle dekor kleurskema was hoofsaaklik ligte kleure soos skakerings van pienk, room kleure, ligte oranje/perske kleure, gebrande oranje en tikseltjies swart hier-en-daar.  Dit is die perfekte kleurskema vir die ligging.

Met ล‰ kombinasie van gedroogte blom ontwerpe en vars blomme is dit besonders mooi en gee dit ล‰ amper boheemse gevoel aan die dekor styl.  Hulle roomkleurige troukoek was vir ons besonders mooi.  Dit is eenvoudig, klasiek en so stylvol.

Inneke het beeldskoon gelyk in haar eenvoudige, maar baie stylvolle trourok.  Sy het ook ล‰ pragtige wit skouer baadjie gehad indien dit koeler sou wees.  Die krale oorbelle eindig haar voorkoms so mooi af.  Tyron het ล‰ swart pak aangehad met ล‰ swart das en wit knopies hemp.  ล‰ Deftige voorkoms vir hulle spesiale dag.

Ons is dol verlief op die bruide se verloof- en trouring wat Fielafooi gemaak het.  Inneke se verloofring is ล‰ elegante 6x8mm kleurlose moissaniete, geset in 14 karaat geelgoud. Om die verloofring te komplimenteer het hulle die troupand klassiek gehou, ook in 14 karaat geelgoud wat so mooi is. Fielafooi het Tyron gehelp om Inneke se droom ring te bewaarheid.

Rol af om meer te lees oor Tyron en Inneke se sjiek plaastroue en hul liefdesreis as paartjie.  Geniet die fotoโ€™s wat Elsabe Potgieter afgeneem het.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Tyron het ontmoet in Graad 1 toe hy as nuweling die skool binne tree. Hy het in Graad 7 weer die skool verlaat en Jeffreysbaai toe getrek. Na hoรซrskool het ek Wellington toe getrek en dit is om en by die tyd wat Tyron oor Facebook uitgereik het na my en ons aan die gesels geraak het. Ek was nuut in die Kaap en Tyron stem toe saam om al die pad te reis van George af (waar hy studeer) om my te vergesel na my koshuis dans. En net daar het ons verhouding begin.

Ons het om en by 7 jaar ล‰ langafstand verhouding gehad, waarna ek uiteindelik werk gekry het in Wellington (waar hy homself toe ook gevestig het), en so kom ons toe โ€˜Full circleโ€™ tot waar dit alles begin het.

Tyron het met die hulp van vriende my verras met ล‰ droom verlowing op ล‰ uitkyk toring by Bosman Wyne in Wellington. Hy het heel bo in die toring gewag en neergesak op een knie met die mooie wynland in die agtergrond.

Verloof- en Trouringe:


Ons al 2 se ringe is baie eenvoudig aangesien ons hou van die simplisiteit daarvan. Tyron se ring is van Orbit rings, Apollo Gold. ล‰ Goue Tungsten ring. My verloof ring en troupant is ontwerp deur Fielafooi. ล‰ Moissaniet steen, geset in 14ct goud. My troupant is ล‰ eenvoudige goue pant, ook 14ct goud.

Meer oor Fielafooi:


Fielafooi het in Desember 2014 ontstaan nadat Aileen net oor die 5 jaar lank ล‰ aankoper was vir Foschini se juweliersware afdeling.  Sy het haar nasionale diploma in Juweliers Ontwerp & Vervaardiging te CPUT bekom.

Wetend sy sal eendag terugkeer na haar groot liefde โ€“ om met haar hande te werk โ€“ het die tyd aangebreek om haar korporatiewe skoene op te hang.

Sy het saam met haar man na Hermanus verhuis en ล‰ studio by die huis ingerig.  Fielafooi pronk van 2015 af elke Saterdag by die Hermanus Country Market waar sy fokus op ล‰ verskeidenheid sterling silwer items, varswater pรชrels en halfedelgesteentes.

Sy vind die meeste genot daarin om kliรซnte se idees vir pasgemaakte stukke ล‰ werklikheid te maak.

Dit sluit natuurlik in om deel te wees van paartjies se spesiale dae deur middel van die trouringe te maak asook geskenkies vir die gevolg. Sy werk in sterling silwer, goud, egte pรชrels en halfedelgesteentes.

Sy het haar eie reeks wat sy voortdurend ontwikkel, maar kan ook enige unieke idees wat iemand het omskep in ล‰ spesiale stuk juweliersware. โ€œEk trek inspirasie uit die natuur en die mense om my en is nederig dankbaar dat ek hierdeur ล‰ bestaan kan maak.โ€

Trourok:


Na ek talle rokke aangepas het, het ek ล‰ goeie idee gekry van waarna ek opsoek was. Ek wou definitief ล‰ noupassende wit rok gehad het, met ล‰ lae rug en lae nek lyn. Maar ek kon nie ล‰ rok kry wat al my spesifikasies het, en steeds in my prysklas was nie (R10 000).

Ek het toe uitgeruik na ล‰ ontwerper in die Paarl, Marnette Loubser, van Marnette Design en aan haar vertel wat ek wil hรช. Marnette het ingestem om my te help.  Ons het saam die materiaal gekoop en dadelik aan die werk gespring. Marnette het my grootste drome laat waar word met die perfekte rok gepaard met ล‰ pรชrel veil. My rok het ล‰ klein beldjie gehad om my middel en twee sagte tulle strukke wat ek later aangesit het op my skouers.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Daar is so baie om van te kies. Alles het net sรณ goed verloop. Die manne het die dag begin met ล‰ bier op die bosveld vlakte terwyl ons dames heerlik reggemaak het. Die strooijonkers het die seremonie geopen met ล‰ opwindende dansie wat ล‰ glimlag op almal se gesigte gesit het. Ons het na die seremonie heerlik gekuier saam ons gaste by die harvest table, voor ons die bruidspaar fotos geneem het.

Die eerste dans was definitief ook vir ons ล‰ hoogtepunt.

Na ons fotosessie het ons  ล‰ paar minute gevat, net ek en Tyron, om alles in te neem, wat ook baie spesiaal was.

Ons het ล‰ koffie karretjie ingehuur aangesien ek en Tyron albei koffie liefhebbers was, dit was sรณ ล‰ mooi en lekker toevoeging tot die aand.

Ek het aan die einde van die aand ล‰ โ€œpartytjieโ€ rok aangetrek waaroor ek baie bly was.

Baie van ons vriende het ver gereis van die Kaap af om ons spesiale dag by te woon. Dit sou sonder twyfel nie dieselfde gewees het sonder die spesiale groep mense nie! Hulle was ons ondersteuning stelsel en grootste supporters/cheerleaders.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Al ons diensverskaffers het uitstekende diens gelewer en daarom is dit baie moeilik om iemand uit te sonder.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reรซlings:


Droom groot! Doen wat julle graag wil hรช en indien daar iets is wat julle rerig wil doen, maar dit dalk bietjie ekstra kos, doen dit! Dit is lekker om terug te dink en nie te wens dat jy tog die of dat gedoen het nie.

Trou Venue:


Die venue is vriende van my ma se plaas. Hulle het ล‰ klein eksklusiewe venue op die plaas wat hulle slegs aan mense na aan hulle uitverhuur. My sussie het ook hier getrou en daarom was dit vir my en Tyron nรณg meer spesiaal om ons groot dag ook daar te hรช.

Trou Dekor en Styl:


Ons troue was modern en sjiek met ล‰ boheemse twist. Het hoofsaaklik ligte kleure soos vuil pienk, ligte pienk, room kleur, ligte oranje/peach en burnt orange gebruik. Ons het ook besluit om hier-en-daar bietjie swart by te voeg. Ons het by die seremonie hoofsaaklik pampas en grasse gebruik as dekor en by die onthaal orgidees, rose en verskeie ander blomme in die kleur skema.

Eerste Dans:


I Guess Iโ€™m Inlove โ€“ Clinton Kane

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het in totaal 61 trou gaste onthaal en het ล‰ trou begroting van sowat  R 2,450 per persoon gehad.  Hulle het die troue met behulp van ล‰ trou koรถrdineerder beplan in so ongeveer ล‰ jaar tydperk.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: