Trou Beplanning Advies vir Selfdoen Troues

Female wedding planner working in office

In diรฉ artikel gee ons trou beplanning advies vir selfdoen troues.  Daar is baie redes hoekom paartjies hul troues self wil beplan.  Nie almal wil noodwendig gebruik maak van ล‰ trou koรถrdineerder nie.  Alhoewel ons dit aanbeveel as paartjies ล‰ trou koรถrdineerder huur, omrede dit baie stres afhaal vanaf paartjies.

Indien julle wel eerder jul troue self wil beplan, is hierdie artikel bedoel vir julle.  Om ล‰ troue self te beplan is baie werk, maar ook ล‰ baie pret ervaring.  Probeer dit nie te oordink en onnodig te stres nie.  ล‰ Troue bestaan uit honderde klein dinge wat op die ou einde bymekaar kom en dan ล‰ pragtige troudag vorm.

Hieronder bespreek ons ล‰ paar punte waaraan paartjies moet dink wanneer dit kom by ล‰ selfdoen troue.  Hierdie punte fokus net op die belangrikste dinge om ingedagte te neem vir selfdoen troues.  Vir nog meer trou advies, lees gerus Mooi Troues se gratis trou advies artikels.

Wees georganiseerd reg van die begin af:


Om ล‰ troue self te beplan is nie te moeilik nie, veral nie as julle georganiseerd is reg van die begin af nie.  Maak ล‰ dokument oop op jul rekenaar of as julle dit eerder wil neerskryf, koop ล‰ boek spesifiek gefokus op jul troue se beplanning.

Hoe meer georganiseerd julle is aan die begin, hoe makliker en minder stresvol sal jul trou beplanning wees.

Skryf alles waaraan julle dink en met mekaar bespreek neer.  Julle weet nooit wanneer jul weer daarna wil terug gaan nie.  Skryf eerder te veel as te min neer, so weet julle jul sal niks vergeet nie.

Maak die belangrikste en moeilike besluit eerste:


Nog voor julle begin droom oor die bestemming, die kleurskema, trou venue ensovoorts.  Begin by die begin en maak die moeilikste besluite eerste.  Daar is eintlik net twee moeilike besluite reg aan die begin wat dan die res van die faktore sal bepaal.

Die eerste faktor is die begroting.  Bespreek jul trou begroting met mekaar in detail.  Wees eerlik oor die begroting en watter fondse beskikbaar is vir jul troue.  Dit sal die res van die trou beplanning proses baie vergemaklik.  As julle die begroting vasgestel het sal jul weet hoeveel gaste jul min of meer kan nooi en waar jul sal kan trou ensovoorts.

Die tweede faktor is dan die aantal trou gaste wat jul wil nooi.  Hierdie is altyd ล‰ baie moeilike keuse.  Onthou, dit is julle troue en julle kan nooi wie julle wil.   Neem ingedagte dat elke gas wat julle nooi kom teen ล‰ koste.  Die aantal trou gaste bepaal die grootte trou venue wat jul benodig, aantal uitnodigings, tafels, dekor items, spyseniering kostes, gaste geskenke en meer.  Al hierdie klein kostes tel op en kan jul begroting beรฏnvloed.

Kry inspirasie en advies op Mooi Troues:


Mooi Troues is propvol trou inspirasie en gratis advies.  Blaai gerus deur ons webtuiste en stoor die skakels van die troues waarvan julle hou.  Duisende toekomstige bruide gebruik Mooi Troues as bron van inspirasie en trou advies.  Ons publiseer gereeld regte troues, verlowing fotosessie, oulike skryfbehoefte ontwerpe, gratis skryfbehoeftes, gratis trou advies en vele meer.

Maak vir julle ล‰ visie bord aanlyn of ล‰ gedrukte een.  So sal julle jul idees visueel kan sien en dit help ook om die trou beplanning proses te vergemaklik.

Wees realisties:


Dit is baie belangrik om realisties te wees met jul trou beplanning.  Moet nie onrealistiese drome hรช nie, dit sal jul net versteur en irritasies veroorsaak.  Probeer so realisties moontlik te wees met jul hele trou beplanning.  Veral wanneer dit kom by trou venues, dekor en blomme.  As jul begroting slegs sekere beperkings op goed het, probeer binne daardie beperkings bly.  Julle sal verbaas wees hoe mooi jul ล‰ troue kan laat lyk teen ล‰ kleiner begroting.  Klik hier vir wenke om ล‰ troue met ล‰ kleiner begroting te beplan.

Maak gebruik van professionele trou diensverskaffers:


Hierdie is ล‰ uiters belangrike punt.  Maak gebruik van betroubare en professionele trou diensverskaffers vir jul troue.  Moet nie net enige iemand huur vir jul troue nie.

Moet nie net vertrou wat jy sien op sosiale media nie.  Doen julle navorsing.  Soek die besigheid en persoon se naam op sosiale media en op ander aanlyn soek platvorms en lees vorige kliรซnte se resensies.  Moet nie net resensies op die trou diensverskaffer se webtuiste glo nie.

Vir betroubare en professionele trou diensverskaffers, besoek Mooi Troues se Trougids. Hier sal julle trou diensverskaffers vind van regoor Suid-Afrika.

Moet nie bang wees om te vra vir hulp nie:


Hierdie besluit is persoonlik.  As julle eerder die troue heeltemal op jul eie wil beplan is dit perfek.  Nie almal hou daarvan om mense te vra om te help nie en voel meer in beheer van sake as hulle alles self beplan en beheer.  Dit is ook reg so, maar verhoed om nie te veel aan te vat en so rigting te verloor met jul trou beplanning proses nie.

Indien julle hulp van ander vra, wees geduldig.  Nie almal is op dieselfde spoed en het nie dieselfde visie as julle nie.  Maak seker julle vra mense wat jul persoonlik goed ken en wat wel julle visie kan insien.  Moet nie net enige iemand vra, net omdat julle voel die persoon moet betrokke wees nie.

Artikel Krediet:

  • Advies: Mooi Troues
  • Fotoโ€™s:  Pexels