Zane & Lana-Marie se Prentjiemooi Troue in Noord-Wes

Dit is met groot opgewondenheid wat ons Zane en Lana-Marie se prentjiemooi troue in Noord-Wes met Mooi Troues se lesers deel.  Hierdie paartjie het nie net saam studeer nie, maar hulle het ook die pad van ล‰ lewe saam gekies en die knoop deurgehak in Mooinooi, Noord-Wes.

Die verbrande-oranje trou kleurskema met  minimalistiese dekor bring ล‰ uitgesproke en stylvolle element na die trou viering.  Hierdie gewilde kleurpalet skep ล‰ warm, aardse atmosfeer wat ล‰ gevoel van avontuur en romantiek uitstraal.  Met ล‰ minimalistiese benadering tot dekor kan eenvoudigheid die helder stralende middelpunt wees.

Die paartjie wou elemente soos die kleurskema, tekstuur, kerse en blomme gebruik om โ€™n warm en romantiese atmosfeer te skep.  Die pragtige verbrande-oranje bring ล‰ warmte en passie in die lug sonder om oorweldigend te wees. Dit is ล‰ keuse wat getuig van goeie smaak en ล‰ liefde vir eenvoudige, doeltreffende skoonheid.

Die bruid het absoluut pragtig gelyk in haar trourok, wat ล‰ ware meesterstuk van ontwerp was.  Die rok het alles bevat wat haar verteenwoordig, dit was uniek en het ล‰ eiesoortige persoonlikheid uitgestraal.  Dit het ล‰ subtiele, dog betowerende uitstraling gehad, ล‰ klein bietjie outyds, wat dit ล‰ nostalgiese gevoel verleen het.  Toe sy daarin gestaan het, het dit haar soos ล‰ regte prinses laat lyk.  Die beeld van verhewe grasie en skoonheid.

Die bruidegom het nie agtergebly nie, en hy het net so aantreklik gelyk in sy elegante bruin pak met ล‰ verbrande-oranje das.  Hulle het as ล‰ paartjie ล‰ pragtige prentjie geskep.  Dit was duidelik dat hulle nie net liefde vir mekaar gedeel het nie, maar ook ล‰ besondere oog vir detail en styl.

Rol af om meer te lees oor Zane en Lana-Marie se prentjiemooi troue in Noord-Wes en ook om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het in 2013 by die Universiteit van Pretoria ontmoet as twee optimistiese ingenieurs studente.  Lana-Marie, altyd op ล‰ missie รชrens heen (met haar massiewe rugsak) en Zane gereserveerd in die agter grond.  Zane het geweet dat Lana-Marie โ€œdie eenโ€ was, lank voordat sy dit besef het. Soos hulle sรช alle goeie dinge begin as vriende. Zane het volhard in sy missie om haar te wen.

Een van hulle grootste avonture het begin op ล‰ koue winters oggend by die Boeremark in Pretoria. Hy het uiteindelik die moed by mekaar geskraap om haar uit te vra.  In 2022 op die 12de Maart met Pizza en ล‰ โ€˜familie fotosessieโ€™ as motivering (maande vooruit beplan sodat daar geen agterdog is nie) het Zane die groot vraag gevra. ล‰ Nuwe hoofstuk in hulle sprokie het begin.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reรซlings:


Troue reรซl is soos โ€™n uiterste sport, dit raak baie rof en oorweldigend op tye maar hou moed.  Neem elke oomblik in en geniet elke oomblik daarvan goed of sleg.  Julle dag sal perfek uitwerk soos mens dit graag wil hรช.  Maak โ€™n besluit om op julle troudag ongeag die situasie, wat nie verloop soos wat julle beplan het nie, om teenwoordig te wees, saam die vloei van dinge te gaan en improviseer!  Neem alles in om die dag ten volle te geniet al vergeet jy jou eerste liedjie se dans bewegings.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Dit het begin reรซn oppad na die kapel toe waar die seremonie gehou was, en in my (Lana-Maire) agterkop was ek โ€™n klein bietjie teleurgesteld in daai oomblik. Mens dink aan die fotoโ€™s maar dit was toe sรณ spesiale herinnering, die sagte reรซn wat val.  Dit het God se teenwoordigheid so laat straal tydens die kerk diens.

โ€™n Ander gunsteling herinnering wat uitgestaan het, was dat ek kon dans saam met my man, vriende en familie tot op die laaste minuut so, sodat ek vir โ€™n week styf was.  Die dag het uit gedraai soos dit moes en ongeag my vooruit gestelde idee oor wat spesiaal is, was die dag omhels met seรซninge waar ons elke oomblik in kon neem en met ons naastes die onvergeetlike dag te kon vier.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons het โ€™n hele paar gunstelinge, maar definitief het Izelle van Mrs Marais weddings uitgestaan.  Ek dink ek het haar by tye amper moedeloos gehad maar sy het ons so mooi gehelp met alles wat ons na haar kant toe gegooi het.

