Troy & Natasha se gemaklike paartjie fotosessie by hul huis

Troy en Natasha se gemaklike paartjie fotosessie by hul huis is só oulik en ons is opgewonde vir julle om die fotos hieronder te sien.  Om gemaklik te wees terwyl daar fotos van jul geneem word is uiters belangrik, so hoekom nie in die omgewing die natuurlike weergawe van jul self uit kom nie.

Die paartjie het omtrent pret gehad tydens hul fotosessie en ons is veral versot op die kussing geveg foto’s.  Troy en Natasha het hulself kinderlik geniet om rond te spring op hul bed.

Soms werk die weer nie saam mens se planne nie en moet jy altyd ʼn Plan B hê vir die ligging vir jul fotosessie.  Opsoek na diensverskaffers wat graag help wanneer planne nie loop soos beplan nie, besoek Mooi Troues se trougids.

Rol af en geniet Troy en Natasha se gemaklike paartjie fotosessie by hul huis.

Die eerste ontmoeting:


Lank voor ons ontmoet het, het ons families in dieselfde straat gewoon.  Troy het in die pad gespeel op sy klein swart fietsie en Tash se Pa het gery, hom nie gesien nie, hom gestamp en sy arm gebreek.

Jare later het ons op Kampus by Varsity ontmoet waar ʼn vriend my genomineer het om Tash te help met ʼn opstel en die res is geskiedenis.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Tash:

Hy was altyd baie charismaties en sjarmant, maar ook gegrond en familie fokus.  Troy is ook ʼn baie kreatiewe gees en het ʼn visie vir die toekoms waarop ek nie anders kon as om verlief te raak nie.

Troy:

Tash het nog altyd treffende skoonheid gehad. Maar haar geheime krag is haar innerlike skoonheid.  Sy het ʼn groot liefde en deernis vir diegene vir wie sy omgee.  Sy het ook my beste vriendin geword, steunpilaar en iemand waarsonder ek nie kon lewe nie.

Drome as paartjie:


Ons sal baie graag vreugde en vrede wil hê.  Daarmee is die droom om voort te gaan om die wêreld te reis en nuwe dinge vir die eerste keer saam te ervaar.

Ons wil graag ʼn gesin begin en kleintjies grootmaak in die waardes en beginsels wat ons hoog hou.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons geniet ʼn staptog saam.  Alhoewel ons gewoonlik in stilte stap.  Dit is ons tyd om te reflekteer, maar steeds in mekaar se geselskap te wees.

Ons reis graag saam.  Ons geniet ook etes by nuwe plekke en kyk saam flieks.

Rede vir die fotosessie:


Troy hou nie daarvan om voor die kamera te wees nie.  Dit het ’n fotosessie gekos om hom te dwing om dit te doen sodat ons herinneringe en foto’s van ons het.

Inspirasie agter die fotosessie:


Dit was regtig oor gemaklik wees.  Ons het dit in ons huis gedoen, ontspanne en geniet dit om by mekaar te wees.  Dit het ons regtig die mees natuurlike weergawe van onsself laat wys wat die foto’s so outentiek maak.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Troy:

Ek is nie een vir die cheesy romanse nie.  Ek is meer van ’n sentimentele individu.  Solank die afspraak elemente het wat wys dat Tash die klein dingetjies opmerk waarvan ek hou, is ek gelukkig.  Sy is puik daarmee.

Tash:

Ek is al vir die cheesy romanse.  Kersverligte aandetes met net die twee van ons wat goeie wyn deel.  Blomme en ʼn lekker gesprek oor wat ons saam wil bereik, klink vir my wonderlik.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: