Filipe en Michaela se deftige troue in Pretoria is vol trou inspirasie met soveel elegansie en moderne elemente. Hulle het in die Tierpoort omgewing in Pretoria getrou omring deur pragtige landskappe.
Die paartjie het albei beeldskoon gelyk op hul troudag. Filipe in sy swart pak met ʼn onderbaadjie en swart strikdas het ʼn formele voorkoms gegee wat perfek pas by die styl van hul troue. Michaela se trourok is iets besonders wat haar perfek pas soos ʼn handskoen. Dit is ʼn pragtige elegante noupassende trourok met fyn detail en glans wat só mooi is.
Vir die dekor het die paartjie besluit op ʼn meer simplistiese, maar moderne dekor styl. Ons is totaal en al verlief op die meer eenvoudige voorkoms van die paartjie se trou dekor. Hulle moderne styl vir hul troue en die simplistiese voorkoms is die perfekte voorbeeld van minder is meer. Sagte skakerings van wit en goud kan regdeur die dekor elemente op die gaste tafels gesien word. Elke tafel het lang kerse op gehad en wit blom ontwerpe. Tikseltjies goud elemente gee ʼn baie deftige voorkoms aan die trou dekor. Nie net was die dekor mooi nie, maar Sprig Catering Co het seker gemaak gaste word bederf met heerlike spyseniering.
Die talentvolle trou fotograaf, GDG Wedding Photography & Film het die paartjie se troue so mooi vasgevang. Dearest Darling Films het seker gemaak die paartjie se troudag word weerspieël in bewegende herinneringe met ʼn pragtige trou video wat die span videograwe afgeneem het.
Rol af om meer te lees oor Filipe en Michaela se deftige troue in Pretoria en geniet dit om deur hul foto’s te blaai.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek en Filipe het mekaar op hoërskool ontmoet en is al sedert 2012 saam. Ons deel albei ʼn liefde vir die bos en om deur wild omring te word, wat ek dink ʼn groot invloed was vir Filipe wat by ʼn Game Lodge in Pretoria my gevra het om te trou.
Trourok:
Nog altyd het ek myself gesien in ʼn styfpassende elegante trourok met kant en ʼn bietjie glans. Ek het vir die dame by Vonvé Bridal Couture ʼn voorbeeld gewys van wat ek in gedagte gehad het en sy het ʼn aantal opsies aan my gegee, maar die laaste rok wat ek probeer het, was dié EEN.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Is dit moontlik om ALLES te sê?
Filipe se gunsteling herinneringe:
- Om my in my trourok in die paadjie te sien afstap.
- Ons eerste dans.
Michaela se gunsteling herinneringe:
- Die lees van ons geloftes en die verbintenis wat gemaak is voor familie, vriende en God.
- Om ons diere kinders, Charlie & Cruz, by ons te hê, afgesien van ons spesiale dag.
- Uiteindelik kan ek met my beste vriend trou.
Verloof- en Trouringe:
My ring is ʼn ontwerp wat ek nog altyd liefgehad het en Filipe se ring was ʼn ontwerp wat hy gekies het.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
- GDG Wedding Photography & Film
- Artistry by Dyllan
- Dearest Darling Films
- Wilde Bloem Flower Styling & Decor
- Creative Heroes
Meer oor Sprig Catering Co:
Sprig Catering Co. is die trotse in-huis verskaffer vir die betowerende Rolling Waters Trouvenue en ons splinternuwe venue op die perseel – Swanlake Corner. Hulle bedien ʼn wyd verskeidenheid gebeurtenisse met ʼn passie vir koskuns en uitnemendheid. By Rolling Waters bied hul ʼn onvergeetlike ervaring met elke byeenkoms deur ons kos kreatiwiteit en professionele diens.
Sprig Catering Co. se nuwe juweel, Swanlake Corner, is ʼn idilliese toevoeging tot ons aanbod, met ʼn unieke atmosfeer en aandag aan detail. Hulle spesialiseer in ʼn uiteenlopende spyskaart, van elegante disse vir troues tot korporatiewe funksies en intieme geleenthede. Met ʼn passie vir plaaslik en vars, bring hul ʼn smaakvolle ervaring na elke tafel.
Sprig Catering Co. se toegewyde span streef daarna om elke geleentheid ʼn sukses te maak deur kreatiwiteit en onsorgvuldige beplanning. By Sprig Catering Co. glo hul daarin om smaak, kwaliteit en uitmuntendheid saam te bring om elke gebeurtenis onvergeetlik te maak. Kom geniet die kos rykdom en uitnemendheid by hul geleenthede by Rolling Waters en Swanlake Corner.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Beplan alles saam en betrek jou maat by elke besluit. Beplan vooruit en vroegtydig. Moet nie hoeke sny nie.
Trou Venue:
Ek het ʼn paar trou venues aanlyn gesoek, maar ek en Filipe wou ʼn trou venue hê waar niemand wat ons ken, of weet van, ooit hul troue voorheen gehou het nie. Rolling Waters was die eerste venue wat ons gaan besoek het en ons het dadelik verlief geraak.
Trou Dekor en Styl:
Ons wou regtig ʼn simplistiese, tog moderne troue hê en daarom het ons besluit om met wit en goud te gaan, aangesien ons gevoel het dit regtig die venue komplimenteer.
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het in totaal 92 trou gaste onthaal en het ʼn begroting van om en by R 1,847 per persoon gehad. Hulle het hul troue self beplan oor ʼn jaar tydperk.
Eerste Dans:
Heaven in You by J’Something and Hugh Masekela
Meer oor Dearest Darling Films:
Dearest Darling Films is ʼn trou videografie maatskappy wat in Pretoria geleë is, maar het ook onlangs ʼn tak in Kaapstad oopgemaak. By Dearest Darling Films spesialiseer ons daarin om elke pragtige en unieke oomblik van ons paartjies se spesiale dag vas te vang. Ons ervare span videograwe het die vaardighede, kennis en die geoefende oog om ons kliënte se troues op ʼn stylvolle en betekenisvolle manier te verfilm. Ons neem troues af regoor Suid-Afrika hou daarvan om te reis!
- Fotograaf: GDG Wedding Photography & Film | Kontak
- Spyseniering: Sprig Catering Co.| Kontak
- Videograaf: Dearest Darling Wedding Films| Kontak
- Venue: Rolling Waters Country Estate & Swanlake Corner | Kontak
- Blomme + Dekor: Wilde Bloem Flower Styling & Decor | Kontak
- Grimering + Hare: Artistry by Dyllan| Kontak
- Huwelik kontrak: Kisch IP| Kontak
- Huweliksbevestiger: Alistair Westcott| Kontak
- Platejoggie: Bluemoon Productions| Kontak
- Skoene: Forever New| Kontak
- Skryfbehoeftes: Creative Heroes| Kontak
- Trourok: Vonvé Bridal Couture| Kontak
- Trouringe: C.H. Diamonds| Kontak
- Troukoek: Cake Extreme| Kontak