Ons fotograwe, โ€œThe Geldenhuysesโ€œ, โ€œTitus Musicโ€œ, Zandri van โ€œCanvas Make-upโ€œ, Jo-Mari van โ€œIts all Mimieโ€™sโ€ en Janie en haar man van โ€œCeroc Dance Centurionโ€ wat Zane gehelp het om sy versteekte dans talente te ondek.  Dit was so spesiaal om โ€™n pad saam met elkeen te kon stap.  Hulle was dadelik oop vir jou insette en idees en het regtig hulle alles gegee om jou dag ekstra spesiaal te laat voel.

Verloof- en Trouringe:


Zane het lang ure gesoek en deur verskeie Instagram skimp boodskappe gegaan.  Hy het spesifiek gesoek vir iets wat uniek en buite gewoon. Iets wat Lana-Marie se persoonlikheid, styl en uniekheid sou komplementeer.  Zane het toe in kontak gekom met Miinella wat hom deur die hele ontwerp proses geneem het, van konsep tot finale produk. Zane het spesifiek gesoek vir โ€˜n salt-and-pepper diamant omhels met ล‰ unieke rangskikking van diamantjies wat die ontwerp gekomplementeer.

Lana-Marie se troupant moes die โ€œanders-as-gewoonโ€ element wees wat die stel bymekaar bring wat verreken is met die verloof ring met reghoekige diamantjies.  Die mengelmoes van versoeke was ongelooflik goed bymekaar gesit deur Minella.  Soos Lana-Marie vir Zane is, is die ringe ล‰ een in sy soort.  Zane was redelik maklik en het presies geweet wat hy wou hรช. ล‰ Eenvoudige suiwer platinum ring met โ€œZ + L 6 MAY 2023โ€ gegraveer aan die binnekant (om nie te vergeet nie).  Miinella het ook die platinum ring ontwerp en vervaardig.

Trourok:


Ek leef nogal met die gesegde โ€œWhy fit in, when you were born to stand out?โ€ in my agterkop.  Ek hou van dinge anders doen en anders sien en dit het โ€™n groot rol in die ontwerp van my rok gespeel.  Jo-Mari was een van die eerste persone wat ek gekonsulteer het oor โ€™n trou rok.  Ons het met โ€™n hele paar idees rond gespeel tot ons โ€™n opsie gekry het waarvan ek baie gehou het.

Ek het daarna na โ€™n hele paar ander plekke gegaan om rokke te gaan aanpas en by die laaste plek waar ek gaan aanpas het, het ek ล‰ rok gepas en baie daarvan gehou, maar dit was redelik bo my begroting.  Ek het toe met daardie rok as inspirasie saam met Jo-Mari gewerk om my ware droom rok te ontwerp wat perfek by my unieke ek pas.  Dit het alles bevat wat my verteenwoordig: uniek, sag, elegant, so klein bietjie โ€œvintageโ€ en het my soos โ€™n regte prinses laat voel.

Trou Venue:


Ek het die venue โ€™n hele rukkie terug op Instagram gesien en geweet ek hou baie van die estetics wat dit skep.  Ons het iets tussen modern maar ook met ล‰ โ€˜boho gevoelโ€™ gesoek.  Ons het na 3 venues gaan kyk en โ€™n hele paar aspekte soos T&Cโ€™s, kostes, uitleg en verblyf in ag geneem en dis hoe ons op die venue besluit het. Ek en my man is beide baie analities aangeleรซ so ons het โ€™n dokument opgestel om die voor en nadele van elke venue te oorweeg om so โ€™n finale besluit te neem. Lana-Marie het ook โ€™n rukkie in Mooinooi gebly en was vertroud met die area, so daar was ook nostalgie en sentiment betrokke in die besluit.

Trou Dekor en Styl:


Soos elke meisie wat droom oor haar groot dag het ek ook โ€™n Pinterest Board gehad en idees oor die jare daarop gestoor.  Boho en โ€™n tipe van โ€™n vintage styl was altyd โ€™n gunstelling.  Ons wou elemente soos die kleurskema, tekstuur, kerse en blomme gebruik om โ€™n warm en romantiese atmosfeer te skep.

Ons ouers het altyd ล‰ gesegde wat sรช, โ€œLess is moreโ€,  so ons het op ons tafels doelbewustelik min dekor gehad wat die atmosfeer geskep het wat ons ingedagte gehad het.  Baie van ons dekor het ons intensioneel gekies, en oor besluit sodat ons dit deur die loop van die troue in ander areas kon gebruik.  Izellle was Lana-Marie se regter hand in die algehele fases van die beplannings proses, en met haar puik talent het Izelle ons grootste en wildste idees in ล‰ stylvolle dekor konsep omskep, vรชr bo ons verwagtinge.

Eerste Dans:


Forever and Ever and Always (Ryan Mack)

Trou Begroting en Beplanning:


Zane en Lana-Marie het 65 gaste by hul troue gehad, met ล‰ koste van R5 400 per persoon.  Hul troubeplanner het vir ongeveer ล‰ jaar aan die troue beplan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: